Invloed van Lightforce lig op hoogte.

Post Reply
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Invloed van Lightforce lig op hoogte.

Post by JuanPaul »

More almal,

Net `n vraag aan die wat mag weet, ek het gevind dat my 243 Howa Varminter so `n bietjie laer skiet met die Lightforce lig daarop gemonteer as as daar sonder, wel ek het met so `n paar mense hieroor gepraat en party reken dit is die ekstra gewig van die lig wat daartoe lei aangesien die terugskop so `n bietjie verminder en sodoende maak dat die geweer `n bietjie laer skiet, is dit ook julle ervaring? ek hoor graag wat se julle.

Juan
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Invloed van Lightforce lig op hoogte.

Post by prohunt »

Hallo Juan,
Ek het dit nog nie agtergekom nie alhoewel ek nou nie op papier in die nag skiet nie. Ek het wel al heelwat wild en jakkalse kopskote in die nag geskiet asook ver lyfskote op jakkalse en daar was vir my nog nooit 'n probleem nie. Hoeveel skiet jy laer met die lig op?
Groete
Johan
Where He leads me I shall follow!
Post Reply