Meeste van die plekke wat nie te ver is nie se hulle is vol of klaar geskiet vir die jaar. My baas se vrou Megan het ook nog nie haar Kimber .270 ingewei met bietjie bloed nie toe bel ek toe ou kontak van my Tielman van Moreson game ranch in Vrede hy se toe vir my ja maar nie nie eintlik nie maar toe ek vir hom se dat Megan nog nie iets geskiet het die jaar nie toe gee hy in en ons boek toe en kry ons planne agtermekaar beste soos wat ons kan.
Vrydag kom en een na die ander bly daar toe te veel om te doen by die werk, uiteindelik net voor 10 die aand arriveer ons toe ons het darem langs die pad iets ge-eet. Pak uit en begin lekker kuier en gaan toe laat bed toe. Dit was 'n kort slapie en toe is ons weer op en oppad skietbaan toe om net die zero te tjek. Daar was toe nie regtig planne dat ek iets sou skiet nie want ons het net een dag en ek was ook nie gepla nie my seun en vrou was darem ook saam vir die wegbreek.
Skietbaan klaar en die weer lyk nie baie goed nie die bokke is wild geskiet na die seiseon en met die wind wat so hard waai is hulle nog meer gekant teen die loodvergifiting storie. Lang storie kort en uiteindelik nadat ons opgegee het op 'n monster wit blesbok kry ons toe 'n swart wildebees wat mooi staan sonder 'n ander voor hom of agter hom en Megan laat loop die .270 met 'n mooi frontal op 240 meter.
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0140.jpg[/img]
Die 270 se eerste bloed en Megan se eerste swart wildebees en 'n baie mooie ook daarby met lekke dik bosse.
Nog nie kans gehad om ladings te ontwikkel nie maar die 130 gr PMP het mooi gewerk.
Stefano is toe aan die beurt en die wind begin toe meer waai en na een mis kwes hy toe 'n springbok en skiet toe sy voorbeen amper af ons is agter hom aan en toe gebeur dit uit die bloute kom daar toe hael af met 'n spoed. Gelukkig het die bakkie 'n dak/sonskerm oor die agterkant maar die windscreen is uit om van daar te skiet en die bakkie moes toe sy neus draai sodat die hael wat reguit in die bakkie ingekom het te verhoed. En so verloor ons toe die gekweste springbok uit ons sig.
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0146.jpg[/img]
Gelukkig vir die dak/sonskerm oor die bakkie daar is nie bome om onder te skuil nie.
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0148.jpg[/img]
Twee minute later en die hael is weg gelukkig het my seun en vrou agter gebly nadat ons die swart wildebees afgelaai het en gou iets gaan eet het. Die hale het maar seer gepiets en ons is half nat
Ons soek seker vir 'n uur lank maar die springbok het spoorloos verdwyn en toe se my Baas nee wat dit is nou my beurt om iets om te gooi laat hy nou eers ontspan. Ek klim voor in die bakkie en sukkel maar om 'n skoot in te kry want die bokke bly bondel en dan met die weer wat nog so af en toe praat dink die bokke ons skiet al op hulle. Uiteindelik kry ek 'n ram wat oop staan en laat loop met die 300 Win mag gelaai met 180gr TTSX op 320 meter volgens die range finder. Ek verloor die bok met die terugskop maar voel goed hoor die skoot en hoor hy is raak. Tielman se ek moet hom dophou want hy was nie seker of die skoot goed was nie maar ek verloor om in die trop terwyl ek nog soek se hy vir my daar val hy.
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0149.jpg[/img]
Nog lekker nat na die reen en die skoot was toe so bietjie laag die koeel het meer geval as wat ek gedink het en ek het die onderste deel van die hart gevang. Was een van my langer skote wat ek nog gevat het
Stefano my baas klim toe weer in en ons kry toe weer 'n kans op 'n blesbok die keer op 270 meter en hy slaan om hard hy hardloop seker so 40 meter en val toe neus eerste.
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0164.jpg[/img]
Nie lekker om 'n bok te verloor nie maar wat kon ons doen met die hael dit was nou maar net 'n frats. Die skoot was senter deur die hart en die TTSX loop mooi en werk soos 'n bom.
Ons probeer toe vir nog 'n blesbok vir Megan maar dit is haar eerste keer op lang afstande en mis twee keer ons gaan toe na ander deel van die plaas en toe staan die mannetjie net te lank en vind toe uit wat maak die .270 aftstand was toe 290 meter.
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0180.jpg[/img]
Tielman die eienaar sit regs op die foto.
Ons was nie eers 10 sekondes terug by die chalet maar toe begin die wolke huil en ons mis toe die eerste helfte van die rugby oor die reen wat so hard val. Ons kyk toe die res van die rugby wat my bietjie terleur gestel het maar nou ja kan nie alles verwag in een lekker dag nie.
Vandag het ons toe met die leeus gaan speel en lekker fotos gekry.
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0239.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0247.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0270.jpg[/img]
Kou daardie enetjie aan my vrou hy laaik ook blondes
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0311.jpg[/img]
[img width=318 height=480]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0338.jpg[/img]
Tielman reel toe dat my seun Aaron die leeutjies kon melk voer het hy dit nie geniet nie kyk net die gesig hy was in die sewende hemel.
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0355.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0380.jpg[/img]
Ek was in 2008 laas daar saam met internasionale jag kliente en dit was my eerste keer dat my vrou en seun saam was dit bly maar lekker plek en was baie bly om die ondervinding met hulle te deel was 'n baie kort naweek met tonne pret en stories.


