PMP Pro Amm vir jag
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
PMP Pro Amm vir jag
Goeiedag manne , ek is nog nuut op die forum , en wil graag raad vra, ek het gesien hier is manne wat weet van . Ek het onlangs ontvangs geneem van n cz 30-06. Tot dusver baie gelukkig met die wapen en al 200 rondtes met die geweer, op n skietbaan geskiet. Ek herlaai nie self nie ( nog nie ) en het n jagnaweek die eerste week in Mei maand. Ek het al baie gejag en het genoegsame skietvermoe , en al vele bokke laat hang , nog nooit met n eie geweer nie. Ek het my geweer ingeskit met. PMP Pro Amm , 180 grein , en die groepeer baie goed. Ek was gister by huntex gewees , en rondgevra ivm Pro Amm Vir jag doeleindes , en die manne daar se oppinies verskil werelde . Op my lysie is koedoe , waterbok, nyala, rooibok en dan n bwb sou ek hom raakloop. Ek sal graag julle opinie wil hoor ivm PMP PRO AMM 180 grein vir jag , dankie byvoorbaat, Michiel
CZ 550 243 Winchester
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
- velskoen
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Sat Mar 03, 2012 7:48 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Michiel ek het vir jare lank net 180 gr Pro-Amms in my .30-06 gebruik op alles tot by Koedoe en nooit 'n probleem gehad nie. Bygese, ek het laasjaar 'n Elandbul met die .30 06 geskiet, gelaai met 'n A-Frame, skouerskoot, en sou nie daai skoot gewaag het as ek nie 'n A-Frame of iets soortgelyks gebruik het nie. Daai skoot (op die skouer) sou ek nie met 'n PA geskiet het nie.
22lr (BSA), 22lr (S&W K22), 223 Rem (Tikka T3), 270 Win (Mod 70), 30-06 Sprg (Mod 70), 300 Win Mag (Mod 70), 375 H&H Mag (Mod 70), 9mm (BHP), 40 S&W (G23), 44 Rem Mag (Redhawk), 45 ACP (1911), 12 Br o/u (Brno ZH-301), 12 Br Pomp (Win SXP)
-
Johanwb
- Newbie

- Posts: 33
- Joined: Wed Apr 18, 2012 9:29 am
Re: PMP Pro Amm vir jag
Sit met die selfde probleem en gewonder of ek dit moet gebruik, want almal se opinies verskil. Vra toe van die ou manne wat hulle voorstel en die antwoord wat kry is "wat ookal die koperasie aan hou" So gaan nou volgende week met PMP Pro amm se 168gr in my .308 jag. Kudu en blesbok.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Dagse vanuit Suid-Wes Michiel.
Ek stem volkome saam die manne sover.
Ek jag met .270 en 30-06 en vir die afgelope 10 jaar gooi ek net PMP Pro-Amms.
Selfde diekant - jakalse, vlakvarke, springbokke, blesbokke, gemsbokke, kudu en elande gejag met Pro-Amms en ek self het nog geen probleme ondervind nie. Inteendeel, my 2 x Weatherby sannas groepeer die beste met die koels uit die 4- of 5 brands wat ek in die begin probeer het.
Ja almal het maar hulle favorite koels, en manne het baie te se oor baie koels - laat jou groeperings op die baan maar die praatwerk doen - die koel self sal sy deel doen in die veld - het vir my al vir jare.
PS: Ek vind net oormatige vleis verlies met die .270 Pro-Amms op springbokke veral bladskote - moet gewoonlik anderkant se blad vir die honde gee....eishhhh
Ek het vir my nou PMP African Elite koels bestel - die bestaan blykbaar uit die A-frame wat 'velskoen' hier noem - blykbaar n beter gekonstruktueerde koel en digter / harder so jou vleis verlies sal minder wees en penetrasie deur been behoort ook beter te wees. Sal sien wat die oukies doen as ek nou jagseisoen gaan jag met hulle - veral in die .270 Kos n helse klop geld, so ek hoop hulle presteer.
Om af te sluit - met PMP Pro-Amm is daar geen fout in my oe nie - looi daai bokke ou maat en geniet daai biltong en steaks en wors - en die jag!
Groete en beste jag-wense

Last edited by FHM on Fri Apr 20, 2012 1:40 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Dis so dat PMP Pro Amms al baie bokke geskiet het en nog vir baie jare ook dit gaan doen.
Maar dit is nie 'n premium punt nie en behalwe die vleiskade, eendag is eendag dan breek daai punt op die skouerbeen van 'n RW kudubul in stukkies en jy is uit 'n klomp geld sonder 'n bok - net omdat jy miskien R5.00 per koe?l wou spaar.
Voordat ek PMP se African Elite reeks (premium koe?ls) gebruik, koop ek eerder Hornady Interbonds wat goedkoper is en ook premium koe?ls is.
FHM - Die vraag gaan oor jag en dis waar die praatwerk gedoen moet word - nie net op die baan nie
Ek haat mors vleis!! Jag is te duur daarvoor

Net my 2c
Groete

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Jy kan maar daai 180gr in die 3006 skiet.
Met die regte skoot plaasing ry jou bokke bakkie.
Jy het reeds met die patrone ingeskiet en is tevrede met die groepeering. So jy het reeds baie selfvertroue in jou geweer en ammunisie kombinasie.
Gaan geniet die jag en onthou om fotos te neem en te kom deel...
As jy begin herlaai kan mens erg lekker rond speel met die verskillende punte wat op die mark is...

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Boesman
- Sr. Member

- Posts: 447
- Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Michiel
Ek kan sien die manne en kenners het jou lekker deurmekaar gemaak.
PMP Pro Amm koeels is nie premium koeels nie, maar sal die werk doen. Werklike premium koeels sal die werk beter doen.
Baie VW Beatles het geloop Kaap toe en terug, maar die nuutste Golf GTi doen dit beter.
Ek skiet ook wanneer nodig sonder skroom met Pro Amm, maar weet daar is beter koeels.
Hoop jy beplan om te begin helaai.

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: PMP Pro Amm vir jag
Nee wat, skiet net die bok agter die blad en ek belowe jy hy gan nie ver gan nie!
Grtoetnis
Grtoetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Pro-amm is goed vir 99% van die kere wat hy die teiken tref en ek sal dit met die grootste gerustheid gebruik as dit is wat in jou geweer werk. Alle koe?ls kan faal en daarom my proviso in die begin. Ek het in my 7x64 gevind dat dit baie akkuraat was en het 3 rooibokramme vir plaasrantsoene met 3 skote platgetrek. Vir my eie vleisgebruik verkies ek koper projektiele.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: PMP Pro Amm vir jag
Naand vriende, ek deel gou die volgende met julle.
My broer het laas jaar 'n gemsbok bul met my 7x64 geskiet met 150gr pmp pro amm. Perfekte bladskoot op 150m, bloedkol sit maar na kilos se stap nie die bul gekry nie. Die boer het later die week die bul uit die trop geskiet. Ongelukkig het ons nie self die skade gesien nie maar volgens hom het die koeel heeltemal op gebreuk en minimaal penetreer. Sy gevoel was ook dat die skootplasing 100% was.
Dit was dalk die 1 uit 'n 1000 swak rondte gewees, maar my gevoel is dat ek nie weer pmp sal gebruik vir jag doeleindes nie omrede dit swak ammo is wat nie perform soos dit moet nie (VOLGENS MY ONDERVINDING)
Ek kry baie meer genot daaruit om my eie ammunisie te laai en voel ook baie meer gerus as ek in die jagveld kom.
Vat 'n pakkie pmp proamm en gaan meet die spoed op so 5 ,meet dan ook die ogive lengte op 'n paar en trek 'n paar koeels en weeg dit. Die laat my baie ongemaklik voel.
Uit regverdigheid moet ek noem dat my pa glo in proamm en dit jare gebruik met baie goeie resultate. As jy praat van spoed, ogive en daai dinge sal hy my kyk of ek mal is. Hy s? mos, "ek maak nie die goed nie ek skiet hulle net"
Ek is nie bereid om die kans te vat nie.
Mooi loop
KK

Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Goeiedag Manne,
Baie dankie vir die oorweldiginde terugvoer, ek waardeer dit baie !!
Uit al die reaksies, gaan ek vir die jag hou by die Pro Amm's ek is bereid om meer te betaal vir n premium rondte, maar dink nie dit is n goeie idee om nou so kort voor die tyd te moet verander nie, netnou kry ek nie die resultate met nuwe ammuniesie nie, en op hede kan ek nie weer die inskiet proses voltooi, en die gemoedsrus rondom akkuraatheid in my geweer werk tans baie goed vir my met die ammunisie. Ons stads japies het ongelukkig nie altyd die voordeel om so baie tyd op die skietbaan te spandeer nie. Alhoewel oor die afgelope 4 naweke, was ek amper elke beskikbare dag daar.Het gister weer so n pakkie en n half uitgeskiet, en nogsteeds groepeer die geweer op n R2 oor n 100m, daar waar jy aanle. ( en ek is nie een van die mees ervare skuts nie ).
Ek gaan beslis meer met verskillende ammuniesie begin rondspeel, en ook seker maak ek kry n premium rondte voor die volgende jagtog.Moet net n bietjie meer tyd op hande he. En dan begin herlaai na die jagseisoen.
Ek sal julle manne op hoogte hou van die resultate soos wat ek dit ervaar het.
Piet Skiet, om jou vraag te antwoord, het ek nog nie n enkele probleem met die Pro Amms ervaar nie.
Weereens baie dankie vir elkeen se insette, ek waardeer dit opreg !!
Michiel
Baie dankie vir die oorweldiginde terugvoer, ek waardeer dit baie !!
Uit al die reaksies, gaan ek vir die jag hou by die Pro Amm's ek is bereid om meer te betaal vir n premium rondte, maar dink nie dit is n goeie idee om nou so kort voor die tyd te moet verander nie, netnou kry ek nie die resultate met nuwe ammuniesie nie, en op hede kan ek nie weer die inskiet proses voltooi, en die gemoedsrus rondom akkuraatheid in my geweer werk tans baie goed vir my met die ammunisie. Ons stads japies het ongelukkig nie altyd die voordeel om so baie tyd op die skietbaan te spandeer nie. Alhoewel oor die afgelope 4 naweke, was ek amper elke beskikbare dag daar.Het gister weer so n pakkie en n half uitgeskiet, en nogsteeds groepeer die geweer op n R2 oor n 100m, daar waar jy aanle. ( en ek is nie een van die mees ervare skuts nie ).
Ek gaan beslis meer met verskillende ammuniesie begin rondspeel, en ook seker maak ek kry n premium rondte voor die volgende jagtog.Moet net n bietjie meer tyd op hande he. En dan begin herlaai na die jagseisoen.
Ek sal julle manne op hoogte hou van die resultate soos wat ek dit ervaar het.
Piet Skiet, om jou vraag te antwoord, het ek nog nie n enkele probleem met die Pro Amms ervaar nie.
Weereens baie dankie vir elkeen se insette, ek waardeer dit opreg !!
Michiel
CZ 550 243 Winchester
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Goeienaand,
So bietjie terugvoer op die onderwerp,
Ek het sover al 2 jagtogte agter die rug die jaar en elke keer nog met pro amm gejag, 3 rooibokke en n njala platgetrek alles bladskote en nog nie n probleem ondervind nie. Al die skote het ge-penetreer regdeur, so kon nog nie sien hoe die rondte lyk na dit getref het nie. n Vriend van my het met sy 7*57 175 grein n bwb geskiet ook met pmp pro amm, en die het die werk mooi gedoen, ons kon die rondte herwin met die afslag, en die het tot binne die enjin kamer van die bwb penetreer. Die rondte het mooi ge mushroom ook, ( met my beperkte kennis, dit het amper op n punt soos die prentjie op die pakkie gelyk )
Ek gaan in Augustus saam n groot vriend ( nie in die letterlike sin van die woord nie ) ook jag "Dankie Cornelius" , en hopelik kan ek n bwb en/of n koedoe laat bakkie ry, met die einste pro amm's , sal graag wil sien wat hulle doen op die groter wild soorte met my geweer.
Na die jagseisoen wil ek graag my eie ammunsie laai, maar vir eers, spaar ek daai geldjies vir nog n bok of 2, voor die seisoen om is.
Hoop regtig ek kan na die Augustus jag, positiewe terugvoer gee op die.
Groetnis,

Fano
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Hi Kerels
Brokkie amper nuttelose inligting.
Ek het 3 pakke once-fired (60) ProAmm 243 doppies by 'n neef van my gekry wat nie herlaai vir sy 243 nie. Een van ons ouens wat self laai se (by?) gelowe is om doppies te gebruik wat min of meer dieselfde weeg (gewoonlik binne 1 gr). Maak toe doppe skoon, de-prime en begin weeg, resultate onder:
Massa (gr) Hoeveelheid
175 1
180 1
181 11
182 7
183 13
184 12
185 13
186 2
Totaal 60
Nie seker wat die inligting bo beteken nie. Soos genoem val dit nie heeltemal binne standaarde wat herlaaiers gewoonlik stel nie, maar as die ouens aanvaarbare akkuraatheid kry is dit seker reg so?
Groete.
Fanie

Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Check net vir die dougnut op daai doppe....
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Naand manne ,
Hierdie sal my laaste post op die onderwerp wees , is besig om in die herlaai proses in te kom
Net bietjie terugvoering, ek het die afgelope jagseisoen die volgende platgetrek met ProAmm (180g), sonder n greintjie probleme!
5*Rooibokke
1*Njala
1*Vlakvark
3*Bwb
2*Eland
PMP het my goed bedien !
Iets wat my wel bygeval het , is by n bekende Pta wapenwinkel, ek in Julie maand vir 30-06 180g PMP Pro Amm R370 per pakkie betaal het , so 2 weke terug betaal ek by die selfde plek slegs R260
Mooi aand vir julle !
Hierdie sal my laaste post op die onderwerp wees , is besig om in die herlaai proses in te kom
Net bietjie terugvoering, ek het die afgelope jagseisoen die volgende platgetrek met ProAmm (180g), sonder n greintjie probleme!
5*Rooibokke
1*Njala
1*Vlakvark
3*Bwb
2*Eland
PMP het my goed bedien !
Iets wat my wel bygeval het , is by n bekende Pta wapenwinkel, ek in Julie maand vir 30-06 180g PMP Pro Amm R370 per pakkie betaal het , so 2 weke terug betaal ek by die selfde plek slegs R260
Mooi aand vir julle !
CZ 550 243 Winchester
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
-
Stasoft
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm
Re: PMP Pro Amm vir jag
Baie Geluk MichielC. Lyk sommer of jy lekker gejag het.
R260 per 20 is baie goedkoop. Hoer by ons kos dieselfde pakkie tussen R360-R400.

.22LR - Oberndorf Mauser
.284 Win - Pasmaak
.308 Win - Sako 85 Hunter
.300 H&H - Pasmaak
.284 Win - Pasmaak
.308 Win - Sako 85 Hunter
.300 H&H - Pasmaak
- Victor
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Thu Jul 19, 2012 9:33 am
PMP Pro Amm vir jag
MichielC , eK het met my 7x57 die koedoebul op my profile foto , met 170gr PA geskiet en punt is regdeur op die dwarste. Horings was 54" en nek alleen het 38 kg geweeg , ongelukkig opgesny voor karkas geweeg kon word.
Sterkte met herlaai , my buurman maak my nou touwys

8x57 JS Oberndorf 1932
7x57 Brno
12 boor Ivor Johnnson 1920
BSA windbuks 1907
7x57 Brno
12 boor Ivor Johnnson 1920
BSA windbuks 1907