Page 1 of 1
243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Tue Feb 16, 2010 12:14 pm
by Brno308 jagter
Hi Daar Mede Jagters
Ek sal graag by 'n paar van julle manne wil weet watter een van die bogenoemde kalibers 243 Win of 25-06 Rem sal julle aanbeveel vir kleinwild jag.
Neem asb in kennis terwyl ons die debat voer, dat ek nie net 'n vergelyking van skiet vermoe tussen die twee kalibers wil toets nie, maar ook die kostes van elk van die kalibers om te herlaai en ook die prys van ammunisie.
Ek hoop om van julle almal te hoor en sodoende kan julle my help om my volgende geweer te kies vir kleinwild jag in die vlaktes.
Praat manne ek luister.!
Brno 308 Jagter
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Tue Feb 16, 2010 12:56 pm
by Louis102
Brno308 jagter wrote:
Praat manne ek luister.!
Brno308
Vir my is dit ongetwyfeld die 243 Win wat los voor is. Ek het altwee en verkies die 243 beslis bo die 25-06. Goedkoper om te herlaai, geriefliker om mee te skiet en hopeloos onderskat deur manne wat hulle blindstaar teen teoretiese performance op papier. Ek is vas oortuig dat die 243 inherent meer akkuraat as die 25-06 is. Nie dat ek s? die 25-06 is 'n swak kaliber nie, maar jy het niks meer as 'n 243 win nodig nie. Ek skiet alles van 'n gemsbok tot by 'n jakkals met my 243.
6mm Groete
Louis
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Tue Feb 16, 2010 1:04 pm
by Dawie
Ek besit nie op die oomblik 'n 243 want my vorige een is opgeskiet. Ek dink daar was groot "hype" oor die 25-06 so paar jaar terug, maar die populariteit het defnitief al afgeneem, hoor 50-06 sukkel glo om te laat groepeer (wat vroe?r van 243 ges? was ook). Persoonlik sou ek die 243 vat. Mens kry vreeslik eksotiese goed as jy wil anders wees en oppie ou end kom als weer terug na die ou "basic" roere soos 243, 30-06, 308, en natuurlik die beste van als die 22-250
My redelik oningeligde opinie
Cheers
Kojak
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Tue Feb 16, 2010 1:24 pm
by Brno308 jagter
Hi Manne
Dankie vir die terugvoer oor die twee kalibers.
Ek sal graag by julle wil weet, kyk ek weet mens kry nie meer juis vandag swak gewere nie, maar op die stadium lyk dit vir my of die Ruger M77 Standard in 243 Win die beste prys is vir die kwaliteit wat mens kry.
Besit enige van julle 'n Ruger M77 en sal julle se dis 'n goeie maak geweer.?
Laat hoor gerus van julle.
Groete
Brno 308 Jagter
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Tue Feb 16, 2010 1:59 pm
by Raven
EK sal maaar moet stilbly oor die 25-06 anners word my tjank afgetrap...

Brno308, gaan kyk bietjie onder "MY NUWE SPEELDING" en Ruger.243 vs Tikka3 .243, daar sal jy al die antwoorde kry oor jou keuses.
Groete Norton

Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Wed Feb 17, 2010 12:35 pm
by JOHANNIC
Brno 308
Ek het n 243 ruger m77 varminter,net so van die rak af.
Die spesifieke model het in 2004 n prys gewen vir sy loop kwaliteit ens..
Dis goeie waarde vir geld,as jy een moet bou sal dit heelwat duurder wees.
Die tikka is net so goed as dit nie beter is nie.
groete johan
Moet ook nie die 25-06 weggooi nie,daar is heelwat manne in die top 10 wat met 100gr sierra jou op 300m in die oog sal skiet,maak dit 350m!!
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Wed Feb 17, 2010 7:19 pm
by DSBW
Brno
Jy noem "vlaktes" wat beteken langer skote. 243 Sal beslis my keuse wees vir die volgende redes:
1. Beter ballistiese eienskappe van die punte v die 25 kaliber punte.
2. Groter keuse van punte.
3. Goedkoper om te herlaai (kostes van punte, hoeveelheid kruit).
4. Beter boor tot lading volume verhouding, wat beteken jou loop behoort langer te hou.
5. Meer effektiewe dop ontwerp (nie die beste nie, maar heelwat beter as 25-06).
6. Uitstekende kwaliteit swaarder punte, veral vir jou r?rige v?r skote.
Wat die fabrikaat geweer aanbetref, Ruger is goed, Tika is goed, Sako is bietjie beter as goed en heelwat duurder, Remington is goed, Savage is goed en so kan ons aangaan. Hulle behoort almal MOA te doen op 100 meter, wat goed genoeg is vir jag.
Net my 1 sent (aldus Francois).
Dawie
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Wed Feb 17, 2010 10:38 pm
by Francois Marais
JB
Wa is jy mater, kom stel bietjie die 25 se kant v/d saak, hoekom so stil, ek le ook ma bietjie weg, nounet bloei my bek.
Mooi loop
Francois
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Thu Feb 18, 2010 8:03 am
by Danie Lombard .243
Goeie more kerels.
Raai watter kaliber kies ek?
Nou ja, hy is my gunsteling. Laai goedkoop, baie akkuraat, skop nie. Hy's vinnig en skiet lekker plat. Bietjie swaar op lope, maar dit is darem nie 'n probleem nie. Alle kalibers wat lekker hol eet maar lope op.
As jy 'n normale, of soos hul dit nou noem 'n geleentheids jagter is sal die loop langer hou as wat jy kan hou.
Daar is al baie gepraat oor die inbreuk van 'n loop. Die proses wat van toepassing is tydens die ontvangs van 'n nuwe geweer.
Dit werk en is 'n goeie ding om te doen. Glo nie dit laat die loop soveel langer laat hou nie, dit bevoordeel net die skoonmaak proses vir die toekoms.
Ek het met verskeie gewere te doen gekry. Lope wat korrek ingebreuk is maak makliker en gouer skoon. Hul pak nie so erg aan nie, terwyl ek gesien het dat lope wat nie ingebreek is nie 'n vreelike proses benodig op skoon te maak.
Dit het ek self gesien met maters se gewere. 'n Baie goeie vriend van my jag gereeld. Op 'n dag kla hy oor akkuraatheid van sy 243. Loer in die loop af en sien die groewe het al gewerk, maar daar is nog genoeg lewe oor. Begin toe die loop op die regte manier skoon maak. Lang storie kort, die vloer in die herlaai kamer het vol blou en groen neerslag lappies gele wat deur die loop getrek is.
Dit loop was nie ingebreuk nie, en ek het gesweet om daai loop se kopper uit te kry. Ja die matter het gereeld die wapen skoon gemaak met 'n solvent, maar die goedkoop, swakker tipe wat nie so goed werk nie. Het my nuwe .308 tydsaam ingebreuk, en ek skiet hom baie. Ek oefen gereeld met hom, en gebruik dit maandeliks vir komp. skiet, en hy maak skoon soos 'n droom.
Waar is die metalurgiese manne om vir my en onse lesers te verduidelik wat die rede is vir die verskynsel?
Ek het nie die antwoord nie, maar dit werk so.
So as jy, in my oe, vir jou 'n nuwe roer aanskaf, doen maar die moeite en breuk die loop goed in. Dit het net voordele.
Wou dit noem t.o.v. persone wat min jag en 'n geweer wil aanskaf en dit laat lang jare hou. Ek weet die inbreuk hou nie verband met die topic van die gesprek nie.
Om aftesluit, 243 bo.
Groetnis.
Danie 243
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Thu Feb 18, 2010 8:06 am
by DSBW
Francois, in alle regverdigheid, daar is na my mening niks fout met die 25 nie. Hier in die klub is 'n ou wat met 'n Koevoet skiet (Chris van Niekerk ontwerp, op 'n .308 dop), en sy resultate is fenominaal met die 25 kaliber. My opinie is meer gegrond op die ou wat net 'n lekker jag geweer wil koop, met variasie van punte, beproefde ladings, en dit alles teen die laagste koste wil doen. My ondervinding van ouens wat met die 25-06 skiet (julle sal waarskynlik beter weet) is dat hy maar redelik genadeloos op die lopie is, wat sin maak as jy na sy "overbore" verhouding kyk, maar verseker is dit 'n "performer of note".
Net 'n laaste opmerking, wanneer dit na die swaarder punte toe gaan stel hy my effens teleur teenoor die .243, weet nie wat julle opinie is nie?
Albei is natuurlik goed, .243 is net vir my bietjie beter "allrounder".
Groete
Dawie
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Thu Feb 18, 2010 9:01 am
by Raven
EK verstaan presies hoekom julle manne die .243 kies, maar ai die .25-06Tikka stel my glad nie teleur nie.
Ek het die week getoets om te kyk of hy reg is vir "OperasieTjank" en hy loop baie mooi.
Die fototjie is sommer met die selfoon geneem en is bietjie dof.
3 skote op 100m so amper 'n half duim groepering.
Groete Norton
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Thu Feb 18, 2010 10:03 am
by Francois Marais
Foxie
Stem met jou, alles wat jy se 100%. Ek skiet altwee, my 243 se loop is nou kla, wag vi n nuwe loop, die 25 het ek nou ge-Ackley, meer vir die snaaksigheid as enige iets anders, ma soos jy opgemerk het, altwee is lekker kalibers.
Norton
Groot gegooi da, lekker groep.
Mooi loop
Francois
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Thu Feb 18, 2010 10:41 am
by Louis102
Raven wrote:
EK verstaan presies hoekom julle manne die .243 kies, maar ai die .25-06Tikka stel my glad nie teleur nie.
Ek het die week getoets om te kyk of hy reg is vir "OperasieTjank" en hy loop baie mooi.
Raves, as jy sulke groepe met die 25-06 gooi wil ek nie by wees as jy agter 'n oordentelike 6mm-roer inklim nie. Dit sal lyk of daar net een skoot deur die teiken is!
Bly om te sien die ingesteldheid is reg vir
Operasie Tjank Aftrap Ek kan nou nie meer wag nie. Het gewonder of ek nie na 12 vannag maar 'n draai moet loop maak nie? Dan val enige gelukkie mos op die 19de. Dit sal darem lekker wees om die eerste jakkals van die operasie te kan aanteken. Sal maar eers sien wat maak die weer.
Mooimaak
Louis
Re: 243 Win VS 25-06 Rem
Posted: Thu Feb 18, 2010 3:11 pm
by Janjak
Raven,
ek dog hoeka daai is 243 gate?
Stem vir die 243.
Hou baie van die 25-06 en skiet saam met manne wat weet hoe n 25-06 ge-dryf moet word maar kostes is duurder op die 25 en ek dink die 243 is meer veelsydig.
Dink die 25 gaan dalk ook bietjie meer skop vir die manne wat hulle kinders wil laat begin skiet?