Page 38 of 51

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Feb 12, 2024 11:30 am
by Conna Howa
More more manne, het nuwe aansoek 7 Desember 2023 in gegee en lê nog by send to provincial DFO, app sê dis al 48 werks dae, moet ek begin worry?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Feb 12, 2024 7:10 pm
by OosKaapJagter
Conna Howa wrote: Mon Feb 12, 2024 11:30 am More more manne, het nuwe aansoek 7 Desember 2023 in gegee en lê nog by send to provincial DFO, app sê dis al 48 werks dae, moet ek begin worry?
Ek glo nie jy hoef bekommerd te wees nie. Geluk speel ook maar 'n rol. Daar het waarskynlik bitter min by jou plaaslike DFO oor Desember gebeur. Dan verwerk hulle dinge in Januarie sonder te veel ywer. Hierna hang dit af of daar iemand is wat na die Provinsiale Hoofkantoor deurry, wat bereid is om dit saam te neem en wat dan nog onthou om dit te doen.

Moenie oorhaastig wees om negatiewe afleidings te maak oor duistere motiewe vir dinge wat bloot aan laksheid toegeskryf kan word nie. Daar is 'n aansoek van my wat 11 Januarie ingedien is en gelukkig al deur die Provinsiale kantoor is. Nou hang dit af wanneer die volgende donkiekar Pretoria toe ry.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Feb 12, 2024 7:39 pm
by Chris (vdB)
6 hernuwings goedgekeur na 17 werksdae. Bevoegdheid le nog by Provincial DFO.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Feb 13, 2024 6:32 am
by AndreVal
Rawstorne wrote: Wed Feb 07, 2024 10:26 pm
AndreVal wrote:Gister DFO gebel na ek my hernuwing Oktober ingegee het. Sy vertel dat hy nog nie gestuur is nie oor die probleme wat hulle ervaar. Watse probleme die is kan sy my nie sê nie
Gaan vra vir die Stasiebevelvoerder beleeft wat aangaan.
Of, kontak die Provinsiale kantoor.
Praat mooi. Jy wil net verstaan wat pla en hoe jy kan help.

Dan moet die DFO maar vir die grootkoppe verduidelik.

Jy kan ook 'n e-pos aan die registrateur rig. Volgens my, werk dit. Noem net jou verwysings nommer met alle inligting en hoe lank dit al neem.

Gedurende 2020 het ons plaaslike lisensie kantoor sommer glad nie aansoeke gevat nie. Maar, elders was alles normaal. Jy moes net een op 'n slag ingaan.

Nadat ek vir die Provinsiale kantoor gevra het wat pla, was almal gou weer op hulle poste en bereid om te help.

Kort daarna was daar 'n amptelike skrywe vanaf Pretoria wat vra dat die publiek asseblief sulke probleme onder die Stasiebevelvoerder se aandag moet bring.
Dankie Rawstorne
Ek sal bietjie daai pad volg en kyk wat ek kan uit rig.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Feb 26, 2024 5:46 pm
by Mellies
Vrydag nog n varsetjie ingegee...

Met n vleisie...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Feb 26, 2024 6:08 pm
by Capt. Yoda
Jyt te veel geld lyk dit my.

Amper 3 jaar vir my renewals en comp renewal, 22 Dec 2023 approved en vandag laat weet die kaarte le da. Gelukkig moet ek Dec weer die gesukkel begin

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Feb 27, 2024 7:54 am
by Friedland
Nuwe aansoek in Bloemfontein.

24 Jan ingehanding
26 Jan local DFO
5 Feb provincial
19 Feb received in pretoria
22 Feb receiving attention at licencing
12 Mrt in preperation for consideration
21 Mrt consideration
23 Mrt approved

43 weksdae in totaal

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 12, 2024 12:17 pm
by NicoO
My AR se lisensie ingegee die 11de Januarie 2024, le die laaste 2 weke in Preparation for consideration vandag 44 werksdae. Hoor die manne praat van meer stappe tot goedkeuring as normale aansoeke?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 12, 2024 3:00 pm
by Hannes H
Twee renewals ingegee 6de Feb, gister goedkeurings SMS gekry. 23 Werksdae.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed Mar 13, 2024 1:09 pm
by kudu375
Ek het vanoggend n nuwe aansoek ingedien by Lyttleton SAPS
Ingestap, dadelik gehelp, en eerlikwaar baie goed gehelp.
25 min in en uit, was n aangename ervaring.
Ek hou duim vas vir die res van die proses.

Mooi dag

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed Mar 13, 2024 10:44 pm
by Ferdi Bam
5 Februarie 2024 n hernuwing en nuwe aansoek ingehandig. Op 12 Februarie 2024 ontvang ek sms dat hernuwing goedgekeur is. Maandag 11 Maart 2024 sms nuwe aansoek is goedgekeur. Skakel met my DFO en vandag is my nuwe aansoek veilig in my kluis.

Byna te goed om waar te wees en hoekom sal ek nou kla.

Groete.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 15, 2024 10:13 am
by NicoO
Het vandag my AR gaan optel, lisensie aansoek was 45 werksdae! Groot lekker!

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 19, 2024 12:23 pm
by Mellies
Mellies wrote: Mon Feb 26, 2024 5:46 pm Vrydag nog n varsetjie ingegee...

Met n vleisie...
Lê nou al amper n maand by DFO sonder beweging.

Met n vleisie...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 19, 2024 12:26 pm
by Mellies
Mellies wrote: Tue Feb 06, 2024 7:00 am 29/1/2024 weer n varsetjie ingegee.

Kom ons kyk...

Met n vleisie...
Lê al meer as n maand in Pta sonder beweging.

Met n vleisie...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 19, 2024 4:45 pm
by Chris (vdB)
Hoe lank vat die kaarte deesdae?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 19, 2024 5:06 pm
by Bern
Eks nou na 54 werksdae by " In prep for consideration".

Sent from my SM-S911B using Tapatalk


Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 19, 2024 7:32 pm
by Jacques.308
Mellies wrote:
Mellies wrote: Mon Feb 26, 2024 5:46 pm Vrydag nog n varsetjie ingegee...

Met n vleisie...
Lê nou al amper n maand by DFO sonder beweging.

Met n vleisie...
By watse DFO? Myne lê ook in Pretoria al vir 3 weke en nognie eers in sisteem ingevoer nie.

Sent from my SM-S901E using Tapatalk



Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Apr 04, 2024 10:45 am
by J le Roux
Polokwane: Lisensie en Bevoegdheid hernuwing 20 Maart ingegee.
25ste Receiving attention, vandag 4de April Renewal approved.
8 werksdae.

Moes jul onlangs of selfs laasjaar bevoegdheid hernu? Kry mens 'n ooit die dokument?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Apr 04, 2024 11:58 am
by Arnold
Ek het 'n uitdruk van my bevoegdheid gekry. Dit was einde laasjaar.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Apr 04, 2024 1:05 pm
by Capt. Yoda
Jy kan vra vir n print out as jy dit regtig wil he

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Apr 04, 2024 9:00 pm
by J le Roux
Dankie, ek kom agter ek het laasjaar en nou weer onmodiglik aansoek gedoen om bevoegdheids hernuwing. My eie fout, ek het net die ou (10 jaar +) bevoegdheid in my rekords gehad.

Seker maar net in effek R80 aansoekfooi geskenk.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Apr 04, 2024 9:10 pm
by Bern
Bern wrote:Eks nou na 54 werksdae by " In prep for consideration".

Sent from my SM-S911B using Tapatalk
Approved vandag na 66 dae

Sent from my SM-S911B using Tapatalk


Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Apr 08, 2024 11:45 am
by JAGTERSREG-JRM
So bietjie slegste nuus vir Gautengers.............wil voorkom of die "Provincial DFO" se kantore van laas week donderdag af toe is omdat hulle nie krag of water het nie.......Ek glo die aansoeke gaan rukkie da vashak (ten minste kry dit nie waterskade nie)

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Apr 11, 2024 4:58 pm
by Mellies
Mellies wrote: Tue Feb 06, 2024 7:00 am 29/1/2024 weer n varsetjie ingegee.

Kom ons kyk...

Met n vleisie...
Approved.

10 weke.

Met n vleisie...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Apr 22, 2024 7:20 pm
by Conna Howa
Goeie naand almal, weet iemand dalk of daar fout is met die where's my app? Vanaf my aansoek geskuif het na received at licensing section toe, bly hy sê "SAPS website returned incomplete or garbled information" maar as ek op die website gaan, sê hy in preparation for consideration.