Page 1 of 2

Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 8:18 am
by pietjacobs
More mense,

Ons het gister die argument gehad dat jy moet nie jou teleskoop se vergroting stel nadat jy hom ingeskiet het nie, want dit verander jou POI? Is dit so, want dit klink nie vir my reg nie? Hoekom dan die opsie om die vergroting te stel. Ek verkies om op die grootste vergroting moontlik te jag, maar jy kan nie altyd op daai vergroting jou geweer inskiet, wan dan blurr alles.

As ek net tyd gehad het so ek dit self gaan toets het  ;D

Groete,
Piet

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 8:47 am
by Cobus(Cobb)
Hoe groter jou vergroting gestel is, hou meer "sensitief" vertoon hy op jou teiken.
Gaan kyk deur scope (sommer in jou tuin) op klein vergroting, hou hom op teiken en roer bietjie jou kop/wang...doen dieselfde met groot verstelling en kyk hoe dit verskil...
Glo nie dit sal ooit jou POI verander nie...

Cheers

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 8:54 am
by DWB
Nee wat, ek was ook bang daarvoor. Met my Burris skiet ek nou op 9x en netnou op 5x en so aan sonder probleme

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 8:56 am
by VdWalt
As jou scope op ander plek skiet as jy die vergroting op of
af draai moet jy jou krediet kaart vat en by  Stefan by SO
gaan kuier want dan het jy probleme.

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 9:33 am
by Monrique (SJ)
Piet

Wil my voorkom daar is iets fout met die scope! Baie scopes tot met 9x vegroting het nie parralux verstelling en word in die fabriek gestel op n 100yds, en gehoor sommiges op 150yds. Sodra jy na n groter vergroting oorgaan begin daai verstelling belangrik te raak en is hy nodig.
Ek het self ook 4x Burris scopes en hulle maak nie een so nie.

Jy sal moet laat kyk, dis amper jagtyd. (Watter teleskoop het jy tans, waarmee jy die probleem ondervind en hoe oud is dit?)

Groetnis

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 10:31 am
by Reggie Gerber
Jy gaan net i poi verskil sien as jy i ballistic recticle het en jy gebruik die lyntjies onder die hoof crosshair. Soos jy die vergrooting verander gaan daai lyntjies nie op dieselfde plek skiet nie maar jou hoof kruis sal nog.

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 10:44 am
by Vlakvark
+1 Reggie jy moet jou af merkies altyd op selfde vergrooting gebruik

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 11:09 am
by pietjacobs
Dankie ouens. Nee ek het nie daai probleem nie ons het maar net daaroor gestry gisteraan ;D

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 11:54 am
by Pvdw
Jy gaan net i poi verskil sien as jy i ballistic recticle het en jy gebruik die lyntjies onder die hoof crosshair. Soos jy die vergrooting verander gaan daai lyntjies nie op dieselfde plek skiet nie maar jou hoof kruis sal nog.
Ek dink die punt is waar die meeste verwarring inkom.

Peet

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 12:17 pm
by Chevvy SS
Ek sou graag hoor van die manne wat hul mening is rakende skiet op die baan vir akkuraatheid (papierbokke).

Iemand het genoem dat hoe meer die vergoting, hoe meer sensitief dit is tot beweging.

As jy 'n scope met 14 of 16 vergroting het, sal jy dus op 100m op 9x skiet en op 200m op 12x, 300m op 14?

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 12:43 pm
by Vlakvark
Chevvy SS

Op die baan skiet ek op x14 maar ek het SF op my scope so ek stel my parallax vir elke distansie

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Sun May 27, 2012 1:48 pm
by Zack Benade
Chevvy ss

Op die baan met 'n goeie rest skiet ek max wat ek kan. 
Alles hang van die kondisies af
Gister het die mirage op 200m baie geloop en ek moet terug na 28x.  As dit vroeg in die oggend is en die lug is stabiel skiet ek gereeld op 42x.
Vir jag hou ek maar by 12x.

Groete
Zack 

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 9:37 am
by Zack Benade
Daar is verskille op Nikon teleskope se point of impact.  ??? ???

S? jy het 'n 4-16 x40 scope.  Op 4x sal jy op 'n ander plek skiet as hy op 12x gestel is.
Gaan na die volgnede Nikon Site en sien self vir jou maak Nikon scope hoe verskil hy.

http://www.nikonhunting.com/spoton/index.php

(Dit gaan alles oor die rectical op die eerste fokus plane is)

Groete
Zack

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 10:38 am
by pietjacobs
Ag nee Zack. Nou gooi jy weer alles deurmekaar, lol So basies moet jy maar jou scope self gaan toets klink dit my?

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 11:07 am
by Vlakvark
Zack Benade

Ek het nou net vir DirtyOldsix op 'n ander topic ge vra hoekom gebruik hy verskillende maake scopes
So dit wys jou weer bly by een soort scope so dat al jou goed dieselfde is veral as jy 'n paar roere het

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 2:13 pm
by Zack Benade
Hallo Ludwig.

Jammer as ek die appelkar omgooi met halwe inligting maar dis waarom ek die website deurgegee het vir die ouens om mee te speel en self te besluit.
My vriend het met die program gespeel met sy Nikon scope en daar was verskille tussen vergrotings.  Ek sal vanaand die program laai en alles 100% uittoets.

Ek self was verbaas om dit te sien. 
Ek sal terugkom.

Groete
Zack
 

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 2:34 pm
by Chevvy SS
Vlakvark wrote: Chevvy SS

Op die baan skiet ek op x14 maar ek het SF op my scope so ek stel my parallax vir elke distansie
Hemel Zack, skiet jy dan met 'n sterrekyker? Hoeveel x vergroot daai bazooka dan?

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 2:46 pm
by Vlakvark
Chevvy SS

Jy het my en Zac nou omgeruil

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 3:27 pm
by Zack Benade
Zack, wat my betref, as 'n teleskoop se paralaks reg gestel is, moet die kruis se middelpunt altyd op dieselfde POI wees, ongeag die vergroting.
  Dis waar.

Hallo Ludwig
Jammer aan almal ---Ek het soos my ... gedink. 
Met DBC en Multiplex recticals, mildots sal die POI verskil.  Die programs sal vir jou aandui hoeveel.

Jammer as ek julle deurmekaar gemaak het.  Ek het nie gedink die ander aanduidings (DBC, Mildots ens) sal so verskil nie tussen vergrotings nie.
Ek hoop die nikon website sal julle van hulp wees.

Groete
Zack

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 5:35 pm
by Piet Pille
Ek is jammer om te se, maar op my  Leupoldt VX-II 3-9 x 50 is ek seker daar is 'n verskil.... Ek het dit by 2 afsonderlike geleenthede getoets. Nie baie nie - ek skiet 2.5cm laer en 1.5cm links op 9x vergroting waneer  hy center op 6x op 100m... 'n pel van my was by- hy reken dit is maar 'n algemene probleem met die goedkoper lyne teleskope...?? ???

Met sy teleskoop (Swarowski) het dit nie gebeur nie - tussen min en maks vergroting (ek dink dit was 2-12) het syne op dieselfde plek bly skiet.
My teleskoop verloor egter nie sy zero solank jy nie die vergroting stel nie. Ek sal dit weer die naweek gaan toets en die teikens hier pos as ek weer dieselfde kry.

Dis een van die redes waarom ek hier begin navraag doen het oor ander teleskope in 'n ander post. (Leupold VX - R en Zeiss Duralyt) En ook omdat my teleskoop se beeld duidelik swakker was by lae ligkondisies as ander (duurder) teleskope by dieselfde vergroting.

Miskien is myne net 'n "dudd" of "grys produk"?? ('n amerikaner het dit vir my uit VSA saamgebring)

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 8:46 pm
by Boesman
Pieter, in daardie geval sal die beste oplossing wees om die inskietwerk op maksimum vergroting te doen. As jy dan kleiner draai, gaan jou afwyking dienooreenkomstig kleiner wees. Dra jy dalk bril of kontaklense?

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 8:59 pm
by vlakvark1
Ek leer sommer baie uit die ''Topic'' uit ;)

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 9:49 pm
by Piet Breedt
As jou POI skuif as jy die middelste kruis gebruik om te mik wanneer jy aan die vergroting van die scope draai, is dit tyd vir n ander en beter scope. Geen variable scope moet dit doen nie. In die begin jare van variable scopes het dit op sommige voorgekom, maar dit moet nie vandag nog gebeur nie. As dit wel gebeur, stuur hom terug vir herstel of vervang hom.

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Mon May 28, 2012 11:07 pm
by Piet Pille
Boesman wrote: Pieter, in daardie geval sal die beste oplossing wees om die inskietwerk op maksimum vergroting te doen. As jy dan kleiner draai, gaan jou afwyking dienooreenkomstig kleiner wees. Dra jy dalk bril of kontaklense?
Nee, my sig is 5/5. Dit kan dalk wees dat ek altwee kere die skote getrek het na die verstelling (na links onder)........ Ek het nie getoets met 3 skoot groeperings op elke vergroting nie, net ingestel op 6x en toe gedraai na 9x en ander POI gekry met enkele skoot, maar beide keer dieselfde resultaat. Ek sal Sa-middag ordentlik gaan toets en teikens post. Dalk was fout by my.. ???

Re: Teleskoop vergroting en akuraatheid

Posted: Tue May 29, 2012 9:23 am
by Boesman
Hou ons asseblief op hoogte van jou bevindig. Ek stem saam met Piet B dat vandag se scopes dit nie moet doen nie,en sal net so graag soos jy die antwoord op die raaisel wil hoor.