Jag met honde

User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Jag met honde

Post by WillJak »

Ek wil nou so effens ?n klip in die bos gooi. Maar eers ?n vraag: Wat is die algemene praktyk vir manne wat met honde jag ? ek bedoel; wat is die pryse? Soos ek verstaan werk die meeste manne op ?n fooi per dag vir die pak en die hanteerder, plus die boer moet kos gee en dan ?n prys per jakkals. Is dit reg so en wat is die gemiddelde prys?
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Jag met honde

Post by Kruger »

Willjak ek maak redelik gereeld gebruik van honde, in kombinasie met nagroep wat ek self doen, veral vir daai laaste paar skelms. Ongelukkig was dit die laaste 2 jaar droog hier by ons en dan neem 'n hond se sukses koers drasties af. Laas het ek nog R250/dag betaal en R500/kat of jakkals, dan gee hulle self kos.

Daar is altyd 'n paar skelm jakkalse waarmee jy sukkel, dan kry ek honde. Ek gee 'n paar jakkals gille so halfuur voor die honde uitgaan, merk die plek waar hulle antwoord en gaan dan terug, laai die honde en laai hulle kort op jakkie se gat af. Baie keer vat dit te lank vir hulle om 'n vars spoor op te tel, veral nou dat dit droeer is en die spoor is nie so goed nie. Op die manier kry jy makliker n goeie spoor.
Winners never quit - Quitters never win.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Jag met honde

Post by WillJak »

Dankie Kruger, is daar enige iemand anders wat pryse het? Hier by ons lyk dit my is die gemiddeld so R500 per dag vir die pak, party ouens gee self kos, ander moet die boer kos gee, en die gemiddeld per jakkals or rooikat is so R500.

Soos ek vra; is daar nog terugvoer?
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
kalahari

Re:spoorvat met honde

Post by kalahari »

Ek is raad op met 2 jakkalse, hulle is super skelm! Kan n ou met honde spoor vat die tyd van die jaar in die kalahari? Het gehoor n ou spuit hul neuse nat sodra hul afdwaal....

My tweede vraag is, of daar n moontlikheid is dat daar iemand is wat bereid is om my te kom help met honde, ek boer naby Kalkrand in die sentraal suide van Namibie?

kalahari
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Jag met honde

Post by boeta »

Kalahari

As jy praat van super skelm is dit met roeper skelm gemaak en wanner laas is vi hulle geroep of is hulle maar net skelm

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Jag met honde

Post by boeta »

Kalahari

Sorry het jou ander post gesien.Hoe lank is hulle al by jou is da n moontlikheid dat hulle kleintjies mag he.As jy wil kan ek kom probeer.Laat weet maar.Is jy naby Riaan De Klerk.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
kalahari

Re: Jag met honde

Post by kalahari »

Boeta.
Ja ek le langs Riaan De Klerck, die jakkalse is roep skelm, vlieg skelm, slagyster skelm, noem maar op ek het die teef mis geskiet, en van toe af koggel sy my en die reun is steur hom glad nie. teef is al so hans ek stop skemer aand in die area waar sy loop dan begin sy my koggel voor ek nog my goed af gepak het. Ons het so week terug n gat gekry met baie spore, die gat gegas en toegegooi en gehoop hulle is da, volgende dag kry ons hul spore da, hulle het die gat weer probeer oop grou. Ek hoop ons het darm die kleintjies dood....

As jy n ander plan het, laat weet ma . groete Kalahari
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Jag met honde

Post by Chris101 »

Kalahari

Klink my jy het jou beste plan moontlik vergas.
Boeta jy sal moet help.
Knou die gediertes AF.
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Jag met honde

Post by Foxhound »

Kalahari

Jy moet vir jou so sapnnetjie van so 2 of 4 kry van die menere,ekt 5 wat diens doen daar by my, maar een ding wat ek kan se is dat hulle geen genade het vir n jakkie nie
Image

Hier is die man van my wat altyd voor vat!!
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Jag met honde

Post by Foxcreek »

Foxhound

Gaan daai outjies van jou in gate in  en werk die jakkies ondergronds? Ek het JRT's wat uit Engeland uit kom. Hulle is vir die laaste 150 jaar geteel om min of meer dieselfde bou as 'n FOX te h?. Jy moet met jou twee hande om sy bors kan vat dan sal hy by dieselde gaaitjie as 'n jakkals kan inkruip.

In die laat 1800's het Reverend John Russell Fox Terriers besit en met hulle foxes gejag. Hy het Foxterrier skoue regoor die Vk be-oordeel. Hy het gesien die mense is besig om 'n skou hond te teel en hulle goeie werk eienskappe en funksionele bou vir jag was aan die agteruitgang. Hy het al sy wek honde eenkant gehou en met hulle meer en meer honde geteel vir fox hunting.

Daar het die Foxterrier en die Jack Russell terriers gesplit.

Kyk na my yster wat nou afgetree is van jakkals jag en nou net mee geteel word om nog meer jakkals stampers te kry.Let op sy bors is bokant sy elmboog, hy het nie 'n diep bors nie, sodat hy nie in die gat vassit nie en kan beweeg waar jakkalse ondergronds beweeg.Image
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Jag met honde

Post by Foxhound »

hallo creek

jis dit was nogal interresante leesstof

ja nee ekt 3 reens en 2 tewe, soos ek gese het , het hulle geen genade vir jakkie nie,ek staan maar met 3 windhonde by die gate wanneer hulle binne woel vir as jakkie dalk uit gat spring dan kry die groot menere n beurt maar die meeste gevalle is die sports maar daar onder

intresant is dat my hande net-net nie om sy bors kom nie,dalk bikki van n nadeel, maar wat al gebeur het is dat as jakkie nog hol na ander gate of iets het hulle nogal goeie uithou vermoe om agter w.honde aan te hol tot by volgende werksplek, ek laat oefen hulle ook maar elke dag of 2de dag as groot honde vat vir n draai dan moet die stampers ook maar bikki wrk aan die fiksheid

groete
Foxhound
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Jag met honde

Post by Foxcreek »

Foxhound

Goeie waarneming van jou dat hulle stamina het. Die ou fox hunters in die VK het met hulle JRT's agter die hounds aangeloop totdat hulle 'n fox in 'n gat ingejaag het. Die terriers het dan in die gat ingegaan en die fox gewerk. As hy uitgespring het en die hounds jaag die fox na die volgende gat, moes die terriers bybly. Dus is daar vir 'n terrier met langer bene(vinniger kan hardloop), en meer stamina geselekteer.

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Jag met honde

Post by Foxhound »

Creek

My brakke het nou nog nie n skou of iets van die aard gewen vir hul looks nie maar kan jou verseker hul het n goeie paar jakkies al op hulle m@#% gegee in die gate!!!

Groete
Foxhound
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Jag met honde

Post by Foxcreek »

Foxhound

Mooi man, soos Meerkat altyd s?: "Knou die goggas af". Kyk enige metode van jakkies bestry kry my adrenalien aan die gang, maar ou maat as daai menere onder in die gat 'n hittige konferensie hou staan my skofhare op soos 'n maanhaar sin!

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Jag met honde

Post by Foxhound »

ja nee kyk ek stem saam jou,en as hy nog uitvlieg en die steekhaar w.honde pak die man dan is dit nog bikki meer van 'n adrienalien "rush" haha
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Jag met honde

Post by WillJak »

Foxhound, Foxcreek, dit lyk my sommer na lekker honde daardie. Ek het so half opgegee op die JRT's, juis omdat hulle so dapper is - hy gaan nou maar net nie sommer van ouderdom dood nie, as dit nie 'n ander hond is nie, dan's dit 'n slang of vark of bobbejaan of wat ook al. Maar as julle so praat is ek amper weer half oortuig ek moet maar weer soek vir enetjie.....
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Jag met honde

Post by Foxhound »

hallo Wiljak

Ja nee daardie manne is daar net een van 2 opsies, wit of swart,nix gruis areas nie, die of wen of doodgaan

Groete
Fox
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
kalahari

Re: Jag met honde

Post by kalahari »

Ek wil tog graag weet by die manne wat met honde jag, of n ou in die vol maan met spoor honde sukses kan he?
Hou die reuk nie beter, veral as dit so droog en warm is soos nou nie? En hoe doen julle dit?
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Jag met honde

Post by WillJak »

Kalahari, die manne met die spanne honde moet maar s? hoe hulle dit ervaar, maar my ervaring is hoe droe?r en warmer, hoe meer sukkel die honde met die spore.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Jag met honde

Post by Foxhound »

Kalahari

Ek weet nou nie van die volmaan nie maar kan definitief se dat n spoor baie beter is as die veld lekker gedou is en of as die lug lekker vogtig is, spore hou dan net langer en die honde kan die spoor bikki langer volg.

groete
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
theterminator

Re: Jag met honde

Post by theterminator »

foxhound los die maan uit hou op met jou nuwe kd speel en werh 'n bietjie

c
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Jag met honde

Post by Foxhound »

die fox het iets om te doen,speel nie heeldag met pypies nie

Groete
D
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
User avatar
Felix
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Wed Jun 10, 2009 1:43 pm

Re: Jag met honde

Post by Felix »

Ek hoop julle honde is darm meer op en wakker as die klomp!!!  :D

Image
Vas!
tafjak

Re: Jag met honde

Post by tafjak »

Goeie een! Seker op 'n byt-staking.
peet

Re: Jag met honde

Post by peet »

Hallo Manne

Ek is op soek na so 2 goeie gathonde/JRT, as daar iemand is wat my kan help al my detail is op die forum.

Groete

Peet
Post Reply