6mm musgrave

Post Reply
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Doepie01 »

Hallo Piet

Ek skiet ook al vir BAIE jare met n 6mm Musgrave en is baie gelukkig met my geweer. Ek het nog altyd 100gr punte gelaai maar toe die raad by die manne hier op die forum gekry om eerder 85gr of 87gr punte te probeer. Ek het so pas die naweek Sieera se 85gr punte in die hande gekry en moet nog herlaai so ek kan nog nie vir jou n uitslag gee nie. Ek stel voor jy gaan kyk onder die topic "6mm punte". Ek het daar heelwat raad gekry. Ek hoop jy kom reg.

Cheers
Doepie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Francois Marais »

Piet

Lees hier n bietjie meer agtergrond oor jou geweer.......

http://en.wikipedia.org/wiki/6_mm_Musgrave

Somchem gee die ladings aan 85gr Sierra, S365, 35,8-39,8gr : 3084ft/sec op maks lading
                                          85gr Sierra, S361, 40.0-43.0gr : 3087 ft/sec op maks lading

Hoop dit help bietjie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Francois Marais »

Majuba

Dink da is ma net Musgrave doppe beskikbaar, het nooit probleem met donuts gehad nie, nie sover ek kan onthou nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Francois Marais »

Majuba

Man, die tyd toe ek nog met die goete gespook het, het jy net daai rooi bokse met die kudu op gekry, daar was nog Musgrave agterop die doppe gestamp, dink hulle was so n klien bietjie harder as vandag se PMP.

Die doplewe hang nie rerig van jou slotaksie af nie, maar van jou kamer grote, as jou kamer lekker styf is, en jy skiet nie TE hoe ladings, sal jou doppe hou, kan jou doppe langer laat hou deur hulle net te neck-size

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6mm musgrave

Post by 243Songdaug »

Naand Majuba.

Ek is nie 'n kenner op die 6mm Mus nie, maar ek het al so bietjie gesukkel met 'n paar.  

Aan die begin het ek dit verpes om te herlaai vir die kaliber - tot ek die probleem uitgewerk het, nl. dat die doppe nie diepgenoeg in die RCBS Full length dies ingaan nie!  Wat veroorsaak het dat die slot baie stram toegemaak het en beslis nie bevorderlik was vir akkuraatheid nie!  Het die probleem gou reggestel deur 0.5mm weg te sny op 'n draaibank van die "case shoe" - van toe af was dit 'n vreugde om die doppe te size.

Die 6mm's wat op die Enfield aksies gebou is en nog hul oorspronklike Musgrave lope op het groepeer nie konstant so goed soos 'n 243 nie, maar hier is 2 manne wat gelukkig genoeg is om hul 6mm's op P14 aksies te laat bou het.  Die een het 'n swaar profiel loop op en ek kan jou waarborg - daai 6mm staan nie 'n tree terug vir die meeste 243's nie.

Ek het gevind dat die 6mm Mus's wat op die Enfield aksies gebou is redelike tot goeie groeperings met laer ladings(wat weer tot laer spoed lei) gee, terwyl die P14 outjies redelike warm ladings kan skiet - en hulle groepeer sommer puik.

Ek sal ruiterlik erken dat ek tydens die 2009 Downs Veltskiet  die knie moes buig voor 'n 6mm Musgrave - ook maar net oor ek daai geweer uitsorteer het!!!

Dis 'n lekker kaliber wat sleg onderskat word en sommer stief behandel word - onnodiglik!

Groete.
Jaco  
Last edited by Guest on Tue Jun 08, 2010 11:01 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6mm musgrave

Post by 243Songdaug »

Juba.

Ons het met gemak sub MOA groeperings kry, maar nie clovers nie.  Hulle sit nabymekaar, maar hulle wil nie mekaar sny nie.

Ek moet darem noem dat die geweer 'n 6 x 40 Tasco op het wat so hoog gemount is dat my nek eintlik seer geraak het as ons ladings geskiet het.

Met die P14 was dit 'n blote formaliteit - charge die dop, seat die punt op die korrekte diepte en die clovers kom vanself.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Doepie01 »

Hallo Jaco

Klink my jy is ook n fundy op n 6mm Musgrave. Ek het ook een wat van n P14 oorgebou is. n Baie ou geweer maar ek geniet hom baie. Wil jy nie asb onder die topic "6mm punte" wat ek begin het gaan kyk nie. Ek soek raad asb en wil nou nie alles hier herhaal nie.

Cheers
Doepie
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6mm musgrave

Post by 243Songdaug »

Doepie

Ek is 'n 6mm man - sal nou nie s? ek is 'n fundi nie, maar ek is verskriklik nuuskierig en is nie bang om nuwe goed te try nie.

Ek hou al geruime tyd jou 6mm topic dop - sal bietjie gaan kyk wat se raad jy soek en jou probeer antwoord - moet eerlik s? dat ek normaalweg net voor ek loop slaap die 6mm topic oopmaak en net so vinnig oor alles scan.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6mm musgrave

Post by 243Songdaug »

Juba.

Jy is heeltemal reg - as jou roer 20-25mm groepe kan skiet op 100m is jy reg tot op 350m - solank jy bladskote skiet.  200m as jy breinskote wil skiet.  Ek persoonlik verpes 'n breinskoot - agter die oor of hoog in die nek is meer vir my - ek skiet nie goedgenoeg om vir die kop te gaan nie.

My persoonlike gevoel is dat ons as skuts te min tyd daaraan spandeer om te leer om die wind en die omstandighede akkuraat te lees.  Tot op 200m het wind 'n marginale uitwerking op meeste kalibers - jy hou net so bietjie in die wind in en laat loop, maar as jy eers op 400 en 600m begin skiet raak dit krities om die wind en die mirage of ligspie?ling reg te lees.

Dit klink simpel om van 400m skote te praat, maar glo my ons (en ek praat van meeste manne wat vlaktewild soos springbokke en blesbokke jag) skiet in die jagveld tot op 400m!!!

Ek het altyd daaraan geglo om my op 250m te beperk - verlede jaar het ek my afstandtaster saamgevat NAM toe tydens my jaarlikse Stampriet springbok jag - gemiddelde skote was op 360m!!!  Skielik kon ek verstaan hoekom ek so mis skiet!  Ek skiet al my bokke asof hulle op 250m staan - die boer s? dan die goed is net 250m ver!

Net vir die interesantheid - ALLE BOKKE IN NAM IS NET 250m VER. Vra enige boer daar.

?n Slim ou het eendag ges?: ?Groentjies bestudeer trajekbane, veterane bestudeer die omstandighede?

Wyse woorde inderdaad.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
bobby
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm

Re: 6mm musgrave

Post by bobby »

hell piet you can talk , you don't even have a 6 mm musgrave  ???
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Jagtersdok »

Majuba

Ek sien jy praat van 'n Truvelo loop, so ek neem aan jy wil 'n nuwe loop opsit. Ek het 'n pel met 'n 6mm Musgrave en 223 op Lee Enfield aksies. Beide gewere het nuwe lope op wat hy laat fit het in Bloem somewhere by 'n pel so 4 jaar terug. Hy het lekker dik lope op gesit. Dis nie nodig vir Fluited barrel nie, ek het in elk geval nog my bedenkinge oor die fluited storie, want dan sou al die groot benchrest manne dit geskiet het. Om terug te kom, beide gewere groepeer baie mooi. Jy het seker al agter gekom dat die fabrikaat doppe se rim diktes verkil. Wat hy laat doen het. Toe hulle die kamers geream het, is hulle baie styf gesny en omdat die Lee Enfield aksies headspace op die rim het hy sy kopspasie net 1thou gegee op PMP dop wat omtrent die dikste rim het. Hy Fireform sy doppe met 'n baie gemiddelde lading en ligte punt. Dit help met die dop leeftyd, anneal na elke 5 keer en necksize net. Die 223 skiet 10mm groepe op 100meter en die 6mm 18mm groepe wat ons laaste keer op die baan was.

Ek hoop dit help

Wat die balistic tabel betref google shootv3.2 en download die trail version. Save dit en dan run jy die program. As jy klaar is uninstall jy dit weer want jy kan dit net vir 29 dae gebruik. maar as jy dit weer later wil gebruik install jy dit net weer en dit trek net 1 dag af, of jy kan die hele ding koop teen $100
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Jagtersdok »

As ek nie mis het nie is die drop tot by die eerste merk 3 duim en tot by die 2de merk 14 en 3de merk 29 duim op die scope wat wat rondom presies met daai trajek kan werk
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Danie Lombard .243

Re: 6mm musgrave

Post by Danie Lombard .243 »

Naand se Majuba.

Jy moet onthou dat die vergroting van die scope bepaal of jou mill dots of balistic rectical gaan pas by die trajek van 'n bepaalde kaliber. bv. Vir 'n tactical sniper geweer in kal .308 wat skiet met 150/155gr punte, word gebruik gemaak van 'n 10X vergroting scope met mill dots of ballistic rectical en die is dan gekalibreer vir 100 meter intervalle. bv middel kruis zero 200 meter, 1ste mill dot onder kruis 300m, 2de mill dot 400m ens. Maar soos ek se die vergroting bepaal die kalibrasie.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Francois Marais »

Majuba

Daas hy nu, 200m zero met n 85gr Sierra punt en 3050 Ft/sec

Exterior Ballistics Table
RangeVely Energy      Total   Drop Drop
yds fps ft/lbs         Drop     Inch MOA
0 3050 1755 0.0   -1.5 0.0
50 2923 1612 -0.5     0.5 1.0
100 2800 1479 -2.0      1.5 1.4
150 2680 1355 -4.6     1.3 0.8
200 2564 1240         -8.4       0.0 0.0
250 2450 1132       -13.5    -2.6 -1.0
300 2339 1032         -20.1    -6.8 -2.2
350 2232   940         -28.3    -12.5 -3.4
400 2127  853         -38.3    -19.9 -4.8
450 2024   773         -50.1    -29.3 -6.2
500 1924   698         -63.9    -40.6 -7.8


Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Jagtersdok »

Hier is die tabelle op 100m gezero by seevlak en in bosveld


GUN:
6mm Musgrave -- 6mm Musgrave

BULLET DETAILS:

Manufacturer: Sierra
Type: 85gn Spitzer

Case Type:Factory
Primer Type:Factory
Powder Type:Factory
Powder Charge:N/Agns

ATMOSPHERIC CONDITIONS:
Altitude (Feet):0
Cross Wind (Mph):5
Humidity:65%
Pressure (In Hg):29.53
Temperature (degrees Fahrenheit):59


Range            Velocity            Energy           Path            Drop           Drift              TOF           Zero Adj
(Metres)            (FPS)            (FT-LBS)         (Inches)       (Inches)       (Inches)            (Sec)           (MOA)

0                3050                 1756           -1.50           0.00            0.00           0.000            0.00
50                2882                 1568           -0.12           -0.58            0.12           0.055            0.21
100                2721                 1397           0.00           -2.41            0.55           0.114            0.00
150                2565                 1242           -1.28           -5.64            1.30           0.176            0.74
200                2414                 1100           -4.12           -10.43            2.35           0.242            1.80
250                2269                 971           -8.76           -17.03            3.78           0.312            3.06
300                2128                 855           -15.46           -25.68            5.65           0.387            4.50
350                1993                 750           -24.43           -36.61            7.95           0.466            6.10
400                1862                 654           -35.81           -49.94            10.61           0.550            7.82
450                1738                 570           -50.51           -66.59            13.97           0.642            9.80
500                1621                 496           -68.68           -86.72            17.89           0.741            11.99


GUN:
6mm Musgrave -- 6mm Musgrave

BULLET DETAILS:

Manufacturer: Sierra
Type: 85gn Spitzer

Case Type:Factory
Primer Type:Factory
Powder Type:Factory
Powder Charge:N/Agns

ATMOSPHERIC CONDITIONS:
Altitude (Feet):4173
Cross Wind (Mph):5
Humidity:40%
Pressure (In Hg):25.72
Temperature (degrees Fahrenheit):59


Range            Velocity            Energy          Path            Drop          Drift              TOF          Zero Adj
(Metres)            (FPS)            (FT-LBS)        (Inches)      (Inches)      (Inches)            (Sec)          (MOA)

0                3050                1756          -1.50          0.00            0.00          0.000            0.00
50                2924                1614          -0.14          -0.57            0.09          0.055            0.25
100                2802                1481          0.00          -2.35            0.40          0.112            0.00
150                2683                1358          -1.19          -5.47            0.95          0.172            0.70
200                2567                1243          -3.82          -10.03            1.72          0.235            1.67
250                2454                1136          -8.00          -16.13            2.72          0.300            2.79
300                2344                1037          -13.89          -23.96            4.00          0.368            4.05
350                2236                944          -21.75          -33.74            5.60          0.440            5.43
400                2132                858          -31.68          -45.60            7.50          0.515            6.93
450                2030                778          -43.81          -59.65            9.68          0.594            8.51
500                1931                703          -58.34          -76.12            12.19          0.676            10.19
Last edited by Jagtersdok on Sun Jun 20, 2010 1:41 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Francois Marais »

Majuba

As jy daai magasyn net so los, dan spring daai patrone op n streep uit sodra hulle bietjie preasure van onder kry.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Francois Marais »

Majuba
So as ek doen wat jou pel gedoen headspace hy dan op die skouer?
Jy het my nu verloor met daai ene, vertel weer.......

N 303 "headspace" nie oppi skouer nie, maar op die rim.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Francois Marais »

Juba

Lees weer die post mooi, hulle het net die HS baie tight gemaak op PMP doppe, omdat PMP doppe die dikste rim het, ander fabrikate se rim is dunner, maar hy bly steeds HS oppi rim. Dit is nie moontlik om n doppi met n rim oppi skouer te laat HS nie, want die rim gaan druk teen die loop voordat die dop se skouer druk binne die kamer.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Francois Marais »

Juba
enige praktiese verskil tussen die twee in die veld agter gekom?
BOGGEROLL

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Jagtersdok »

Nee dit bly headspace op die rim. Met die fireformong sit hy 'n 1mm dik 10mm O'ring agter om die dop teen die rim. die slot maak redelik swaar toe. Soos die dop dan form vloei die skoer vorentoe. Dit gee die dop ook net 'n snuggler fit, maar die dop bly headspace op die rim
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6mm musgrave

Post by 243Songdaug »

Juba.

Dit is eintlik 'n baie lekker kaliber, maar die 243 is soveel makliker om mee te werk - en "243" klink mos darem meer gesofistikeerd!

"6mm Musgrave" klink soos iets wat ons oupa's gebruik en "ons" is mos skaam om met "ou" goed te skiet.
Moet ook nie die flens vergeet nie - flense is ouderwets!  Min besef die manne dat dit eintlik "Klasiek" genoem moet word.

Min manne besef op watter lekker kaliber hulle eintlik uitmis,maar daarvoor moet ons sekermaar die 243 blameer.

As jy een het - GENIET HOM!

Mooi maak.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 6mm musgrave

Post by Hein M. »

majubaketie wrote: dis vir my so half snaaks om i vinnige feinskiet kaliber op i lee aksie telat bou,amper so half verkeerd. Mar ek hou van die aksie en die groot magasyn. Is dit nie dalk better om winchester 303 doppe aftenek na 6mm toe as om pmp 6mm doppe tegebruik nie? Hulle is mos meer lee aksie vriendelik of hoe?
Juba,

Is jou Enfield geweer klaar omgebou na 'n jaggeweer of is dit nog oorspronklik wat voorkoms en kaliber aanbetref?  Dit klink al of jy na die July wil gaan met 'n zebra ;D
Is dit nie net makliker om 'n goeie tweedehandse 243 te koop nie?

My broer het JARE lank gesukkel om sy Enfield "nuut" te laat pasmaak - en dit toe maar later gelos.
Die 303 is 'n baie goeie kaliber! 

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Post Reply