Page 1 of 1

Neil Viljoen- verkeerdevlei

Posted: Fri May 18, 2012 7:46 am
by Smirre
More
Neil praat oor jakkals/kat gedrag by verkeerdevlei BV(60km Noord van BFN) 23 mei 2012

Skakel083- 306- 0275

Re: Neil Viljoen- verkeerdevlei

Posted: Sat May 19, 2012 5:58 pm
by Christo
Julle kan maar gaan luister. Niel WEET.

Re: Neil Viljoen- verkeerdevlei

Posted: Mon May 28, 2012 9:21 am
by Smirre
more

Wat vir my baie interesant was van die praatjie is dat Neil reguit se die Boer moet die jagter gaan wys waar is die merkbosse en paatjies
Nie andersom nie

Re: Neil Viljoen- verkeerdevlei

Posted: Mon May 28, 2012 11:20 am
by tafjak
smirre

Ja, ou Niel wil maar eintlik h? dat die pantoffels vir die veldskoene geruil word!

Mooiloop

Re: Neil Viljoen- verkeerdevlei

Posted: Mon May 28, 2012 2:33 pm
by Smirre
Tafjak
Hy het daai presiesse woorde gespreuk

Dink net hoe lekker sal jy die jakkies jag as die boere die regte skoene aantrek.
Die ergste is die meeste boere het so stilweg erken dat hulle die skoene sal moet omruil!

Smirre

Re: Neil Viljoen- verkeerdevlei

Posted: Mon May 28, 2012 5:29 pm
by Louis102
Ek wil so effe verskil van Niel, alhoewel ek eintlik met hom saamstem.

Ek dink die boere wat weet waar die merkbossies, spore en paadjies is, gaan met baie gemiddelde vaardighede, selde 'n jagter nodig h?.  Stem saam dat die goeie "intelegensie" (verskoon die ou weerwag term) di? belangrikste komponent in roofdier beheer is - daarvoor moet die vellies maar aangetrek en deurgeloop word.  Nou los Niel weer die moeilikste en belangrikste deel vir die boer en die makliker deel vir die jagter?

Of pluk ek nou weer 'n lat vir my eie agterw?reld?

Re: Neil Viljoen- verkeerdevlei

Posted: Tue May 29, 2012 9:05 am
by tafjak
Louis

Ek dink(kuier gereeld daar en ry nogal 'n paar draaie ook saam met die ou), nee, ek weet dat hy maar graag wil h? die manne moet die vellies aantrek. Daarom die stelling van "julle moet die misbossies opspoor"! O ja, en dit help om natuurlik die jagter nog meer effektief te maak, bedoelende dat sukses gouer bewerkstellig sal word. Tyd is geld.

Om misbossies(kern gebiede) te kry as jy roepjagter is, is nou regtig nie 'n kuns nie, maar weet die kli?nt altyd waar dit is? Ek vertel en wys my kli?nte(ek jag nie vir onbetroubare kli?nte nie) die misbosse en die kerngebiede.

En wanneer kli?nte self die misbosse kry, is hulle o? ook op die grond!, en baie lekker om vir so man te jag.

Mooiloop

Re: Neil Viljoen- verkeerdevlei

Posted: Tue May 29, 2012 9:45 am
by Louis102
Taffie, ek het darem al self na ou Niel se praatjie gaan luister en 'n keer of wat bietjie met hom gesels.  Ek het baie respek vir sy kennis en benadering en kyk nadese met nuwe o? na die veld.

Wat my vorige post aanbetref:  Ek reken dat die opsporing van die kerngebied wel die hardste / tydrowendste werk is.  Indien dit wel akkuraat vasgestel word, is die roep en skiet - / slagyster stel afdelings eintlik baie "makliker" (as jakkalse nou nie opgeneuk is nie, byges?). 

Die punt wat ek wou maak, is dat dit (die opspoor van kerngebiede) die belangrikste werk is en vir my is dit regtig nie altyd so maklik nie.  Ons w?reld is maar groot en die jakkalsies wyd verspreid en dink omdat ons w?reld relatief droog is, is die loopgebiede van die jakkalse dalk groter as gemiddeld?  Ons moet dubbeld soveel velskoensole deurloop om agter die kap van die byl te kom.

So, tong in die kies wou ek s?:  As die professionele jagter vir my die misbossies en kerngebiede akkuraat opspoor, sal ek self die doodmaak werk doen.  Eintlik wou ek maar net so bietjie Tomcat en die ander voltydse manne op-"charge", ons sien mekaar mos een van die dae daar tussen die stoppellande?

Mooiloop
Louis

Re: Neil Viljoen- verkeerdevlei

Posted: Tue May 29, 2012 1:03 pm
by tafjak
Louis
Louis102 wrote:


As die professionele jagter vir my die misbossies en kerngebiede akkuraat opspoor, sal ek self die doodmaak werk doen. 

Ja, jy is ook 'n anner jakkals!

Wat ek eintlik wou s?: "Niel sal nie die eienaars(grond) op-charge en noem dat hulle die bossies moet soek en dit nie vir 'n rede is nie." O ja, ek sal lekker leef as die kli?nte al hierdie inligting vir my kan gee, maar ongelukkig is dit reeds waar 'dit nie gegee kan word waar die jakkalse hordes is.' Dink net Niel wil graag h? die manne moet maar so self bietjie uitspring en hulle klomp geld spaar en ook om jakkalse reg te jag. Om te weet waar hierdie stelle hou is natuurlik ook nog 'n voordeel wat inpas by boerdery metodes.

Aag wat, wat sal ons nou redekwawel hier. Party manne betaal eerder die ekstra nagfooi en so paar "geen sukses-aande" as om self so bietjie huiswerk te doen, met seker goeie rede ook. Weet nooit hoe elke ou se sake staan nie en net miskien is hy prokureur in die stad met so plasie hier en daar.

Mooiloop

Re: Neil Viljoen- verkeerdevlei

Posted: Tue May 29, 2012 4:15 pm
by Louis102
tafjak wrote: ... Ja, jy is ook 'n anner jakkals! ...
;D