Page 1 of 1
harris bi-pods
Posted: Mon Sep 24, 2012 10:11 pm
by morne smith
Goeiedag almal
Ek het onlangs deur Zack vir my Remington 30.06 adl 700 'n boyds varminter kolf gekoop. Ek wil nou 'n harris bipod koop en laat monteer. Enige raad oor die lengtes kort of langer model. Is daar ander bipods met dieselfde gehalte as Harris en wat kos hulle min of meer?
Groete
Re: harris bi-pods
Posted: Tue Sep 25, 2012 8:32 am
by Renier
Dag Morne
Jy kan verseker kyk na die Vanguard Equiliser 1 en 2 bi-pods. Die gehalte is baie goed en my ervaring is dat die Vanguard baie meer speeling het as jy jou geweer wil rondbeweeg. Ek ervaar ook dat die Vanguard 'n biejtie ligter is as die Harris.
O ja, die prys is ook beter.
http://www.safariandoutdoor.co.za/subca ... d_monopods
Vriendelike groete
Renier
Re: harris bi-pods
Posted: Tue Sep 25, 2012 8:58 am
by LUAN
Kyk na Blackhawk bipods. Hulle is ook van n sterk staal gemaak soos die harris en is helfte die prys. Hulle kry goeie reviews. Gaan soek die video op youtube en jy sal sien. Kry die model wat kan pivot en traverse dis wat jy wil he.
Re: harris bi-pods
Posted: Tue Sep 25, 2012 12:28 pm
by FHM
morne smith wrote:
Goeiedag almal
Ek het onlangs deur Zack vir my Remington 30.06 adl 700 'n boyds varminter kolf gekoop. Ek wil nou 'n harris bipod koop en laat monteer. Enige raad oor die lengtes kort of langer model. Is daar ander bipods met dieselfde gehalte as Harris en wat kos hulle min of meer?
Groete
Morne,
gaan tik "harris bipods' in by die 'search' funksie...jy sal baie besprekings hieroor kry
Re: harris bi-pods
Posted: Tue Sep 25, 2012 12:46 pm
by Greyghost
Hi *303*
Weet jy waar kan mens die Black hawke bipods in SA kry
Tks
Re: harris bi-pods
Posted: Tue Sep 25, 2012 12:52 pm
by LUAN
Jy moet maar check op ebay of amazon het nog nie local gesien
Re: harris bi-pods
Posted: Tue Sep 25, 2012 2:51 pm
by prohunt
Hallo Morne,
Ek verkies persoonlik ook die Harris Bipods en het een op elke jaggeweer. Ek verkies die Model S25 wat 12 tot 25" is en kan "swivel". Jy kry ook 'n model S25C wat 13,5 tot 27" is. Die rede hoekom ek die korter een kies is omdat hy bietjie laer is wat hom ook lekker maak vir l?houding, die 13,5" is vir my net te hoog in die l?houding. Die 25" lengte is weer heeltemal voldoende vir sit/knielhouding.
Ek het al van die ander probeer maar weer teruggekeer na Harris. Sonder om noodwendig al die make te toets wat reeds genoem is in die vorige besprekings voel ek net die Harris se kwaliteit is vir my die beste.....en ja jy betaal seker 'n paar honderd rand meer vir hom. Iemand het onlangs vir my 'n S25 uit Amerika saamgebring vir my nuutste geweer en dit het R1000 gekos, wat seker omtrent die prys is wat jy plaaslik vir van die ander produkte betaal.
Groete
Johan
Re: harris bi-pods
Posted: Tue Sep 25, 2012 3:03 pm
by Kerneels S.
Stem saam met Prohunt. Ek het 4 x Harris S25C modele en hulle werk regtig baie goed. Ek ken egter nie die bogenoemdes nuwe modelle wat die manne van praat.
Die 25C model het a swivel neck.
Groete
Kerneels
Re: harris bi-pods
Posted: Wed Sep 26, 2012 10:22 pm
by morne smith
Dankie Menere