Page 1 of 1

Bemarkings rade en ras-standaarde

Posted: Tue Jun 08, 2010 9:00 am
by Kruger
Ons het al almal in die verlede gesien hoe hierdie ouens 'n florerende bedryf laat kwyn as gevolg van nietighede. Uie moet mooi rond wees en spinasie blare moet presies so of so lyk anders is dit nie aanvaarbaar nie. (asof dit die smaak sal beinvloed). Karkas bouvorm, harde ore en -gesig teenoor sagte pienk ore by wol en bokhaar, 'n swart kolletjie groter as toelaatbaar op die verkeerde plek op 'n dorperskaap.... en so kan ons aangaan. 100% op standaard, maar dit gaan slegter met die bedryf of ras in geheel.
Klip in die bos. Kan ons nie rasstandaarde en 'n bemarkings raad skep vir jakkalse en rooikatte nie. Bool en die gebyte ene kan die voorsitter en sekretaris van die vereniging wees en toesien dat ons by die standaarde hou. Hulle doen die beoordelings en Taffie sort die prulle uit. Die swart rug by jakkalse MOET byvoorbeeld volle breedte van die rug dek, maar MAG NIE teen die sye afkom nie. Slagtande MOET presies 32 mm uitmekaar wees en minstens 2/3 van daardie afstand lank wees met c6 ogief. Klossie op rooikat se ore moet langer as 56,2 mm wees, naels aan voorpote minstens 10mm lank en stert niks langer as die agterbeen nie.
Dalk kan ons daarmee die bedryf so 'n knou gee dat ons kan voor kom.  ;D

Re: Bemarkings rade en ras-standaarde

Posted: Tue Jun 08, 2010 2:31 pm
by Freddie101
Kruger
Op  watter sagte metode gaan ons van die prulle ontslae raak. Miskien kan ons n nuwe ras met die prulle begin want in RSA is altyd plek vir nog n ras met voortreflike eienskappe wat mense aan hulle toedig.
Freddie

Miskien is nog n prulfout as hy nie antwoord as n jagter hom roep nie.

Re: Bemarkings rade en ras-standaarde

Posted: Tue Jun 08, 2010 6:07 pm
by Danie Lombard .243
Kruger.

Lekker geniet ek nou jou post. Mooi man. Doen so voort.

Re: Bemarkings rade en ras-standaarde

Posted: Tue Jun 08, 2010 6:56 pm
by Louis102
Kruger

Lankal geweet jy's baie slim, ek hou van jou manier van dink!  Maar, is die rasstandaard vir die rooies nie klaar geskryf nie?  Ons mag mos op verkeerde temprament prul. (Ek's seker dit word in die rasstandaarde van ander spesies toegelaat)  Enige rooie wat lyk of di? daaraan dink om skaap te vang word eenvoudig geprul.  Dis mos nie hulle natuurlike kos/prooi nie en ons moet die ras suiwer hou!

Of hoe?

Louis

Re: Bemarkings rade en ras-standaarde

Posted: Tue Jun 08, 2010 7:37 pm
by Francois Marais
Kruger

Dit sou die antwoord wees, gaan net nie so maklik wees om in werking te stel nie.........

Mooi loop
Francois