Page 1 of 1

Skietstoel vs Skietraam: Wat verkies jy?

Posted: Mon Oct 01, 2012 9:53 am
by Eugene
Kom ons kyk hoe voel die forum lede!

Re: Skietstoel vs Skietraam: Wat verkies jy?

Posted: Mon Oct 01, 2012 9:56 am
by Geno
Ek verkies die stoel bloot oor die volgende redes:
Ek sit met 'n rugprobleem, as ek heel nag moet staan agterop 'n bakkie raak my rug verskriklik seer.
Partykeer jag ek in bebosde areas. As jy 'n jakkals sien, moet jy bitter vinnig skiet.

Janjak gebruik 'n raam, en is baie suksesvol daarmee.

Re: Skietstoel vs Skietraam: Wat verkies jy?

Posted: Mon Oct 01, 2012 1:31 pm
by Smirre
Geno
My plan was om 'n stoel in die raam te sit en nie te staan nie,,my rug sal ook afbreuk.
Nog steeds nie seker nie

Re: Skietstoel vs Skietraam: Wat verkies jy?

Posted: Mon Oct 01, 2012 1:59 pm
by Wouter Roets
Geno/Smirre

So staan en ander dinge doen en loop en jag is ook uit vir julle twee? ;)

Groetnis
Wout

Re: Skietstoel vs Skietraam: Wat verkies jy?

Posted: Mon Oct 01, 2012 2:01 pm
by Geno
Wout,
Mens vat darm 'n blaaskansie met stapjag.
Het jy al van 6 tot 6 agterop 'n bakkie probeer staan? ;D

Re: Skietstoel vs Skietraam: Wat verkies jy?

Posted: Mon Oct 01, 2012 4:36 pm
by Jakkalsgat
Geno wrote: Het jy al van 6 tot 6 agterop 'n bakkie probeer staan? ;D
Geno, ek het al en kry dit nog met moeite reg maar dit neem al hoe langer om weer normaal te wees na die tyd

Groete
Jaco