waar skiet julle
Posted: Fri Jul 13, 2012 9:51 am
ek en allieman het huidiglik die voorreg om jakkatese te piets op die mooiste wildsplaas wat ek al in n lang tyd in die vrystaat gesien het. gisteraand 2 gepiets ,maar die wild rondom ons was meer as wat ek ooit oor gedroom het. dit gaan miskien klink of ek oordryf,maar dit is werklik so.
die eerste wat kom oog wys het was ribbokke toe takbokke en springbokke. ons het in die kamp ingery en toe is daar swartwitpense voor ons en aan ons kant gemsbokke. ek sal een helse brief kan skryf soos die aand gevorder het maar daarmy vingers gaan seer word.
die buffels het so naby aan my gekom dat ek net moes rek dan het ek aan hulle kon vat. die trop waterbokke moes ek n geraas maak sodat hulle uit die pad moes geepad. die tsetsebi,s het op 10m vir my gestaan en kyk asof ek n idioot is. dan praat ek nie van rietbokke ,roans,giraffe,elande,letchwes ens nie.
dit is darem maar n moerse (sorry my lapland taal) voorreg wat ek het om te doen wat ek doen. ek kan net die liewe vader dank vir die voorreg om sulke dinge te kan beleef.ek like my land kwaai.
dankie my lief dat jy my toelaat om man te wees.
ek kry net nie my fotos gelaai nie http://i1157.photobucket.com/albums/p58 ... 1342161842