Lekker naweek met 'n nadraai

Post Reply
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Lekker naweek met 'n nadraai

Post by Vlakvark »

Hi

Ons was die naweek uit  om 3 nuwe manne by te staan om te jag Dit is maar 'n program wat deur die verskillende takke van die ADA (Australian Deer Assosiation)
gedoen word om nuwe manne te help.

Hulle doen eers 'n kursus in jag (Hunter education training) van hoe om te loop ,wind, bietjie plante ,die verskillende spesies van deer in Australie ('n baie basiese kursus). Na die kursus kan hy dan aansoek doen vir 'n lisensie om in New South Wales te jag Hierdie jagte kan hy dan by die Game Council boek in enige van die state forrest wat oopgestel is vir jag.
Jy kan al die gebiede se kaarte op die Game Council se web werf kry. Dit is in blokke ingedeel soos in topografiese kaart waarop jy dan besluit waar jy wil jag en dan boek jy dit vir die tydperk wat jy wil gaan

Alle jagbare spesies is dan oop tot jou beskikking. Spesies behels gewoonlik Deer (Fallow,Red,Sambar,Rusa,) Goat,Hase, Fox,Varke,Wilde honde

En nou die beste van alles dit is gratis en verniet soveel as wat jy kan
Dit is makliker gese as gedoen jy moet baie werk in sit om te bepaal waar is wild en ja hoe dieper en verder jy in die forrest ingaan hoe beter jou kans, maar dit is nie soos op 'n plaas waar jy sommer 15-20 Fallow skiet tussen 3 ouens nie vir die naweek nie

Nou ja, voor ons hulle alleen los vat ons hulle eers vir 'n naweek uit na 'n plaas waar daar baie Fallow op is en help hulle verder, Neem hom veld toe laat hom skiet help hom om te ''field dress'' vat karkas terug na die huis waar ons slaap hang hom en terug veld toe om nog te skiet. volgende oggend help ons hulle om die vleis te verwerk in Nek ,Boude, Blaaie, Backstraps,binne fillets en Lieste
So neem hy dit huis toe om self verder te verwerk ;D ;D ;D ;D nogal sports ons het hom gewys op die kursus hoe om die vleis te verwerk maar daar is nie tyd om dit vir hulle op die jagnaweek weer te wys nie.

As hulle daai vleis begin werk kry ons nogal so paar oproepe. Ek het die been nou amper uit die boud maar nou weet ek nie verder en as hy uit is hoe moet ek hom dan nou weer verder verdeel en in steak sny. (KAN EK MAAR ALLES IN ROAST MAAK EN KOOK OF SOMMER ALLES NET ROAST EN AFVAL STUKKIES BLOKKIES SNY)vir stirrfries



Wel terug by ons naweek Ons het vrydag so ongeveer 14h00 by die plaas aan gekom ,alles afgepak, Skietbaan toe 100m 2 skote 75mm kol geweer check
Hier het die sports reeds begin. Een ou het my oor die telefoon gese toe ek hom vra op watter afstand hy gemaklik voel dat hy dood ok is tot op 300 en dalk nog so bietjie verder maar dat hy nou nie lekker voel oor 400m nie. Toe ek hom vra op watter afstand hy gezero het, het hy nie mooi verstaan wat ek bedoel het nie. hier het ek al begin twyfel. ek het hom probeer verduidelik hoe 'n koeel val en hy het gese hy sal die woensdag voor ons ry skietbaan toe gaan en  op 50m 100m 150m 200m 250m 300m  op dieselfde plek korrel op 'n teiken en die storie mooi bekyk om te sien of die koeel dan nou regtig laer sal wees want sy scope is mos dan mooi gezero op 100m Ek het hom gese dat ons nie oor 150m op die plaas skiet nie want die eienaar wil nie he ons moet dit doen nie.By die skietbaan het alles egter goed geloop hy het wel voor ons begin skiet vir my so met die ken in die rigting van die teikens gewys met groot oe gevra is dit regtig 100m dit lyk verder. maar alles het mooi geloop by die baan vyf manne 10 skote en ons was klaar een ou het wel so paar ekstra skote gegooi om sy 9.3x62 net beter te leer ken aangesien dit 'n nuwe wapen was .

Ons is terug huis toe om alles in orde te kry Mick  (groep leier) het gou 'n bok gaan skiet om weereens aan die ouens te wys hoe om te fielddress as hy more iets skiet
Ek het ondertussen begin vuur maak in die houtstoof vir hitte en met ander dinge aan gegaan. Hulle het ook die vleis gewerk tot Boude blaaie, nek, backstrap en lieste
Dit was amper donker toe almal terug is in die huis en hulle was nogal bly oor die vuur wat reeds geloop het Daar was kos gemaak geeet en lekker om die tafel gesels die manne het so een een weg geraak om te stort en in te kruip

Ek en Mick het die volgende dag bespreek en Mr 300m is aan my toevertrou vir die naweek en aangesien ons een mentor kort was sou Mick die ander twee manne vat Maar Mick wou eers vroeg oggend Mr 300m uit vat om te sien wat in hom steek  Hulle het terug gekom met 2 bokke maar daar was 3 skote
Mick het aan my gese dat ek die man onder 80m verkieslik 50m moes kry dan sou die dinge werk In die tyd het ek die ander 2 ouens uitgevat.  Die een het 'n bok geskiet en hy het die bok terug huis toe gevat terwyl ek en die ander ou aan gegaan het hy het toe ,n vark beer so 50kg met die 9.3x62 geskiet boude en backstraps uitgesny en die res gelos. ons het aangegaan en hy het so 15 minute later 'n Fallow doe lelik deur die pens geskiet. ons het haar gevolg en ek het haar met .270 verlos
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5315.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5316.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5319.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5321.jpg[/img]

Terug by die huis

Ons het vinnig geeet en weer uit want die manne wou baie vleis huis toe vat
Ek is terug veld toe met mnr300m hier het ek gou agter gekom hy wil sy eie kop volg as hy iets sien wil hy net agterna en hoor is min hy wil net die wind kyk en oor skaduwees en skuiling gebruik. neewat, dis tyd mors die wind is reg en ons moet hol  Ek kom toe op 'n skaap af wat in die modder vas sit en ek stop toe die jag om te probeer help ek klim deur die draad en trek dat ek blou word terwyl mnr300m vir die bokke bly kyk en later agter hulle aan is ek radio toe die plaas voorman wat my kom help om die skaap uit te kry  Ek is toe agter mnr300m aan wat so 400m agter die bokke aan is en nou staan en wag dat ek moet kom want ek mors sy tyd met die skaap resque.
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5324.jpg[/img]

                [img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5325.jpg[/img]

            [img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5329.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5331.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5332.jpg[/img]                         
                                                            By hom gekom wil hy net agter die bokke aan maar hulle weet van hom en ek verduidelik dat ons net weer met 'n ompad by hulle sal uitkom oor so 20 minute uit 'n ander rigting en dat dit baie makliker sal wees as om die groep van so sestig wat weet van ons te probeer verras . So 30minute later kry ek hom weer in op die trop sonder dat hulle van ons weet en op 70m se ek aan hom om die eerste bok van regs te skiet wat ek deur die verkyker beloer. Wel hy skiet toe 'n ander bok wat ek toe nie weet of dit raak of mis is nie die bokke bly toe maal en hy wil weer skiet waarop ek toe se nee nie voor ons seker gemaak het daar is nie iets reeds dood of gekwes nie
Ek het nader gestap na die plek waar die bokke gestaan het waarop daar toe 'n bok voor my opvlieg en hardloop met wat lyk soos 'n pens wat heel uithang so in die hardloop het ek 'n gelukskoot ingekry deur sy nek en dit was verby. hy het ook 'n skoot van agter my geskiet maar ek het eers na die tyd besef hy was agter my en toe te laat om daaroor te baklei Dit was 'n lang pad om uit te dra en ek het sy voertuig gaan haal terwyl hy ge" field dress "het. dit was amper donker toe ons by die huis kom

Almal het geeet en gesels om die tafel behalwe mnr300m hy het sy kos in sy kamer in die bed gaan eet. later het hy so bietjie kom gesels en gaan slaap
Terwyl ons lekker gekuier het en gewere en jag gesels het

Sondag ogend is ons vinnig weer uit en so almal teen 9h00 terug by die huis wees
Ek en mnr300m is weer saam ons het vinnig 'n troppie bokke so in die mis raak geloop die mis was egter baie dig en ons het so bietjie gewag ek kon nie my range finder in die mis gebruik nie maar het vir hom gese dit is nie verder as 50m nie toe die skoot loop le die bok baie hoog deur die longe maar sy was dood voor ons by haar was

Die voertuig was so 800m van ons af en ek het gese ek gaan sy voertuig haal hy kan die pens uit haal en die bok draad toe sleep wat gras en grond op die vleis kan laat kom of hy kan die bok net so 50m draad toe sleep en daar pens uit haal wat beter en skooner sal wees waarop hy my andwoord ek gaan die pens eerdre hier uit haal dan kan jy my mos help sleep as jy my kar klaar gebring het. teen die tyd was my moer meter rooi. ek het die voertuig gebring en hy het nog niks gedoen nie want hy wil he ek moet video neem terwyl hy slag

Terug by die huis het hy bo op sy koeler box gaan sit en 'n poging aangewend om toe die karkas op te breek. ek het gesien ons sit volgende week Sondag nog hier en het die vleis gaan bewerk. toe dit klaar is wou hy net ry en ek het gese dat hy eers al sy bene en velle moet gaan weg gooi by die vullishoop en dan moet ons huis skoon maak. Ja nee se hy ons moet eers skoonmaak. hy het sy velle weg gaan gooi, terug gekom by sy voertuig rond gestaan en baie besig gelyk. almal het gehelp en die huis is skoon gemaak, die koelkamer alles gedoen sonder dat hy 'n vinger geroer het Toe se my vrou jy moet asb net jou kamer stofsuig toe se hy maar hy het nie daar vuil gemaak nie

Ek voel nie soos 'n RSM op so jag uitstappie nie. ek wil nie hiet en gebied nie daarom gee ek 'n ou genoeg tou om homself te hang. 'n ou moet hom aan my bewys. baie ouens gaan vir 'n paar keer saam op die jagtogte voor hulle hulle eie vlerke sprei en hulle eie ding doen En dit is leker om te sien as hulle vir 2de 3de keer kom en mens sien die meer selfvertrou om die skoot te laat loop of hoe hy beter en vinniger slag
Maar die ou sal nie weer saam gaan as ek betroke is nie en ek was regtig aan die begin so bly die ou kom want hy is ook 'n BOER menend Afrikaans sprekend. Ek is eintlik skaam om te erken hy is Afrikaans, want selfs die Ausies is nie so sleg nie. Lui se moses! Die een Ausie het reeds vir my vrou op Facebook 'n boodskap gestuur om dankie te se vir die goeie 'mentoring' van die naweek. Dit is die 2de keer dat die ou saamgegaan het. Ek sal enige tyd vir hom mentor. Hy is bereid om te luister en wil net altyd help. Hy dra sy eie bok uit. Hy glo nie daaraan dat 'n  voertuig gehaal moet word om dit makliker te maak nie - hulle is mos maar klein. Die wat die naweek geskiet is weeg uitgeslag tussen24en 32kg.
Image
Image
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Lekker naweek met 'n nadraai

Post by Vlakvark »

Ek moet darem se toe mnr300m daai bok geskiet het wat se pens uit gehang het

Die skoot is skuins voor in deur die bokant van die hart en die long dit was Federal Power Shok die koeel moes opgebreek het want daar was 'n exit wond deur die ribbes en haar maag vel is ook oopgeskeur haar pens het egter uitgeval terwyl hy weg gehardloop het nadat ons nader gekom het.
Image
Image
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Lekker naweek met 'n nadraai

Post by Marc »

Lekker Vlakkie  8)

Dit was 'n bedrwyige naweek  :o, dalk gaan dit oor die algemeen so, die dat hulle reken jy kan maar skiet wat jy sien  ;D ;D ;D ;D

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Lekker naweek met 'n nadraai

Post by Gerhard »

Mooi man Vlakkie...

Ja n man kry seker maar oorals van die "lui" manne.

Selfs onder die Afrikaners.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lekker naweek met 'n nadraai

Post by wlm »

Vlakkie
As ek jou storie so lees kry ek sommer vir die ou se part skaam. Ek moet se dat emigrasie darem sy goeie kant ook het. :)
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Lekker naweek met 'n nadraai

Post by Vlakvark »

wlm wrote: Vlakkie
As ek jou storie so lees kry ek sommer vir die ou se part skaam. Ek moet se dat emigrasie darem sy goeie kant ook het. :)
;D ;D ;D ;D ;D ;D Ja WLM Ek het nou nie dadelik die emigrasie stukie gevang nie maar ja ek hoop jy emigreer weer
Image
Image
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Lekker naweek met 'n nadraai

Post by wlm »

;D ;D ;D ;D
Skerp ou Vlakkie!
Post Reply