Page 1 of 1

Geweer gewen, hoe nou vir aansoek?

Posted: Tue Sep 25, 2012 10:07 am
by JTM
Ek het die afgelope naweek 'n geweer by die Huntex skou gewen en moet nou die lisensi?ering doen. Dit is my eerste geweer , maar ek het reeds 'n pistool al.

Ek was in elk geval reeds in de proses om 'n geweer te soek om te koop toe die gelukkie my tref.

Die doel waarvoor ek die geweer wil gebruik is meer vir sport skiet eerder as jag.

Ek moet nou die geweer motiveer en wonder hoe mens te werk moet gaan as jy die geweer as 'n prys ontvang dit. Ek twyfel of dit enige gewig gaan dra in die motiveerings proses maar sal julle opinies en ervarings in die geval waardeer.

Eerste ding is seker om die bevoegdheid kurses te doen en dan 'n kluis.

Wat is daar nog wat ek moet doen? ???

Re: Geweer gewen, hoe nou vir aansoek?

Posted: Tue Sep 25, 2012 1:53 pm
by BRNO (Pierre)
Baie geluk met die roer wat jy gewen het. Vertel sommer bietjie hiervan ook asb.

Jy sal dit maar soos enige geweer moet aanpak. Bevoegdheid, of ten minste die opleidingsertfikate, in plek kry as jy dit nog nie het nie. Kry n goeie motivering by iemand soos "Jagters reg motivering" hier op die forum, n doen aansoek. Ek is seker mens kan noem dat jy die gewere gewen het, maar dit glo ek sal nie n verskil maak nie. Motiveer dit eerder as jag geweer, sport skiet ens.

Re: Geweer gewen, hoe nou vir aansoek?

Posted: Tue Sep 25, 2012 3:10 pm
by bex
Geluk moet die geweer Jan.

Jy sal hom maar moet motiveer net soos as jy hom gekoop het. Die proses is darrem nie so erg as wat dit van ver af lyk nie.

Re: Geweer gewen, hoe nou vir aansoek?

Posted: Tue Sep 25, 2012 3:26 pm
by Marc
Pierre van der Merwe wrote: Baie geluk met die roer wat jy gewen het. Vertel sommer bietjie hiervan ook asb.

Jy sal dit maar soos enige geweer moet aanpak. Bevoegdheid, of ten minste die opleidingsertfikate, in plek kry as jy dit nog nie het nie. Kry n goeie motivering by iemand soos "Jagters reg motivering" hier op die forum, n doen aansoek. Ek is seker mens kan noem dat jy die gewere gewen het, maar dit glo ek sal nie n verskil maak nie. Motiveer dit eerder as jag geweer, sport skiet ens.
Baie geluk  ;D ;D ;D ;D ;D

Bly 'n Jaracal man het ietsie daar losgeslaan  8)

Motiveer daai roer vir jag asof jy hom gekoop het. Om te s? jy het hom gewen gaan niks help nie, dit is dieselfde as waneer mens iets erf. Hulle gaan hulle nie steur daaraan nie, inteendeel kan dit jou benadeel in die sin dat dit moontlik klink of jy die wapen wil besit net omdat jy kan en nie en omdat jy 'n spesifieke doel het daarmee nie.

Ek sou stilbly, dankie s?, en motiveer soos enige ander jag geweer  ;)

Mooiloop
Marc

Jy al besluit op watter kaliber en styl jy gaan vat  ???

Re: Geweer gewen, hoe nou vir aansoek?

Posted: Tue Sep 25, 2012 3:33 pm
by Herman Venter
Baie geluk met daardie roer!!

Re: Geweer gewen, hoe nou vir aansoek?

Posted: Tue Sep 25, 2012 3:54 pm
by Gawie(13mm)
JTM baie geluk met daai 243. ;D
Jy het 'n paar top skuts hier in die Boland uitgestof.
Hel manne dit was moeilik om met 'n geweer te skiet wat jy nie ken nie en nie weet waar hy gezero is nie.
JTM het net na my geskiet en ek kan my eie gat skop dat hy dit so maklik laat lyk het.
Ons kon nie eens ietsie vir die seningwees vat nie, want jy moes pypie blaas :police:.

JTM as ek jy is sluit ek dadelik by Kaapjag of SA-jagters aan. Enige van die organisasies sal jou met graagte help om die klein probleempie van jou op te los. Doen jou bevoegtheid en jou toegewyde jagters en die Kaap is sommer maklik Hollands.
As jy nie regkom nie PM my.

Nogmaals geluk.

Re: Geweer gewen, hoe nou vir aansoek?

Posted: Tue Sep 25, 2012 3:58 pm
by JTM
Dankie almal.

Die kaliber en styl is ongelukkig klaar vas. Dis die Howa Hogue in .243 met swart aksie en kolf. Bo op is 'n 3-9x40 Titan scope.

Ek het gedink dat die feit dat dit 'n prys was geen gewig sal draa in die aansoek proses nie. So dan los ek dit maar uit.

Gaan Donderdag gou my kurses doen vir bevoegdheid. Tot dusver lyk dit my dat al die papierwerk die groter challenge is as wat dit was om die gonge raak te skiet  ;D

Ek het al reeds vroeg gister byvoorbaat al by Kaapjag aangesluit nog voor die trekking. ;) Maar dit was maar net toeval...

Re: Geweer gewen, hoe nou vir aansoek?

Posted: Tue Sep 25, 2012 5:21 pm
by Marc
JTM wrote: Dankie almal.
Ek het al reeds vroeg gister byvoorbaat al by Kaapjag aangesluit nog voor die trekking. ;) Maar dit was maar net toeval...
;D ;D ;D ;D As mens opstaan met so , are you feeling lucky punk aora, is dit soms waar lyk dit my  ;D ;D ;D

Re: Geweer gewen, hoe nou vir aansoek?

Posted: Tue Sep 25, 2012 6:46 pm
by JAGTERSREG-JRM
JTM wrote: Dankie almal.

Die kaliber en styl is ongelukkig klaar vas. Dis die Howa Hogue in .243 met swart aksie en kolf. Bo op is 'n 3-9x40 Titan scope.

Ek het gedink dat die feit dat dit 'n prys was geen gewig sal draa in die aansoek proses nie. So dan los ek dit maar uit.

Gaan Donderdag gou my kurses doen vir bevoegdheid. Tot dusver lyk dit my dat al die papierwerk die groter challenge is as wat dit was om die gonge raak te skiet  ;D

Ek het al reeds vroeg gister byvoorbaat al by Kaapjag aangesluit nog voor die trekking. ;) Maar dit was maar net toeval...

Dagse

Jy laat dit baie maklik klink om daai gonge raak te skiet want die papiere is nie veel van n "shlep " nie.Skree maar as ek van hulp kan wees.n .243 is n baie lekker geweertjie vir vele redes ek het al jonk jonk versot geraak op die kaliber,sy tyd kom vinnig nader.

Groete
Kobus

Re: Geweer gewen, hoe nou vir aansoek?

Posted: Tue Sep 25, 2012 6:59 pm
by JTM
Baie dankie Kobus. Sal beslis weer met jou gesels.

Re: Geweer gewen, hoe nou vir aansoek?

Posted: Wed Sep 26, 2012 1:45 pm
by Fanie
Jitte dis darrem gelukkig om so iets verniet te kry !

Wat moes jy doen om te wen ?

Daar's geen fout met die Howa's nie, sover ek dit het is dit van die beste en akkuraatste geweertjies wat jy kry, ek dink jy gaan baaaaie gelukkig met hom wees.  As ek reg verstaan het jy daardie swart sintetiese kolf op hom ?  Ek het gelees dis 'n uitstekende kolf daardie en kan blykbaar die houe vat, raak nie glad as dit nat word nie en is goed teen die weer bestand.  Ek persoonlik sal enige tyd 'n (goeie) sintetiese kolf bo 'n hout kolf verkies.

Gee die geweer 'n kans, ek wed jou hy sal groei op jou totdat jy versot is op hom !  Dis 'n lekker kaliber en 'n goeie maak.  Ek ken nie die scope nie.