Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek skiet toe vandag - vir die eerste keer met 'n 375. Sommer 6 skote na mekaar. Aangesien ek maar sku is vir die grootmenere se terugskop, was dit omtrent 'n belewenis. Daardie terugskop is verslawend. 'n Ander gevoel sowaar
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Recoil is a term that was invented by weak and scared adult males. In other words, there is no such thing as recoil, only weak men.
Klompie jare terug was daar 'n knaap op die die skietbaan wat sy nuwe .458 Win Mag kom uittoets het. Ek was ook vreeslik nuuskeirig oor die skop gedoente en om te proe hoe stamp die roer. Ek kan nie die maak onthou nie, die kolf het vir my soos beuke of eike hout gelyk.
Daar was sulke klein lyk soos krake in die gerin van die hout. Toe ek die geweer se kolf teen die wang sit was ek nie bewus van die klein-klein fyn lyntjie kraaktjies in die grein van die hout nie. My baard was so 3 of 4 dae oud. So 'n lekker vuil bek stoppel baard. Toe die skoot loop smaak dit vir my alle hel bars uit hier teen my wang. Van my stoppel wang baarde het met die terugskop slag vir een of ander rede vasgehak/verstrengel geraak/ so 'n vryf pluk, amper soos 'n Brazil wax met 'n hout spaan teen die wang. So 'n rooi streep op die wang waar die wang stuk my se stoppel baard wang so 'n harde vryf gegee het. So ek se, groot gunne skop nie, hul vryf so effens teen die wang.
So koop ek vir Yolandi 'n 9,3X62 jaggeweer. 'n Husqvarna. So 'n ligte rondloop, piepie loop jag masjien net reg vir Yollie en die rondloop jag. MEns stap mos as jy met 'n 9,3 jag. En jy skiet lyfskote. Hy loop mos mooi stadig en kuis. Nou voor ek verder vertel, 'n 9,3 skop nie, hy trap net so effens. Ek en my ou groot maat Michael haal op 'n dag die scope af want 'n afrika gun skiet mens mos open sights. So skiet ons van die bench af om die gevaarte te zero op 150 meter met die opens sights, vir afrika. Sommer so os op die jas. Groterige gunne trap lekker uit die le of bench skiet posisie. Nou sien, as 'n roer nie 'n scope op het nie le mens mos bietjie laer in op die gun. Die wang stuk druk dus effens hooger op die wang. So gelyk met die boonste kies tande. Man nou skiet ons te lekker. Sommer so 'n paar skote agter mekaar. En die wang stuk vryf en skop lekker hier by die kies tande. So is ek die trotse baas van 'n verstand tand regs bo in die kaak daar heel agter. En met die ge skiet en ge skop-skop daai 9,3 daai verstand tand lekker in sy m..r in. Eers het hy net die tand gekraak. Ek voel so met die skop so 'n lekker steek pyn in die bo bek, maar en skiet mos nou die 9,3 open sights, hy maak seker so saam die skop en die vryf teen die wang. Ons skiet mos nou lekker met die duitser. Volgende dag toe ek byt op 'n eet ding smaak dit vir my hier is nou klippe in my bek. En daar agter bo is 'n baie skerp stuk ding wat die wang karnuffel. Dank die vader ek het 'n baie goeie tandarts in Bultfontein wat self ook jag. Het al 'n leeu geskiet op sy dae. Met nader inspeksie sien hy dat die tand stomp afgebreek het met die "GUM" en daar steek net so 'n stukkie uit wat die wang lekker op neuk. Kom ek se vir jul, ek het nog nie geboorte gegee nie, maar ek dink ek het 'n idee hoe voel 'n bevalling met 'n eppiziotomie (HOOP EK SPEL DIE GROOT WOORD REG) Dit het grou met 'n koevoet gekos om daai verkrimmelde stuk ongeluk uit sy fondamente te kry. En die wat weet, verstand tande het mos aardige wortels. Soos bloubas bleokom. So al die kante toe. Hy briek mooi as jy die ding wil uitsleep.
Daai 9,3 heet bek breker. Hy breek jou hele bo bek in 'n agter middag. Ek en Michael het maar weer die scope terug gesit.
Lyk my hier kom nou lekker gesels oor die ge trap en ge skop van die groot ketties. Ek het al temake gekry met die 416 Rem en Rigby assook die ,458 WIn Mag, .375 H&H Mag. Ander mater van my het so 'n dubbel swartkruit .72 kaliber kanon. Nogal 'n belewenis om met die wa te skiet. Hy stoot sommer lekker terug.
MAAR ?
Is hier van jul op die forum wat al tedoen gekry het met die .460 Wby en die .585 Inyathi? Ek hoor die groot seuns se die twee en ander laat jou bloed proe daar agter in die keel. Het ook al gehoor van neus bleoding en allerhande ander dinge. Is dit waar? Kan dit waar wees? Kan mens se nek sulke terugskop hanteer?
Vir die opleiding van vaardigheid het ek op die besigheid se naam 'n enkelskoot Vanguard 12 boor hael spuit. Jul kan maar gerus my woord vat, daai hael spuit skop soos 'n muil met AAA high velocity patrone. Hy is by verre die die roer wat my die harste geskop het.
Ek het n 500 A-Square, dit is n 460 Weatherby opgenek na .510 kal toe. Hy kan n 570gr punt teen so 2450ft/sec skiet. Op die oomblik skiet ek 600gr punte teen so 2230ft/sec.
Het al my regter duim in my neus in gestamp toe ek te angstig was en my wang te ver voor op die kolf gehad het, is ook n man wat, as jy nie jou tande op mekaar byt nie, jou wangvleis sleg verniel teen jou kiestande, maar hy bly lekker om te skiet, as daai skoot afgaan, dan weet jy nou moet daar voor ook iets gebeur.
Ek is baie lief vir die 375 H&H. Die recoil pla my nie. Man moet maar net lekker vas staan agter ou Saartjie as jy daai sneller roer.
Wat die groot skoppers of donkies betref. Ek het so biethjie navorsing gedoen oor die ding. Op die stadium lyk dit vir my die 585 Nyati is die baas en 'n kort kop agter hom is die 700Nitro T-rex. Die 585 skop nie net die plaak van jou tande af nie, maar jou sommer deur harsing skudding in 'n ander bloedgroep in. Ek sal gaan soek vir die artikel, maar 1 of ander slim Amerikaner het toetse gaan doen met al die groot ysters gemount op 'n hidroliese sisteemwat die recoil gemeet het met al die groot waens. Daar is nogals 'n paar oulike video clips oor die groot ysters se shop op youtube ook. Die man se slotsom was dat al skiet die 585Nyati 'n ligter koe?l as die 700Nitro is daar iets in die design wat die ding soos 'n simpel donkey laat skop
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Ek het vir my ook 'n 375 h&h mag aangeskaf in CZ550. 'n Droom om mee te skiet.
Ek laai 250gr Spartan hp punte @ 2620vt\sek en hy loop lekker. My 16 jarige dogter skiet ook met hom en stamp maar die skouertjie bietjie hard, sy geniet dit vreeslik.
Mens moet net jou staan bietjie verander vir die grooter roere. Jou rug reguit maak en bietjie voorentoe le met jou bo lyf, Soos haelgeweer skiet, Die recoil stoot jou dan regop en effens agter toe. Geen probleem.
As jy nou wil praat van 'n onsmaaklike recoil moet jy die 338 win mag probeer. Hy skop nie, hy gee so n sprits meid klap. Met 215 grein punte wat teen amper 3000vt\sek loop is dit nie te aanbeveel vir manne met swak tande of los mae nie.
Die roer skop toe mos 'n mannetjie hier op die dorp los onder sy anc keps uit en dag toe nie dis snaaks nie.
Robert,
Ek het ook n .375 H&H in die CZ 550. Baie lekker geweer. Ek het hom so 2 jaar uit die box uit gekoop.Ek gebruik 200gr GS Customs in hom teen so 3000fps Ek vind net sy kolf is baie swak gehalte. Dit smaak my hulle het sommer "pallet" hout gebruik. Dit is my werk geweer so, ek gaan nou vir hom n sintetiese kolf laat maak, maar wat ek oor baie opgewonde is , is dat ek vir hom n silencer bestel het. Dink hoe lekker gaan daai wa daai 200gr punt gooi met die skop van miskien n 243.
Laat my jou gevoelens weet oor jou kolf?
Groete
Marius
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa bp@cybersmart.co.za
+27828205387
Nee jong, ek het geen probleem met my kolf nie. Lyk na goeie kwaliteit hout en het net 'n tjipie uit waar die aksie en die loop bymekaar kom a.g.v my eie toe doen tewyl ek hom skoon gemaak het.
Ek het nog nie eindelik met hom gewerk nie en gaan hopelik Julie maand Gemsbokke en kudu skiet in die noorde van Namibie, as die verbod al opgehef is.
Nou die dag 'n springbok op 200m geskiet en hy het sy werk perfek gedoen sonder eindelike vleis skade. wil nog 'n springbok reg van voor skiet om te kyk na sy penetrasie en punt se preformance. (as ek die punt gaan kry).
Robert,
Jis , ek wonder of jou roer se kolf sy oorspronklike een is. Ek se jou, my " sling" se skroef aan die loop se kant het sommer uit gestrip. Toe kon ek nou mooi die hout sien , en dit lyk sommer soos "Hardboard". Maar tog in die boekie se dit dat hy uit kom met Walnut hout. Die kolf is vir my baie sag, so gaan hom maar vervang. Daai 200gr koeel loop darem lekker. Probleem is net dat n mens is geneig om op die langer skote te hoog te wil skiet, want hy skiet platter as wat jy dink. Hy skiet op n 100m op zero en dan so 3" laag op 200m en dan 10" laag op 300m. Maar ek se vir jou ek geniet hom.
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa bp@cybersmart.co.za
+27828205387
Behalwe met die 357, het ek nog 12 skote met 'n 270 en 15 skote met 'n Lee Enfield geskiet. Het die volgende dag effe gevoel soos na 'n onfiks gim sessie. Maar my week was gemaak. Niks soos 'n paar skote om die stres die wyk te laat neem nie.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Het jare terug in die army (net na basies)met die snotneus 40 mil ?(dink dis wat hulle die ding noem)geskiet. In opleiding word jy geleer om die ding onder jou blad vas te druk, maar in die hitte van die oomblik het die ding teen my skouer gedruk, was nog nie weer so geskop in my hele lewe nie.
Agentkoos,
As jy wil praat van skop...Op my beroepsjagters kursus na ons skiet eksamen, het n paar van die instrukteurs hulle groot kalibers uitgehaal. Doctari Kevin Robinson(die ou van die The Perfect Shot gids) het ook vir ons klas gegee en was toe daar met sy 505 Gibbs. Het toe nie kans gekry met hierdie wa nie , maar kry toe n geleentheid om met die 470 NE Double te skiet na die "charging buffalo". Trek toe die eerste skoot af en met die raak toe die tweede sneller. Probeer jou self indink hoe voel twee 500gr sinkers kort op mekaar se gat, want die druk van die eerste was toe nog nie uit die loop nie. Hy't my so halwe meter agter toe gedruk, maar toe besluit ek ek sal hom wys wie is baas en le voorentoe en trek die tweede sneller....en niks. Die manne het lekker gelag , want dit was n ou die eerste keer dat hulle nou so iets gesien het. Fotos is geneem met my met daai twee mortiere in my hand en toe kom die chirps.
Hoor toe die ander dag die man was hier by ons geweer winkel om sy dubble discharge op sy 470 NE te probeer uitsort, so toe kom dit uit dit was toe nie my skuld nie....
...en die twee skote op die buffel so altwee hom neer gesit het. Een in die keel , so die rugraad gebreek het en die tweede skoot tussen die oe, so 3" hoor.
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa bp@cybersmart.co.za
+27828205387
Ek het darem al self 9 met 'n 458 WM oor die tafel geskiet. Was nogal 'n belewenis, my elmboe was bietjie nerf af geskuur op die tafel en my T-shirt het gevou en my toe so ,n blou kol geknyp oppie skouer.
Die 460 sal ek nou nie maklik oor die tafel skiet nie. Dink dit gaan nogal seer wees.
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Het al 'n .505 Gibbs, .450 Ackley en .450 Rigby gegooi, maar net uit die vuis uit en oor skietstokke, sal nie daai goed oor die bank skiet nie, ek's maar 'n maerg@t. Het 'n buffel met die .450 Ackley geskiet, en hy skiet bitterrrrr lekkerrrr! Sal enige tyd so roer laat bou. Het die Tommie met 'n .375 en 300gr punt gelooi in Tanzanie, skuins van agter af in die boud, patroon by sy nek uit. Dit het gelyk of die weerlig hom klits! En die scope het my nog gelooi ook, maar daaroor praat ons nie...
Dan moet jy bietjie met my 375 gooi, hy skiet te lekker. Kon al 'n 18.8mm groep met hom skiet met PMP se winkel ammo.
Eugene,
Wil nog baie graag met my 375 gaan jag, maar ek kom nie sover nie. Daai groot goeters is ek ook maar skrikerig voor, ek okie groot van postuur nie, 1.75 en onder die 80kg.
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Had a Yank client once using a 338 RUM, despite the fact that he was as scared as hell of his own rifle, he also made the mistake of telling one of the other PH's (460 Wby feild version, 8 1/2 Lbs), that he could shoot 10 shots from a bench with any rifle made. We took him up on his offer, result, 1 shot, half moon, bloody mouth and no second shot. he borrowed my .270 for the remainder of the hunt, and flinched so badly that he used about 30 rounds for his next 4 animals.
I took 2 shots over sticks with that gun, and gave it back most gratefully.
Regards,
Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.