Ek het die naweek die geleentheid gehad om my eerste Zebra (3) te skiet.
Laas wat ek nog geskryf het was daar nie genoeg verstelling op my Z3 so toe gooi ek maar my VX-L 4.5-14x50 op my 375 H&H CZ 550. Gelukkig het ek nog so 14 patorne gelaai met 200 gr GSC oor gehad agter 74gr S335. Ons sou met die boog geskiet het maar ons moes soveel zebras moontlik afhaal hoor ek toe eers na ek 4 patorne gebruik het om die geweer in te skiet en die toe darem nog so 6 Barnes en 3 Rem patrone wat toe mooi by mekaar group op die tweede horisontale kruishaar, half duim links vir as ek uithardloop.
Vroeg die oggend kans gehad om een impala te merk en toe plat geskiet met die 270gr Barnes agter 62gr S355, van agter af het ek baie been getref maar was baie tevrede met die relatiewe min vlies skade. Die volgende twee Impalas se harsings het net daar in veld agter gebly op 150m en 80m. My vriend het darem kans gekry om twee zebras maar my moed was min dat ek sou kry. Na ete verder gaan soek. Ons toe die een trop so 1.5km ver gespot. Ek was nog besig om uit te werk hoe ek die naby genoeg aan hulle gaan kom toe die ander trop onder ons in die kloof begin beweeg het.
Ek is toe die kloof af saam met een van die manne wat net zulu verstaan. Darem so hier en daar bos en bome gewees maar dit het toe als op so 385m op geraak. Ek het toe langs die laaste boom gaan le met my bipods en my asem rustig terug gekry. Gelukkig het ek toe ek die geweer gekry met die selfde lading en scope bietjie gespeel so kon onthou op 300m is ek net onder die derde vertikale kruishaar gewees en op 400m onder die vierde kruishaar. Met die hoek wat ek af na hulle moes skiet sou het ek gereken 300m en 400m baie naby aan die twee horisontale hare sou wees.
Ek het die derde kruishaar net onder die een merrie se skof laat rus, twee duim vir die wind aangesit, die haar sneller vorentoe gedruk, my asem gevang en die skoot laat loop. Ek kon dadelik stof agter haar sien wat ek gedink het oor was maar kon sien sy trek haar rug krom. Sy net daar bly staan en die tweede skoot het ek 5 duim laer gevat , twee duim regs en weer laat loop en sy het in die scope geval en kon die stof sien op die driehoek.
Die volgende een het lekker plank dwars gestaan en kyk na haar, met my hoogte nou bekend het ek weer aangesit vir die wind en die derde skoot laat loop weer solid hit, ek oorgehaal en haar dop gehou, toe dit lyk of sy begin dronk word het die derde een ook na haar staan kyk, ek het weer die derde kruishaar 2/3 op laat rus en die 2 duim aan gesit vir die wind. Weereens het die stof net bo die driehoek gestaan. Ek oor gehaal en toe die laaste een die tweede een dop gehou met n moontlik skoot op no vier. Die laaste een het begin rondval en ek het besluit om die tweede een weer n skoot te skiet. Die stof het weer op haar blad gestaan en sy is toe agter n klein bossie in. Ek het oor gehaal vir die vierde een maar toe sy weer agter die bos uitkom maar besluit om haar weer te skeit en toe is ek die GSC uit met nog vier wat rondstaan. Ek het nie geweet wat die Barnes en Rem sou doen en toe maar besluit dit is genoeg.
Ek net weer besef watse ekstra demensie GSC aan n geweer kan gee en geluk oom Gerhard met so puik produk. Verder ook hoe baie n hold over kruishaar mens help as jy nie afstand presies kan skat nie. Dan die belangrikste van als is soos Ludwig se, ken jou geweer en verder selfvertroue. Nou maar net weer wag vir budget dan ons maar weer so pak of twee GSC kan aanskaf.
Groete
Ruan
Zebra op lang afstand met 375 H&H
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Zebra op lang afstand met 375 H&H
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
- NUNAB
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Wed May 09, 2012 1:55 pm
Re: Zebra op lang afstand met 375 H&H
het self die vooreg gehad om een te skiet. heel trots met myself. 175m met n 303.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Die lewe is n lied!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Zebra op lang afstand met 375 H&H
Machann waar is die foties 
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: Zebra op lang afstand met 375 H&H
Hier is die hings...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
- Vosman
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am
Re: Zebra op lang afstand met 375 H&H
Lekker man!