Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ons het al almal in die verlede gesien hoe hierdie ouens 'n florerende bedryf laat kwyn as gevolg van nietighede. Uie moet mooi rond wees en spinasie blare moet presies so of so lyk anders is dit nie aanvaarbaar nie. (asof dit die smaak sal beinvloed). Karkas bouvorm, harde ore en -gesig teenoor sagte pienk ore by wol en bokhaar, 'n swart kolletjie groter as toelaatbaar op die verkeerde plek op 'n dorperskaap.... en so kan ons aangaan. 100% op standaard, maar dit gaan slegter met die bedryf of ras in geheel.
Klip in die bos. Kan ons nie rasstandaarde en 'n bemarkings raad skep vir jakkalse en rooikatte nie. Bool en die gebyte ene kan die voorsitter en sekretaris van die vereniging wees en toesien dat ons by die standaarde hou. Hulle doen die beoordelings en Taffie sort die prulle uit. Die swart rug by jakkalse MOET byvoorbeeld volle breedte van die rug dek, maar MAG NIE teen die sye afkom nie. Slagtande MOET presies 32 mm uitmekaar wees en minstens 2/3 van daardie afstand lank wees met c6 ogief. Klossie op rooikat se ore moet langer as 56,2 mm wees, naels aan voorpote minstens 10mm lank en stert niks langer as die agterbeen nie.
Dalk kan ons daarmee die bedryf so 'n knou gee dat ons kan voor kom.
Kruger
Op watter sagte metode gaan ons van die prulle ontslae raak. Miskien kan ons n nuwe ras met die prulle begin want in RSA is altyd plek vir nog n ras met voortreflike eienskappe wat mense aan hulle toedig.
Freddie
Miskien is nog n prulfout as hy nie antwoord as n jagter hom roep nie.
Lankal geweet jy's baie slim, ek hou van jou manier van dink! Maar, is die rasstandaard vir die rooies nie klaar geskryf nie? Ons mag mos op verkeerde temprament prul. (Ek's seker dit word in die rasstandaarde van ander spesies toegelaat) Enige rooie wat lyk of di? daaraan dink om skaap te vang word eenvoudig geprul. Dis mos nie hulle natuurlike kos/prooi nie en ons moet die ras suiwer hou!