Lucas Potgieter het die vinnige kalibertjies mos gedoop die "Bietjierige Bliksems"...
Ek kan maar net se dat vir my te lekker is om 'n geweer te he wat so goed kan skiet
Op haar een punt is 'n Clarence Terminator silencer ingeskroef en op die ander is 'n rubber recoil pad vas. Die Terminator is definitief 'n must have - die recoil pad seker nie. Maar dis mos maar hoe dit werk: dis die kombinasie van alle nodige en onnodige dinge tussen daardie 2 punte wat haar maak wat sy is: something magical.
Sy't 'n stainless steel, bull barrel, free floating, Vektor loop op. Die loop het ek laat "blue" - wil nie he dit moet in die maanlig blink nie. Ek weet nie wat's die twist nie;ek weet net dat dit wat ek vir haar laai, vir haar werk. Sy doen selfs nie te vrot met fabrieksammunisie nie...
Die Harris bipod kon maar net sowel aan haar vasgesweis gewees het - ek haal die nooit af nie.
Ek het 'n Zeiss scope gebruik, maar het intussen oorgeskakel na 'n Leupold VX-L 6.5-20x56mm. Die top end Zeiss se optics is beter - maar ek is nie bereid om 'n klein karretjie se prys daarvoor te betaal nie. Maar saam met die caller en die stoel is die scope seker net so belangrik soos die geweer - wat dink julle Manne?
Sy't 'n Mausser aksie en 'n Timey sneller in haar harde hout kolf - wat gesny is volgens my mates.
En ek wil nie aan haar peuter nie - ek's te bang ek versteur daardie "iets"; sy't mos al op 200 meter deur dieselfde gaatjie geskiet...Iets wat net ek en sy van weet...en die ou teiken vasgeplak op die herlaaikamer muur.The greatest enemy of good enough is to strive for perfection. As dinge skeef loop, sit ek dalk met 'n ding wat sommer net plein sleg is. En dan gaan ek lang trane huil.
Tog - daar is dingetjies wat krap. Sy voer nie haar rondtes goed genoeg uit die magasyn nie. In die nag is dit 'n probleem - want om die probleem uit te sort van 'n rondte wat vassteek, moet ek my koplig aanskakel. Not good as Jakkie op die menu is nie. En wat help dit my dat die rondte perfek herlaai was, net om dit deur al die gesukkel gebuigd in die kamer in te stamp?
En dan is daar mos die ding van die gevuurde doppe wat so snaaks lyk - elkeen het so 'n snaakse patroon op afgeets. As ek nie herlaai het nie, was dit seker nie 'n probleem nie - maar hoe kan ek nou verseker wees dat een van daai ou'tjies volgende keer onder aanvaarbare druk nie gaan faal nie? My wapensmid se dis omdat die vorige man wat die kamer gesny het, dit te vinnig probeer doen het. Die Vektor staal is baie hard en het tyd nodig om stadig gesny te word - dat dit krapmerke is wat so maak. Hoe klink dit vir julle - al van so iets gehoor?
Anyway, sy is nou by hom. Ek weet sy's in goeie hande. As hy haar skete nie kan regdokter nie, sal niemand anders kan nie.
Ek plaas my herlaai nota's - maar met die addendum dat dit net 'n riglyn is en dat goeie herlaai praktyk steeds gevolg moet word vir jou geweer se unieke drukprofiel. (Maar as jy dit net so wil gebruik, ek ken 'n paar goeie hand -en oog chirurge...)
Groette
Stofs
My 1?e keusse:
Norma dop = 55.6 mm
Optimal TPL = 61.1 mm
Maximum TPL = 61.25 mm
Case neck thickness = 0.33 mm
Benchrest primers
Punt: 55 gr Berger
Kruit: S355 = 41 gr
3886 ft/s
dan
Winchester dop = 55,6 mm lank
TPL = 67,4mm
CCI Magnum Primers
Punt: 55 gr Hornady VMax
Kruit: S355, 37.5 gr, max 39.
Of
Punt: 50 gr GSC
Kruit: S361, 49 gr,
3800ft/s
AOL 84mm
Norma dop
TPL = 57.5 mm
Benchrest primers.
Punt = 50 gr GSC
Kruit: S341, 38.5 gr
3800 ft/s
