Page 1 of 1
Peter Meszarich teleskoop
Posted: Fri May 04, 2012 7:48 pm
by B C
Weet iemand dalk iets van 'n Peter Meszarich teleskoop? Is dit nie maar dieselfde as 'n Nikko Stirling nie? Ek het so 4-12*56 by iemand gekry wat se kruishaar af is en wil weet of Nikko Stirling parte sal werk op hom. Hulle stelskroewe lyk dieselfde en die doppies pas mooi op mekaar.
Re: Peter Meszarich teleskoop
Posted: Fri May 04, 2012 8:12 pm
by Jakkalsgat
Peter Meszarich is 'n geweersmit in Kimberley wat vroeer jare by Popes, wat 'n sportwinkel was in Kimberley die smit was. Ek verneem dat die moelike oompie nogsteeds in Kimberley besigheid doen. Ek is nie seker of hy teleskope gemaak het nie maar definitief baie netjiese wapens.
Groete
Jaco
Re: Peter Meszarich teleskoop
Posted: Fri May 04, 2012 8:21 pm
by raychell
Peter het eers teleskope van Japan af ingevoer maar die latere goed is van China af ,Soos met die Roelof teleskope as jy genoeg koop druk hulle enige naam daarop . Ek glo nie die Mezarich teleskope is dieselfde kwaliteit as die Roelof nie ,maar bel Peter en hoor of hy die kruis sal laat regmaak hy het vir my so paar jaar terug gese dat hy hulle op sy .378 toets en hulle hou glo goed.
Raynie
PM my as jy tel nommer soek
Re: Peter Meszarich teleskoop
Posted: Fri May 04, 2012 8:41 pm
by B C
Dankie, ek sal hom seker op die ent kontak vir die regmaak. Ek weet van die oorvriendelike oompie en ek glo hy sal hom kan regmaak, maar hy gaan my nie die antwoord gee wat ek soek nie. Terwyl ek daaroor rondkrap sal ek solank werk aan my russies-engelse aksent, of engelse-russiese aksent!
Re: Peter Meszarich teleskoop
Posted: Fri May 18, 2012 7:37 am
by blaser
aantal verkope is nie nootwendig aan kwaliteit gekopel nie die heel duur teleskope is die beste kwaliteit maar verkoop die minste
Re: Peter Meszarich teleskoop
Posted: Fri May 18, 2012 8:15 am
by Zack Benade
aantal verkope is nie nootwendig aan kwaliteit gekopel nie die heel duur teleskope is die beste kwaliteit maar verkoop die minste
Ek stem saam met jou Remington.
Die gemiddelde jagter wat net een of twee keer 'n jaar gaan jag kyk na prys en dan na kwaliteit.
Met die ekonomiese omstandighede van SA is prys vs kwalitiet 'n uitdaging vir enige verkoopman.
Self die mindere goeie scopes se pryse word gelaai om met die beter make te kompiteer. Dis een manier om vir die skietwereld te wys jou scope is kwalitiet al word hy in China gemaak.
Groete
Zack
Re: Peter Meszarich teleskoop
Posted: Fri May 18, 2012 8:34 am
by Geno
remington wrote:
aantal verkope is nie nootwendig aan kwaliteit gekopel nie die heel duur teleskope is die beste kwaliteit maar verkoop die minste
+10000000!