Dags? almal
Ek wil graag my 1ste SOLO-jag ervaring met julle deel onlangs op 'n vriend se plaas naby Rooiberg in Limpopo.
Dag 1: Na die aankoms en groetery het my vriend gevra of ek alleen wil gaan jag en of ek 'n gids wou saamvat. Ek wou nie die geleentheid laat verbygaan nie en het dadelik aangedui dat ek graag op my eie wou uitgaan. Teen middag-ete het ek 'n lang draai gaan loop om die plaas so bietjie te verken en gemaklik te raak met die omgewing. Ek het verskeie skote op verskeie spesies gehad, maar ek het besluit om te wag tot die volgende dag en sodoende nie oorhaastig te wees nie
Dag 2: Ek het die oggend saam met een van my jag-maats uitgegaan om sy eerste bok ooit te gaan skiet. Ongelukkig het hy net 1 geleentheid gehad en ek het hom afgeraai om die skoot te vat( hy het toe die volgende oggend saam ons vriend wie se plaas dit is, 'n mooi rooibok rammetjie neergevel).
Met die middag-sessie het ek weer allleen uitgegaan. Na so uur se stap het ek 2 mooi rooibok rammetjies sien vlug in baie ruig bosse in en het besluit om hull voor te l? op 'n plek waar ek gedog het hulle sou uitkom (julle weet wat het dog gedoen...). Ek het na 'n hele paar minute se stap besef dat ek te v?r verby hulle gestap het en besluit om te "double-back". Sowaar as wragtig loop ek hulle toe raak net hulle oor die pad stap. Die groter ram was net vir 'n oomblik in sig maar die kleiner ram het het sy tyd gevat om in die bos in te stap. Ek het aangel?, maar wou die afstand verkort vanaf 80 tre? tot 70 tre?. Op daai oomblik wat ek besig was om van posisie te verander, draai die jong rammetjie om en staar in my rigting. Sonder om te huiwer het ek het net daar op my hurke afgesak, aangel? en die skoot afgetrek. Alles het so vinnig gebeur en ek het groter geskrik as die bokke toe die skoot klap. Hulle het in teenoorgestelde rigtings laat spaander en ek het gedog (alweer) dat ek die bok gekwes het. In die warboel, hardloop ek toe sommer agter die bok aan in die ruig bos in. Na 'n paar sekondes het ek gaan stil staan om te luister vir enige geluide, maar niks gehoor nie. Dadelik het ek die radio uitgepluk en geroep "I got a runner!". Ek het my gehaas na die area waar die bok gestaan het om te soek vir bloed of been, maar tot my onsteltenis, niks gekry nie. Toe hoor ek die voertuig nader kom. Toe ek die voertuig bespeur, stap ek nader en nie 10 tree van waar ek gestaan het nie, daar l? my bok! Ek was laas so verlig nadat my 2de dogter gebore was en dadelik 'n gebed opgestuur om dankie te s?. Die skoor was 'n perfekte bladskoot, mooi op die knoppe.
Die ervaring het my regtig baie waardevolle lesse geleer en ek het nou 'n groter waardering vir die vooreg wat ek gehad het om so te kan jag. Ongelukkig het ek nie fotos nie, maar die horings is nou agter in my erf en ek sal dit binnekort laat monteer.
Dit was die lekkerste jag wat ek nog ooit gehad het en hoop om weer so geleentheid te kry.
Vriendelike groete
PS: Ek het met my .308 Musgrave (ou Bisley skyf-skiet geweer met swaar loop) geskiet en 150gn Winchester ammunisie gebruik. Die koeel was regdeur en die vleisverlies was minimaal.
1ste SOLO-jag
- Renier
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm
1ste SOLO-jag
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: 1ste SOLO-jag
Klink baie lekker, en baie geluk
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: 1ste SOLO-jag
Renier
Dis nou waar mens waarlik leer ook, as daar niemand anders is om op te steun nie. Jy moet self die spore, wind en bokke "lees". Man verlang ek terug velld toe. Baie geluk en mag daar nog baie wees. Ek het as laaitie altyd so na Oom Koos se stories in die Magnum gelees en smag na sulke ervarings. Ongelukkig gaan min boere jou alleen toelaat in die veld en mens moet hierdie manne koester en waardeur.
Mooiloop
Marc
Dis nou waar mens waarlik leer ook, as daar niemand anders is om op te steun nie. Jy moet self die spore, wind en bokke "lees". Man verlang ek terug velld toe. Baie geluk en mag daar nog baie wees. Ek het as laaitie altyd so na Oom Koos se stories in die Magnum gelees en smag na sulke ervarings. Ongelukkig gaan min boere jou alleen toelaat in die veld en mens moet hierdie manne koester en waardeur.
Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 1ste SOLO-jag
Geluk man. Nou is die ys gebreek. Ongelukkig is daar cowboys daar buite wat ons jagters se name swak maak en boere forseer om altyd gides by alle kliente te los.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
