Page 1 of 6
Nikon teleskope
Posted: Mon Apr 09, 2012 9:05 am
by Stefan764
Na aanleiding van n ander gesprek op die forum begin ek hierdie topic ter interessantheid...
immelmanw wrote:
Piet-Skiet wrote:
Soos my trijicon wat nie zero wou hou nie... Ek koop van nou af net nikon. Daai cheap prostaff wat ek op die 303 gehaat het bakgat gewerk en eks seker my monarch wat op my 375 nou kom gan nog beter werk! Ek gee julle I wile raai wat ek op die 243 gan sit. En as ek proebleeme het vat ek hom terug s&o toe
Piet skiet, print uit wat ek hier tik. As jy n Nikon van Safari and Outdoor koop (lw, nie grys invoer of by iemand in sy garage koop nie) en jy het n probleem met die scope wat die vervaardiger se fout is, sal ek persoonlik sorg dat jy n ander teleskoop binne drie dae in jou hande het! My mail is
willem@so.co.za of 0828540804' as ek nie antwoord nie stuur n sms en ek bel jou terug.
AMEN.
Ek wil sommer nou hier noem dat in die 10 maande en 3x dae wat S&O Pta oop is het ons oor die 800x Nikons verkoop, Pro Staafs, Fieldmasters en Monarchs. 2x Monarchs het truggekom, albei is laat val. Nikon kon nie regmaak nie, scopes wat moertoe. Klient is in beide gevalle n splinternuwe teleskoop teen kosprys aangebied.
Die manne wat my al lank ken weet ek is n groot Leupold man, maar.... Daar is nie n teleskoop nou te koop wat beter waarde vir geld is as n Nikon teleskoop nie. Maak nie saak watter reeks jy koop nie, daar is nie n teleskoop wat hom in sy gewigsklas sal klop nie. Punt STOP.
Groete
Stefan
Re: Nikon teleskope
Posted: Mon Apr 09, 2012 9:34 am
by Gerhard
Stem saam Stef...
Die Monarch oppi 222 is n kwaliteit produk.
Re: Nikon teleskope
Posted: Mon Apr 09, 2012 12:58 pm
by wlm
Wat jy oor die Nikons se, geld ook vir S&O. Niemand klop hulle nie.

Re: Nikon teleskope
Posted: Wed Apr 11, 2012 8:17 am
by Piet Breedt
Stefaans, jy maak my sommer trots................Daar gaan die lig aan....!!!!
Re: Nikon teleskope
Posted: Wed Apr 11, 2012 7:50 pm
by Pvdw
Re: Nikon teleskope
Posted: Thu Apr 12, 2012 12:05 pm
by Hilux01
Ek het op aanbeveling van S&O ook n Nikon Fieldmaster op my 303 gesit
Geen probleme nie, fatastiese waarde vir geld
Re: Nikon teleskope
Posted: Thu Apr 12, 2012 12:28 pm
by Armand Steenkamp
Wat van Burris kerels? Weet die topic gan oor nikon maar ek wonder dan nou?
Re: Nikon teleskope
Posted: Thu Apr 12, 2012 12:32 pm
by Stefan764
Armand Steenkamp wrote:
Wat van Burris kerels? Weet die topic gan oor nikon maar ek wonder dan nou?
Armand ou maat, kom ons hou hierie een maar by die topic. Maak gerus n nuwe bespreking vir die Burrisse oop.
Groetnis
Re: Nikon teleskope
Posted: Thu Apr 12, 2012 12:37 pm
by Dippies
Stef julle manne begin my so half en half oorreed om n Nikon aan te skaf
Re: Nikon teleskope
Posted: Thu Apr 12, 2012 12:51 pm
by JuanPaul
Hallo manne,
Ek het `n Nikon Fieldmaster 6-18x40 op my Sako 7mm rem mag, en kan net met lof praat in terme van waarde vir geld en akkuraatheid.
Juan
Re: Nikon teleskope
Posted: Thu Apr 12, 2012 1:34 pm
by Stefan764
Dippies wrote:
Stef julle manne begin my so half en half oorreed om n Nikon aan te skaf
Dippies weet jy wat is vir my altyd lekker om te sien. Ek pak vir n klient 4x verskillende make teleskope (soms meer) op die tafel uit, HY maak die besluit. Ek hoef nie hom te forseer in n sekere rigting nie. Ek pak die feite saam met die scopes op die counter uit en los die klient om self sy mind op te maak. Die feit is, die Nikon wen die stryd 8 uit 10 keer.
Onthou, iemand wat kom om n Leupold te koop gaan hom koop, of n Vortex of n Swarovski of wat ook al. Ek praat van n ou wat se hy kom kyk teleskope, hy wil sien wat is beskikbaar.
Groete
Stef
Re: Nikon teleskope
Posted: Thu Apr 12, 2012 1:38 pm
by Johan Reyneke
Ek het Monarch 4x16 50bdc gekoop, wag nou vir 30-06 lisensie om gefinaliseer te word. Kan nie wag nie. Ek hoop net dit gebeur voor middel Mei wanneer ek bietjie biltong wil maak.
Re: Nikon teleskope
Posted: Thu Apr 12, 2012 7:37 pm
by Pvdw
Piet ek het Saterdag daai Nikon wat ek by jou oorgeneem het op die 303 gesit en ingeskiet. Hy wag nou ook vir sy eerste blouwildebees.
Peet
Re: Nikon teleskope
Posted: Thu Apr 12, 2012 9:14 pm
by Pvdw
Piet ek het 'n bargain daar gekry!!! Ek is baie tevrede.
Peet
Re: Nikon teleskope
Posted: Fri Apr 13, 2012 8:18 am
by Hilux01
Mnre en meer spesifiek dalk Stefan,
Soos julle bo kan sien is ek redelik gelukkig met my Nikon 3-9x40 Fieldmaster op die .303
Ek het n vriend wat hierdie week sy CZ 550 9.3 x 62 kry. Dis n prag stuk en verstaan van die wapen handelaar dat n oom op Nylstroom of Naboom se wereld die kolf met Drolpeer hout oorgedoen het. Dit is wragtig iets om te sien.
Anyway, hy is in die proses om na scopes te kyk en is baie beindruk met my Nikon, hy is self maar n Lynx man gewees nog altyd.
Wat is julle opinie, dit is n 22" loop so n baie kompakte geweer, sal die Fieldmaster die recoil kan hanteer of moet hy na duurder Monarch reeks kyk? Dit is nie dieselfde recoil miskien as n .375 nie maar steeds meer as my 303 of sy 308. Ook nie om soos n argitek te klink nie

maar wat sal esteties mooi werk by die kort bonkige wapen?
Enige idees is welkom
Re: Nikon teleskope
Posted: Fri Apr 13, 2012 12:06 pm
by Stefan764
Hallo Hilux
Ek sal defnitief die Nikon Monarch 2,5-10x42 voorstel met die Nikoplex kruishaar.
Een van my kollegas het so een op sy 375Ruger African gesit en hy werk bitter mooi! Recoil nie eers n faktor op die Monarch reeks nie.
Groete
Stefan
Re: Nikon teleskope
Posted: Mon Apr 16, 2012 1:25 pm
by Hilux01
Dankie Stefan
So hy moet eerder nie die Fieldmaster oorweeg nie?
Ons is Vrydag by Huntex, gaan jy in die omgewing wees?
Re: Nikon teleskope
Posted: Mon Apr 16, 2012 5:04 pm
by Stefan764
Sien julle by Huntex by die S&O stalletjie!
Re: Nikon teleskope
Posted: Wed May 02, 2012 7:04 pm
by Gert Odendaal
Kan julle manne vir my terugvoer gee oor die Nikon Prostaff 3-9x50 Matte Nikoplex? Ek het die teleskoop vir `n goeie prys gekry en het `n keuse om op `n .375 H&H of 8x57JS Mauser te sit....watter van die twee gewere sal die beter en meer funsionele keuse wees om die teleskoop op te sit? Hoor graag wat julle dink.
Groete
Gert
Re: Nikon teleskope
Posted: Thu May 03, 2012 12:26 am
by fanie17
Het nou 11 Nikons op van my gewere,sal nie weer iets anders koop nie
Re: Nikon teleskope
Posted: Mon May 07, 2012 5:27 pm
by Shaka
Ek moet teleskope vir my 243 en 375 kry. Maar die budget is bietjie dun. Dalk kan die manne my nou raad gee?
Sal die Pro Staff op die 243 werk?
Dalk so iets?
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... _matte_bdc
Ek neem aan die Monarch is maar die enigste keuse vir die 375?
Dalk so iets?
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... 2_nikoplex
Enige raad sal waardeer word!!!
Re: Nikon teleskope
Posted: Tue May 08, 2012 12:02 pm
by Hilux01
Ek het destyds n lang gesprek met Hendrik in Stellenbosch gehad by S&O
Hy was van die opinie dat die Pro Staff dalk bietjie lig is vir die recoil op die groter kalibers en dat dit dalk eerder .22 ens se nommer pas is.
Ek is onseker of n .243 se recoil veel meer is, ek is egter oortuig dat die Fieldmaster vir slegs n paar rand meer n baie beter koop is
Re: Nikon teleskope
Posted: Tue May 08, 2012 2:22 pm
by Stefan764
Hilux01 wrote:
Ek het destyds n lang gesprek met Hendrik in Stellenbosch gehad by S&O
Hy was van die opinie dat die Pro Staff dalk bietjie lig is vir die recoil op die groter kalibers en dat dit dalk eerder .22 ens se nommer pas is.
Ek is onseker of n .243 se recoil veel meer is, ek is egter oortuig dat die Fieldmaster vir slegs n paar rand meer n baie beter koop is
Lekker Henk, jy slat hom op die kop!
Moet net byvoeg dat die Pro Staff defnitief die 243 se recoil sal vat....
Re: Nikon teleskope
Posted: Tue May 08, 2012 5:52 pm
by Shaka
Baie dankie vir die terugvoer!!
Wat ek aflei is dat die Fieldmaster net meer geskik is vir die 243?
En vir die 375 slegs die Monarch?
Hoe verkrygbaar is die Target Turrets vir die bogenoemde teleskope? Is dit die moeite werd? Ek dink maar aan langer skote waar mens die afstand het en nie dan hoef te skat nie...
Re: Nikon teleskope
Posted: Tue May 08, 2012 7:25 pm
by Hein M.
Stefan764 wrote:
Hilux01 wrote:
Ek het destyds n lang gesprek met Hendrik in Stellenbosch gehad by S&O
Hy was van die opinie dat die Pro Staff dalk bietjie lig is vir die recoil op die groter kalibers en dat dit dalk eerder .22 ens se nommer pas is.
Ek is onseker of n .243 se recoil veel meer is, ek is egter oortuig dat die Fieldmaster vir slegs n paar rand meer n baie beter koop is
Stem saam met Stefan
My broer het 'n Prostaff op sy 243 - nou al vir 2 jaar - en hy is baie akkuraat. Hy neem baie gereeld aan veldskiete daar in die Vredendal omgewing deel en praat net met lof van sy waarde vir geld scope.
Hein
Lekker Henk, jy slat hom op die kop!
Moet net byvoeg dat die Pro Staff defnitief die 243 se recoil sal vat....