30-06 Ackley

Post Reply
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

30-06 Ackley

Post by Namib »

Hi almal

Is daar iemand wat my vriend kan help?Hy het n 30-06 skiet 155gr A max,Baie ,baie goed(2905FPS).Tog wil hy weet as jy na die Ackley toe gaan of dit die moeite-werd is,wil platter skiet.Of moet hy kyk na ligter punt?


Groete
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by Janjak »

Namib,
sover ek weet is die 30-06 nie sooo warm nie. Ouens kry baie keer dieselfde spoed maar hy moet meer kruit gooi.

As hy lus voel om n reamer daa in te druk.

Kry n 300Wim Mag en ream hom. Myne skiet daai a-maxe teen 3200fps. Hy kan nog vinniger maar op die spoed groep hy half duim.
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 30-06 Ackley

Post by Namib »

Hi Janjak

Baie dankie,daai is n plan.

Groete
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 30-06 Ackley

Post by KSV »

Niel,

Kry n 375!
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by Christo »

Kalahari Sands Varminting wrote: Niel,

Kry n 375!
ja, en nek hom af na .22 punte toe ;D
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 30-06 Ackley

Post by Namib »

Hi Hein/Christo

Christo dankie.Praat jy van die 37...eina of die 30-06.Se tog 30-06 want,jy saal mos maak dat Hein nie vanaand kan slaap nie.Dan more kyk  hy wie kan help met ombou.


Groete
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 30-06 Ackley

Post by KSV »

ja dink nou 375 met .22 kaliber punte :o

10 skote, dan vervang ons die loop.  Wie gaan my lope borg dan kan ons daai oefening doen ;D
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Danie Lombard .243

Re: 30-06 Ackley

Post by Danie Lombard .243 »

As ackley soveel beter was sou die groot wapen vervaardigers al lankal kalibers op die mark geplaas het met die ackley opsie.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2474
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by Nico Harris »

+1 op wat Danie se.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 30-06 Ackley

Post by Namib »

Naant oom Danie

Waar wat jy se,tog voel ek daar is nog sulke kal. wat in daai booitjie is.Tog word hulle deur mense geskiet en
met groot sukses.Op die form is daar 22.250AL,234AL soos ek kan afly en as ons hulle moet vra, skiet hy/hulle dit tot aan die lente van dae.My vriend,dis wat hy het om mee te werk so as ons kan verbeter is dit n opsie.Al beteken dit sy
doppe hou langer,100-200 fps vinniger is darem iets.Hy sal bepaal of die verandering die moeite werd gaan wees.
Om n ander kal.te gaan koop nou vir 15-16000. nie moontlik nie.
Die lank en kort is ons het gehoop hier is iemand wat al met een te doen gehad het,sodat ons  kan vergelyk.Dan besluit maak.

Groete
Last edited by Namib on Thu Apr 08, 2010 9:37 am, edited 1 time in total.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by Christo »

Danie .243 wrote: As ackley soveel beter was sou die groot wapen vervaardigers al lankal kalibers op die mark geplaas het met die ackley opsie.
As ek kyk wat 'n "Chip" verander aan 'n kar se engine se kw en torque en die fabriek dit nie insit is ek seker dit gebeur ook met gewere. Hulle "tune" hom om langer te hou en nie noodwendig vir max werkverrigting nie. As ek kyk hoeveel ouens deesdae gewere laat bou ( hier op die forum ) maak die veranderinge ook sin, hoekom koop hulle nie maar net stadaard van die rak af en koop patrone in pakkies nie.

Ek is een wat stem vir die ackley opsie waar dit genoeg toevoeg tot die geweer se vermo?. Ek lees oor die .270 wat teleurstellend is, feitelik geen verbetering. Waar dit werk gebruik dit maar maak seker dat jy wel daai ekstra "oempf" gaan kry.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Rudie Combrinck(9mm)
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Dec 13, 2009 11:44 am

Re: 30-06 Ackley

Post by Rudie Combrinck(9mm) »

Namib@RP
Het n 30-06acley. Het nog nie veel met hom vergelyk en getoets nie. Het die geweer geerf van my neef.
Lat weet my wat ek vir jou moet kyk dan kan ek n paar toetsies doen. Een ding wat ek weet is dat sy trajek verseker plater is as gewone 30-06.
Rudie
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by Christo »

Ek het iewers gelees dat die 30-06 nogals wikkel met 'n 110gr punt.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by Louis Kriel »

Christo wrote: Ek het iewers gelees dat die 30-06 nogals wikkel met 'n 110gr punt.
Aja a, 58 gr S335 gee in my cz550 3250 fps met 'n halfduim groepering.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 30-06 Ackley

Post by Namib »

Image
Hi julle

Dankie  Rudie,waardeer dat jy bereit is om n paar toetsies te doen sal met jou praat.Ek en Johan het ook na die 110 gr begin kyk,lyk na n opsie.
Ek dink ook tog dat AI beter sal doen.Hier bo hoe het die jak. hom die naweek teen n 30 06 vas geloop.Lank gevat om te kom,maar
toe hy daar is  toe sk@@%& hy.Johan het net baie tyd  gebruik om hom nader te kry. Kyk ek se n man kan nie van n foksie n windhond maak nie maar as  terpentyn deur die jasknoop kan help? hoekom nie.Of hy moet net beter bekruip.Johan het die een net beter bekruip.Dan moet ek ook net se sy jakkies is nie maklik nie.
Dankie aan die wat geantwoord het.

Groete
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 30-06 Ackley

Post by KSV »

Sien ons jou by die kursus?
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 30-06 Ackley

Post by Namib »

Hi Hein

Lyk my ek gaan dit so ver maak.Sien ook baie uit daar na.

Groete
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by B C »

Ek het na vele oorweging ook my 30-06 geackley en moet eerlik se ek is nie een dag speit daaroor nie! Ek skiet 168gr A-max punte met 60gr S365 en CCI200 slagdoppies. Ek het nog nie sy spoed getoets nie maar as hy gestel is om op 200m te zero val die punt 7duim op 300m. ek het vroeer 130gr hornady punte geskiet met goeie groepering, ook met 60gr S365, maar val 12duim op 300m as hy op 200m zero. Seker die BC van die punt, maar ek sal nie weer 'n ander punt as 168 grein in hom skiet nie. Toets net eers jou geweer vir druk voor jy sommer 60gr laai!!! My geweer het hier nog nie druk nie, maar daar is nie veel plek oor vir nog kruit nie. 'n Vriend van my het ook 'n 30-06 ackley en skiet 155gr A-max punte teen 3130vps, ook met 60gr S365, vir 'n gemiddeld van 3 skote deur 'n chronograaf. NB toets eers vir druk voor jy wegspring met 60gr, begin laag en laai elke keer 'n half grein op! Doen dit en geniet hom, goedkoper en makliker as 'n nuwe lisensie vir 'n 300!  :D
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 30-06 Ackley

Post by Namib »

Hi B C

Baie dankie,sal dit so aan Johan oor gee.Hy het nog nie verander nie,net na 125 gr Nosler BT gegaan.Geweer skiet dit baie goed en nog plat ook daar by,baie plat.Tog weer eens baie dankie.

Groete
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2474
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by Nico Harris »

daardie velocitys wat julle daar gee is nie veel beter as die gewone 30-06 nie. ek laai in my 30-06 57gr s365 agter 180gr sst punte vir n velocity van 2750ft/s. as ek hom op 200m zero is hy ook 7duim laag op 300m... en 1.9 duim hoog op 100m. dan slaan hy nog n harder punch ook!! die ackley gebruik heelwat meer kruit vir baie minder spoed!!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by Louis Kriel »

Harris30-06 wrote: daardie velocitys wat julle daar gee is nie veel beter as die gewone 30-06 nie. ek laai in my 30-06 57gr s365 agter 180gr sst punte vir n velocity van 2750ft/s. as ek hom op 200m zero is hy ook 7duim laag op 300m... en 1.9 duim hoog op 100m. dan slaan hy nog n harder punch ook!! die ackley gebruik heelwat meer kruit vir baie minder spoed!!
Ek stem 100% met jou saam, 'n gewone 30-06 het meer as genoeg spoed. Ek kry 2740 met 54,5 gr S355 en as ek moet, gee 55gr net oor die 2800 fps. Ek dink egter nie dis nodig om oor 2750 te gaan nie.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by B C »

Ek is baie bly as jou geweer dit kan doen, maar gewere is soos vrouens, nie twee van dieselfde kaliber reageer dieselfde nie! ;D. My 30-06 kon nie by daai lading van 57gr  uitkom met 180gr punt nie, wanneer ek druk begin kry het met 180gr punte was sy spoed net oor 2700vps. 'n Mens moet maar kyk hoe jou geweer reageer en wat jy uit hom kan kry!
Last edited by B C on Sun Jun 20, 2010 8:39 am, edited 1 time in total.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by Wouter Roets »

Hallo Namib

Ek het ook n 30-06 Ackley. Ek skiet en herlaai al so 10 jaar met myne. Dit is absoluut waar wat die manne se dat daar nie n hengse verskil tussen die standaard en die Akley is nie. As jy na die selfde druk laai is daar maar op die meeste 50-75ft/sec verskil tussen die twee. Vir die meeste mense sal so n verskil nie noemenswaardig genoeg wees vir die addisionele geld en moeite nie. Hoor asb vir my mooi, ek se vir die meeste mense! As n mens so bietjie tegnies wil raak, en dit is mos hoekom ons hier met mekaar praat, is daar heelwat redes hoekom n mens die Ackley kan oorweeg. Die Ackley en gewone 30-06 se Saami en CPI drukvlakke is redelik laag, in die 30-06 60000psi en 58740psi onderskydelik. In die Ackley is is hy 58750psi. Met sterk aksies en ons huidige doppe kan n mens met redelike veiligheis die maksimum opskyf na so 62500psi. Om by hierdie vlak met ons S365 uit te kom moet n mens in die gewone 30-06 so hoog soos 112% dopfulling gaan(165gr). Hierdie saamgeperste vlak is defnetief nie na wense nie en met die opbreek van die stafies verander jy jou poeier se eienskappe aansienlik(die poeier word vinnigbrandend namate dit kleiner word). Met die Ackley verminder die samepersingpersentasie vir die selfde spoed.
Kopspasiering is een van die vernaamste faktore wat akuraadheid beeinvloed en ek vind dat dit heelwat verbeter met Ackley(Ek het dit gevind met al 6 my Akley's). Doplewe verbeter dramaties, soveel soos 50%! Die passing tussen dop en matyse is ook kleiner as met die standaard. Spoedvariasie word kleiner tussen rontes en baie mense het die stelling al gemaak dat looplewe verleng word(Ek kan nie komentaar lewer op die laaste stelling nie). Hierdie bly maar n persoonlike keuse. Daar is vir my maar net n groter vertrouensfaktor in my held as hy lekker bree skouers het.
Groetnes en lekker worstel met jou keuse !
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 30-06 Ackley

Post by Louis Kriel »

B C wrote: Ek is baie bly as jou geweer dit kan doen, maar gewere is soos vrouens, nie twee van dieselfde kaliber reageer dieselfde nie! ;D. My 30-06 kon nie by daai lading van 57gr  uitkom met 180gr punt nie, wanneer ek druk begin kry het met 180gr punte was sy spoed net oor 2700vps. 'n Mens moet maar kyk hoe jou geweer reageer en wat jy uit hom kan kry!
Toe ek S365 gebruik het, was dit ook my probleem. Die oplossing is S355. Volgens Andre Fouche van die herlaai vereniging is 355 'n baie stabiele dryfmiddel en die Piekdruk "pressure spike" is baie meer gematig as 335 en 365. Ek het 2740 gekry met 54,5 S355 en my vriend 2750 fps (Sako 30-06) met slegs 52gr S355. In beide gevalle was daar geen tekens van druk nie.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 30-06 Ackley

Post by Namib »

Hi Wouter

Dankie,Johan(Suidekind)se hy gaan sy 30-06 net so los.Skiet 125 Noslers en doen baie goed.Moet nog net so nou en dan die baas ook aan praat,maar die geweer is puik.

Groete
Post Reply