Tromprem

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Tromprem

Post by Chevvy SS »

Ek het identiese trompremme op my 7x64 en 300 WM.

Die goed klap mens egter dat jou ore tuit!

Is daar wat sagter op die oor is, of kan 'n mens iets aan die bestaandes laat doen?
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Tromprem

Post by grumpy »

Terminator knaldemper! So sag soos n baby se g-t!!! ;D
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Tromprem

Post by Chevvy SS »

Nee man Grumpy, dis nie die antwoord wat ek soek nie.....

Kan harder wees as babaholletjies.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Tromprem

Post by Wouter Roets »

Hallo Chevvy

Gaan loer bietjie onder Arnold se terugvoering van Baboonstalker se tromrem. Dit blyk verseker so te wees dat nie alle trompremme dieselfde is nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Tromprem

Post by Louis Kriel »

Chevvy SS wrote: Nee man Grumpy, dis nie die antwoord wat ek soek nie.....

Kan harder wees as babaholletjies.
Muzzle brakes klap die enamel van jou tande af punt.  Daar was saterdag 'n ou met een op sy 270 Win en hy het almal om hom weggejaag.  'n knaldemper doen alles wat die tromprem doen sonder die lawaai!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tromprem

Post by Arnold »

Skroef hulle af en skiet dan, dalk help dit?

Ek is baie tevrede met my demper en ondervind gladnie die probleem nie!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Tromprem

Post by Monrique (SJ) »

Chevvy

Watter tipe tromremme gebruik jy? Dalk kan Pieter, aka- Baboonstalker, net van die "ports" bietjie verander of nog bysit om te help met die klank.

My MB wat ek van hom afgekry het vir toets doeleindes, is nie so hard soos sommige ander make nie.


Groetnis
SJ
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Tromprem

Post by Boertjie »

Ek wil graag weet by die slimmer manne.Wat doen n MB wat n silenser nie doen nie?
Ek bedoel nie snaaks nie maar ek ken nie n MB nie

Boertjie
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Tromprem

Post by Monrique (SJ) »

Boertjie

Eerstens kan hy maak dat jou geweer nie swaar en lomp word soos met n KD nie. Dit is seker die belangrikste aspek wanneer die geweer gebruik word op loop en bekruip jagte. Dit maak dat jy nie vir jou dood dra nie.

In die kompetisies word dit ook gebruik om die recoil te verminder en maak die "geraas" nie saak, jy wil net so min as moontlik terugskop he en mooi kan deurvolg.

Met n KD is dit soms moeilik om die geweer lekker te hanteer wanneer n ekstra +-500gr vooraan bygesit word, en as die roer dan self ook swaar is, word die spul n ongemaklikke affere.

Groetnis
SJ
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Tromprem

Post by Boertjie »

SJ

My geweer het n dik loop, 28 duim met n terminator voor op, so hy is m--r lank.Beter kan hy nie groepeer nie en die gewig laat hom vas le.Recoil weet ek nie van nie.
As jy in die bos jag skiet jy mos nie ver nie, so as jy n duim groepeer op n 100m songer hom, wat wil jy meer he?(hoever wil jy in die bos skiet?)

Vra maar net
Boertjie
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Tromprem

Post by Monrique (SJ) »

Boere

Dit gaan nie oor hoe ver jy wil skiet, maar eerder die recoil verminder.

Groetnis
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Tromprem

Post by Boertjie »

SJ

Haal hy dan meer recoil uit as n silenser?Ek kan nou verstaan dat hy vir kompetisies sal kan werk.Maar as jy jag weet jy in elk geval nie van die recoil nie.En as die recoil jou so pla, dink ek moet jy skietbaan toe en oefen want dan is jy bang vir jou geweer en dit is waar kwes skote vandaan kom.

Boertjie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Tromprem

Post by tripodmvr »

Ek kan nog verstaan met MB op 300 WM, maar op 270 en 7x64 - asseblief. Geen wonder ek verwys na hulle as moffieproppe.

Die' goed is dodelik vir gehoorverlies. Alles en almal wil deesdae of MB of knaldemper opsit. Lyk my niemand loop meer en jag nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Tromprem

Post by Boertjie »

Ek wil graag weet, hoekom wil n mens met n MB jag?As jy n silenser op jou geweer gesit het, en jy wil nie met die geweer loop en jag nie(want hy is te swaar), hoekom het jy hom dan die silenser gekoop?
My 243 het silenser op en het n lang loop, hy skiet net jakalse.My 308 het ook n silenser, maar hy gaan oor die loop en ek kan n kop skoot op n 100m uit die vuis lekker skiet met hom.So hy is nie lomp nie en hy dra ook nie moeilik nie.

Ek wil net weet, hoekom wil jy n MB op n jag geweer sit?
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Tromprem

Post by Armand Steenkamp »

Dink dis maar persoonlike smaak, n man kan seker met sy roer doen wat hy wil.
Maar ek hou ook baie meer van n demper!Baie sagter op die oore!

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Tromprem

Post by Monrique (SJ) »

Tripod

My 308 kan maar n moffieprop ophe, ek gee glad nie om. Dis tog ek wat met hom skiet en nie iemand anders.
Meeste manne waarvan ek weet jag nie met diew MB nie, meestal vir kompetisie skiet, soms word hulle we'll in die veld gebruik.

Soos Armand se, dis maar elke man se keuse.

Boera: hoekom sit n man n MB op sy roer??? WANT HY KAN MAAT!!! Hahahaha

Die topic van Chevvy is nou al so ge-hi-jack. Hy het net gevra hoe om syne dalk "sagter" te kry.

Groetnis
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Tromprem

Post by tripodmvr »

SJ wrote: Tripod

My 308 kan maar n moffieprop ophe, ek gee glad nie om. Dis tog ek wat met hom skiet en nie iemand anders.
Meeste manne waarvan ek weet jag nie met diew MB nie, meestal vir kompetisie skiet, soms word hulle we'll in die veld gebruik.

Soos Armand se, dis maar elke man se keuse.

Boera: hoekom sit n man n MB op sy roer??? WANT HY KAN MAAT!!! Hahahaha

Die topic van Chevvy is nou al so ge-hi-jack. Hy het net gevra hoe om syne dalk "sagter" te kry.

Groetnis
Dit is maklik om te s? omdat jy kan. Geen wonder julle skiet beter as die ander manne in die kompetisies nie. Die Engelse gesegde s? "you blow them all away". Dit is presies wat gebeur. Jou twee buurmanne is toe onder die stof en hulle kry die slag ook in hul ore en sinusse. Hul tandartsafsprake is ook minder agv die plaak wat afgeskiet word.

Ek dink dit is 'n apparaat wat jou bevoordeel met terugslag, maar uiters steurend is vir die mense om jou. Jou gehoor baat ook nie daarby nie. Weet ook van geval waar 'n teleskooplens beskadig is deur vlieende klippe.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Tromprem

Post by Geno »

tripodmvr wrote: Lyk my niemand loop meer en jag nie.
Oom Driepoot.
Met alle respek ges?, waar kom oom aan die snert?
Ek LOOP en jag baie maklik en suksesvol met 'n KD op my .308.
Ek het al meer as een skoot in 'n trop swartwildebeeste gekry agv die KD. Die diere weet nie so mooi waar die skoot vanaf kom nie. Dis die grootste voordeel van die KD.
hulle kry die slag ook in hul ore
Is dit dan nie verpligtend om gehoorbeskerming op 'n skietbaan te gebruik nie?

As KD's en sg. "moffieproppe" nie Oom se koppie tee is nie, los dit.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Tromprem

Post by Jakkalsgat »

Boertjie wrote: En as die recoil jou so pla, dink ek moet jy skietbaan toe en oefen want dan is jy bang vir jou geweer en dit is waar kwes skote vandaan kom.
Tripod en Boertjie

Ek loop en jag gemaklik met my geweer met silencer op en maak dat die wild net minder skrik en weghardloop as jy met hom skiet (my dik lyf maak dit moeiliker as die KD). Die ding maak die recoil baie minder en dis nie 'n geval van bang vir jou geweer nie maar dit is sagter op jou liggaam recoil sowel as jou gehoor en is dit maar nodig om jou liggaam ook te beskerm.

Daar is soveel meer voordele as net die nadele dat dit jou geweer swaar maak en bietjie van jou spoed wegneem. Die MB maak jou ore seer en as jy met oorbeskerming moet begin jag hoor jy nie die wild nie, behalwe vir die lawaai doen hy dieselfde as KD so hoekom dan nie KD eerder opsit nie

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: Tromprem

Post by hebron »

Ek reken di`s n persoonlike keuse wat jy wil opsit;
n KD - raas min vat so n bietjie stamp weg en gee jou dalk meer skietkans in die jagveld.
          jou jagbuddies hou ook somer meer van jou, jy jaag nie al die bokke na die verste hoek op die plaas nie!

n MB - raas genoeg; almal in die jagveld weet wanneer daai stortkop blaf!
          recoil- wat`s dit; die maat wat jou met die vuis stamp omdat jy so-pas sy ore vir goed m@#&-toe geblaas
          het van oor die bakkie se kap skiet!
LAAT-LOOP
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Tromprem

Post by Armand Steenkamp »

Hebron,

Ek gan met jou verskil. Mater sj het n demper en n MB.Ek vra hom toe ou hy n groot verskil aan die trugskop tussen die 2 kan agterkom.Hy sal nou beter kan se maar die bietjie wat die MB die trugskop meer demp gan jy mooi moet voel om agter te kom.

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Tromprem

Post by Marc »

hebron wrote: Ek reken di`s n persoonlike keuse wat jy wil opsit;
n KD - raas min vat so n bietjie stamp weg en gee jou dalk meer skietkans in die jagveld.
          jou jagbuddies hou ook somer meer van jou, jy jaag nie al die bokke na die verste hoek op die plaas nie!

n MB - raas genoeg; almal in die jagveld weet wanneer daai stortkop blaf!
          recoil- wat`s dit; die maat wat jou met die vuis stamp omdat jy so-pas sy ore vir goed m@#&-toe geblaas
          het van oor die bakkie se kap skiet!
Ek is geneig om met jou te wil saamstem hebron  ;)

Dis eintlik net almal wat NIE agter die roer sit wat nie van 'n tromprem hou nie  ;D Op die kleiner kaliber, soos 243, glo ek nie jy gaan die verskil tussen 'n MB of KD  "voel" nie, MAAR kom oor na die groter kalibers, waarvoor MB eintlik ontwerp is en mens kom gou agter dat daar wel 'n verskil is tussen die twee se aanwending  8) 

Nog 'n topic wat mens eintlik binne perspektief/konteks moet redeneer  ;D ;D ;D

My 2c

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tromprem

Post by Arnold »

Moffieprop, kom nader dat ek jou kan soen want ek laaik my MB vreeslik!
Dit is 'n awesome stukke toerusting en met die ontwerp MB (Baboonstalker) wat ek gebruik kla die mede skuts op die baan ook nie.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Tromprem

Post by Armand Steenkamp »

Ek is seker maar net bietjie bang vir sy blaf!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Tromprem

Post by Marc »

Armand Steenkamp wrote: Dink dis maar persoonlike smaak, n man kan seker met sy roer doen wat hy wil.
Maar ek hou ook baie meer van n demper!Baie sagter op die oore!

Groetnis
Reeds waar die prag inkom van MB:

Hy blaf net, hy kan nie byt nie want sy tande is getrek  ;D ;D ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply