Toerusting se invloed op Zero???

Post Reply
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Toerusting se invloed op Zero???

Post by Ponkie »

Hallo almal

Ek is mos maar meeste van die tyd net die drywer vir die Oom saam wie ek jag en het hom nooit al hieroor uitgevra nie, maar wat is die effek wat toerusting wat op of aan die geweer monteer word op die geweer se zero. Bv, kom ons vat die dimmerlig wat op die teleskoop monteer word, wat is die invloed, of het dit dalk glad nie 'n invloed nie? Oom FM wat so gereeld oes en net kopskote moet skiet kan ons dalk help? En dan die feit dat jy jou geweer instel op die grond oor sandsakkies en dan op die bakkie in die skietstoel laat vassit?

Dalk het ek glad nie 'n geldige punt hier beet nie en kan iemand my sommer gou gou reghelp, dan is die sakie spoedig opgeklaar...

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Toerusting se invloed op Zero???

Post by Francois Marais »

Ponkie

Ons het al die geweer se vasknyp ding iewers hier bespreek, sal kyk of ek die link kry, vasknyp en net oor n rus maak n GROOT verskil. Dit is nu ma net so.

Kyk die BR skuts skiet almal FREE RECOIL, niks van hom raak aan die geweer nie, net sy vinger die sneller, dis om die geweer so min as moontlik te "dwing" in n rigting, die geweer moet kan recoil soos dit wil, op hierdie manier gaan dit elke slag presies dieselle doen, en dan die akuraatse groep gee.

Die bipot en lig op die scope het in my opinie nie n groot genoeg invloed op die POI om vir ons doeleindes n probleem te wees nie.

My 2c................

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Toerusting se invloed op Zero???

Post by Ponkie »

Dit sal gaaf wees Oom. Die gedagte het maar net hier in my koshuiskamer by my opgekom toe ek van die plaas sit en droom het terwyl ek eintlik Statistiek moet swot! ;D ;D Ek weet die bipod maak nie 'n duidelike groot verskil nie, dit het ons al ny die skyfskiet agter gekom, maar dis goed om nou te weet dat die lig op die teleskoop ook nie so groot verskil maak nie. Oom skiet seker elk geval agter die bakkie se wiel uit met iemand agter op die bakkie wat vir Oom lig wanneer Oom oes?

Sal graag na daai link wil kyk waarvan Oom gepraat het.

Ponkie 
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Toerusting se invloed op Zero???

Post by Francois Marais »

Ponkie
Oom skiet seker elk geval agter die bakkie se wiel uit met iemand agter op die bakkie wat vir Oom lig wanneer Oom oes?
Net so.........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Toerusting se invloed op Zero???

Post by Ponkie »

Dis die manier wat die beste werk!!!! ;) Ponkie snr is links en hy glo hy skiet nerens so goed soos agter die wiel uit nie. Hy wou ook glad al met alle geweld 'n baan by die skyfskiet organise waar mens agter die bakkie se wiel uitskiet... ;D ;D Omdat hy links is trap hy met sy linker voet teen die 4x4 ratjie en stut sy linker elmboog op sy knie, dan is daar geen hoop meer oor vir daardie springbok se kop nie! haha!

Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: Toerusting se invloed op Zero???

Post by Doepie01 »

Hi Ponkie

As ek my beskeie mening mag waag net die volgende. Ek glo daarin dat as ek die aand agter die stuurwiel skiet zero ek my geweer agter die stuurwiel. As ek uit my skietstoel skiet zero ek hom van daar. Maak volgens my definitief n verskil. Ek houvas ook nooit my geweer se voorpunt met my linkerhand nie. Houvas net met die snellerhand. my geweer word ook nie vasgeklem of iets nie.Le net rustig in sy mik. Cheers
Post Reply