Ek is jammer om te se, maar op my Leupoldt VX-II 3-9 x 50 is ek seker daar is 'n verskil.... Ek het dit by 2 afsonderlike geleenthede getoets. Nie baie nie - ek skiet 2.5cm laer en 1.5cm links op 9x vergroting waneer hy center op 6x op 100m... 'n pel van my was by- hy reken dit is maar 'n algemene probleem met die goedkoper lyne teleskope...??
Met sy teleskoop (Swarowski) het dit nie gebeur nie - tussen min en maks vergroting (ek dink dit was 2-12) het syne op dieselfde plek bly skiet.
My teleskoop verloor egter nie sy zero solank jy nie die vergroting stel nie. Ek sal dit weer die naweek gaan toets en die teikens hier pos as ek weer dieselfde kry.
Dis een van die redes waarom ek hier begin navraag doen het oor ander teleskope in 'n ander post. (Leupold VX - R en Zeiss Duralyt) En ook omdat my teleskoop se beeld duidelik swakker was by lae ligkondisies as ander (duurder) teleskope by dieselfde vergroting.
Miskien is myne net 'n "dudd" of "grys produk"?? ('n amerikaner het dit vir my uit VSA saamgebring)
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..