Page 1 of 1
Sako 308 Mounts
Posted: Mon Jul 16, 2012 7:36 pm
by Kallie404
Naand manne
N vriend van my het n 308 Sako en het n Lynx teleskoop en wil weet watse mounts om te koop wat op die Sako pas. Hy praat iets van n Low, meduim en n high mounts

Enige raad en voorstelle sal waardeer word. Sal ook graag wil weet waar mens die regte mounts sal kry en wat dit omtrent kos.
Groete
Re: Sako 308 Mounts
Posted: Tue Jul 17, 2012 8:09 am
by kopskoot
Kallie
Hy kan Sako se optilocks gebruik, hulle is egter aan die duur kant. Omtrent R1800 vir ringe en basisse.
Die low, medium en high gaan afhang van die voorste lens grootte van sy teleskoop.
S&O hou hulle aan.
Al my gewere het hulle op, en werk soos hulle moet.
Groete
Re: Sako 308 Mounts
Posted: Tue Jul 17, 2012 9:43 am
by Sako75
Mens kry allerhande make wat op die Sako sal pas insluitend Lynx, Leupold, ens.
Ek gebruik ook Sako Optilocks en is baie tevrede. Dit kan ook ingevoer word as die plaaslike ouens dit nie het nie.
Mens kan maar vir Low Optilocks gaan (as die visier nie pla nie). 'n 8x56 pas net op met die Low weergawe van die Optilock.