Page 1 of 1

Tikka T3

Posted: Sun Sep 02, 2012 5:03 pm
by Arno Pienaar
Middag manne ek wil net hoor het iemand onderving met n Tikka T3 ???? Ek stel baie belang in n T3 223.

Re: Tikka T3

Posted: Sun Sep 02, 2012 6:01 pm
by Ralph
Hi Arno
Ek skiet Tikka T3 varmint in 7mm Rem Mag. Ek ken paar ander manne met tikkas in ander kalibers. Almal praat dieselfde storie. Goeie waarde vir geld.
Koop daai geweer. Jy gaan nie 'n fout maak nie.

Groete
Ralph

Re: Tikka T3

Posted: Sun Sep 02, 2012 7:08 pm
by Piet Breedt
Arno, jy kan maar koop. Tikka het homself al bewys as een van die heel bestes net so van die rak af.

Die nuwe modelle kom met n "set trigger". Jy druk die sneller vorentoe om hom n kompetisie sneller te maak. Baie lekker crisp.

Re: Tikka T3

Posted: Sun Sep 02, 2012 7:46 pm
by Drenalinjunkie
My T3 Sporter in 6.5x55 skiet sover enige koeel en enige lading wat ek al probeer het onder 1" op 100m. ????Die kersie op die koek is dit was nog net fireforming! Die lading ontwikkeling begin eers wanner ek terug in SA is.

Die Tikkas is briljante gewere vir die prys.

Re: Tikka T3

Posted: Mon Sep 03, 2012 10:13 am
by SS
Stem Saam die manne. ekke het 2 T3 's in 25-06 en 308 en is baie happy.

Jy sal nie spyt wees nie!

Re: Tikka T3

Posted: Mon Sep 03, 2012 10:19 am
by Johan JvR
Piet - as jy nou moes kies en daar staan argumentsonthalwe 'n Tikka super varminter of sporter en 'n Savage (LRP/Long range hunter of iets soortgelyk aan die Tikka) ook in dieselfde kaliber....watter een sou jy koop?

Dankie
Johan

Re: Tikka T3

Posted: Mon Sep 03, 2012 10:33 am
by Lourens
Jy kan maar koop Arno, ek het beide 'n 223 en .338 in Tikka's en ek skiet heeldag lank met hulle lag lag halfduim groepe.

Groete,
Lourens

Re: Tikka T3

Posted: Mon Sep 03, 2012 4:34 pm
by Arno Pienaar
Baie Dankie manne ek het n kwai laik in daardie roer gekry hys bitter lekker

Re: Tikka T3

Posted: Mon Sep 03, 2012 9:35 pm
by Kalahari
Arno

Ek skiet die s/s varmint in 22.250, lieflike geweer, teleskoop opgesit en hy skiet alles uit 'n bos uit. ;D
Nee, regtig, ek het net .223 en 22.250, en die tikka skiet van die rak van dag een baie lekker sonder fieterjasies. Ek sal seker nou oor tikka raak soos oor Toyota(hilux), nie sommer seker weer iets anders koop indien ek sou koop nie.

Geniet die koop

Re: Tikka T3

Posted: Mon Sep 03, 2012 10:48 pm
by Penkop
Arno,

Die GROOT probleem met die Tikka is dat as jy swak skiet.... Kan jy nie die geweer blameer nie!

Re: Tikka T3

Posted: Tue Sep 04, 2012 6:07 pm
by Ralph
Goeie een Penkop. Lol......

Re: Tikka T3

Posted: Wed Sep 05, 2012 7:58 am
by Piet Breedt
Johan JvR wrote: Piet - as jy nou moes kies en daar staan argumentsonthalwe 'n Tikka super varminter of sporter en 'n Savage (LRP/Long range hunter of iets soortgelyk aan die Tikka) ook in dieselfde kaliber....watter een sou jy koop?

Dankie
Johan

Johan, ek was bang vir die vraag. Dit is amper dieselfde as om te vra vir watter van jou kinders is jy die liefste voor.

Albei het ongelooflikke meriete, en hulle is totaal verskillende gevoel gewere. Albei skiet van die rak af baie goed. Die Savage kom met n kompetisie sneller, en die nuwe Tikkas weer met n "set trigger" wat net so oulik is. Die reguit magasyn van die Tikka het n voordeel bo die stagard magasyn van die Savage vir akkuraatheid. Die Savage kom weer standaard met n langer loop.

Daar is baie + punte vir albei, en dus moet jy maar die geweer vat in die hand, en die een wat met jou siel praat, is die een wat jy moet kies.

Maar die beste is maar om soos ek te maak en van albei aan te skaf.

Re: Tikka T3

Posted: Wed Sep 05, 2012 9:08 am
by Johan JvR
;D

Dankie Piet, goeie antwoord.  Die tipe keuses laat mens nie in die aand slaap nie.

Re: Tikka T3

Posted: Wed Sep 05, 2012 9:30 am
by Danie01
Ek het laasjaar vir my n Tikka T3 in 7x64 gekoop en was ook nog nie een dan spyt nie. Daai geweer gooi mooi op papier, maak nie saak hoe ek hom laai nie, moet ook net by se dat ek nog net 139gr Hornady interbonds in hom gelaai het.

Nadeel is dat hy klein bietjie lig is en recoil was bietjie meer as my broer se 270 met swaarder kolf. Probleem was dus uitgesort met silencer, nou is daar baie min recoil, my ore gaan langer hou en ek skiet nog n bietji fyner. Glo inelkgeval di gewig gaan ni veel saak maak met kleiner kalibers nie. Die recoil was ook nou nie te erg of teveel om te handle nie, maar ek is n man wat nie van recoil hou nie en alhoewel ek nog jonk is is ek al klaar half doof, so sal nie weer sonder n silencer of enige gehoor toerusting skiet nie.

Jy sal nooit spyt wees met Tikka nie. As jy bietjie meer wil spandeer as Hunter sal ek dalk kyk na die varminters, daai lyk nou vir my na besigheid.

Tikka groete
Danie

Re: Tikka T3

Posted: Wed Sep 05, 2012 11:46 am
by Vlakvark
Ek vat die Tikka bo die Savage vir die special prys

Tikka T3

Laminate Stainless
270WSM: LN 7779

Was $1559, Now $700

$700.00 = R5880.00

Dis mos nou 'n special

Re: Tikka T3

Posted: Wed Sep 05, 2012 12:10 pm
by Johan JvR
Dankie Vvark

Nou voel ons almal in S.A baie beter...

Re: Tikka T3

Posted: Sat Sep 08, 2012 7:05 pm
by Bosmeerkat
Ek het T3 Hunter in .338 Wm en 'n Super Varminter in .243.  Kyk maar hom en 'n Sako langs mekaar.  Die hardeware is dieselfde.  Jy sal nie fout maak nie.

Re: Tikka T3

Posted: Fri Sep 14, 2012 10:52 am
by At308
Hi,

My M595 (master sporter) in 22 250 is lag lag die lekkerste geweer wat ek besit (nie die liefste voor is nie) Die aksie, akuraatheid en balans van die geweer is ongelooflik goed.  TIKKA is 'n yster.

Moet genoem word, hulle is nie mal oor PMP rondtes/doppe nie, as jy herlaai is norma (onder andere) die doppe  wat gewoonlik vir my goed werk.  Het in die begin fabrieks rondtes geskiet, al wat ek kon kry wat werk op daai staduim was Remmington en Sako.

Hoop dit help.

Re: Tikka T3

Posted: Fri Sep 14, 2012 10:58 am
by Kerneels S.
Tikka bo!! Dit is 'n baie smart roer. Jy sal nooit 'n fout maak nie.
Groete

Re: Tikka T3

Posted: Fri Sep 14, 2012 2:16 pm
by Kalahari
My tikka hou ook nie van pmp nie, maar die norma doppe en nosler koeels werk bitter mooi

Re: Tikka T3

Posted: Fri Sep 14, 2012 9:21 pm
by Raakgeskiet
Het 'n 308 en 'n 22-250 tikka lite t3. Sal nie sommer 'n ander soort geweer koop nie. Van die lekerste aksie wat jy kan kry en hulle skiet so lekker. Soos hulle se die tikka en sako is amper broers, en ons almal weet daar is darem niks fout met 'n sako nie, behalwe dalk die prys is hier by ons 'n bietjie styf.
Jy sal nooit spyt wees as jy 'n tikka koop nie.