Page 4 of 11
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Tue May 26, 2020 10:12 pm
by Johan Nel
Ek hoop nie Fantie kom vat my nou vas oor ek die hele draad aanhaal nie, maar ek doen dit om te kan kommentaar lewer oor die riempies werk op die skede. Dis regtig nogal iets besonders en baie stylvol gedoen. Dis regtig nie iets wat mens te dikwels raakloop nie. Baie mooi
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Wed May 27, 2020 7:36 am
by jdpretorius
Hi Johan Nel, ek glo oom Fantie kon darrem n versnapering in die hande kry intussen
Baie damkie !! .....die riempies werk was n eerste op so 'n groot projek en my bas het omtrent wassers geknyp om nie n boe-boe te maak nie, die gaatjies pons en riempie vleg het so 7 ure geneem, en 'n ou moet mooi kop hou dat hy nie begin opwen en draai nie. Om die riempie te sny was n bietjie van 'n kopseer want dit is een aanmekaar lengte van omtrent 10 meter...n ou het minstens 7 keer die lengte van die riepies werk gedeelte nodig (9 meter)....en hou van so stukkie ekstra "just in case". Die riempie is ook behandel met bye was en leer olie, voordat ek begin het, vir langdurigheid.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Wed May 27, 2020 11:28 am
by THOMAST
Blikemmer! Dis mooi werk Johan.
Ek dink onwillekeurig aan die gedig van NP van Wyk Louw, "Die Beiteltjie" waar hy skryf dat 'n beitel 'n klip moet kan breek as hy 'n beitel is.
Ongelukkig is daar 'n klomp stomp beitels in ons pragtige land op die oomblik, maar ek kan sien dat jy 'n skerp beitel is Johan, doen so voort.
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Wed May 27, 2020 2:59 pm
by jdpretorius
THOMAST wrote:Blikemmer! Dis mooi werk Johan.
Ek dink onwillekeurig aan die gedig van NP van Wyk Louw, "Die Beiteltjie" waar hy skryf dat 'n beitel 'n klip moet kan breek as hy 'n beitel is.
Ongelukkig is daar 'n klomp stomp beitels in ons pragtige land op die oomblik, maar ek kan sien dat jy 'n skerp beitel is Johan, doen so voort.
Hi Thomast, jou boodskap hier bo tref diep en beteken vir my geweldig baie, DANKIE is al wat ek kan sê !
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Thu Dec 24, 2020 10:11 am
by jdpretorius
Ietsie anders vir n slag....nou dat n ou weer klein bietjie tyd het vir asemhaal.
Ek was mal vir die kleur kontras en moes dit doodeenvoudige n go gee


Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Thu Dec 24, 2020 3:35 pm
by knipmes
Soos altyd, pragtige werk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Thu Dec 24, 2020 4:45 pm
by Viking
jdpretorius wrote: Thu Dec 24, 2020 10:11 am
Ietsie anders vir n slag....nou dat n ou weer klein bietjie tyd het vir asemhaal.
Ek was mal vir die kleur kontras en moes dit doodeenvoudige n go gee


Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Johan dis baie mooi en jou edging is uitstekend - dit rond die produk 100% af!
Om daai gare wit te hou is n uitdaging....goed gedoen

Re: Leer/Leather Werk
Posted: Thu Dec 24, 2020 9:37 pm
by jdpretorius
Baie dankie Dirk & Jan.....hoop julle almal het n baie geseënde Kersfees
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sat Dec 26, 2020 8:13 am
by ruaanb
Netjies Johan!
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sat Dec 26, 2020 8:54 am
by jdpretorius
ruaanb wrote:Netjies Johan!
Baie dankie Ruaan !......ek moet sê ek geniet die leerwerk nogal.
Die volgende stap is seker om retail plekkies te soek waar ek van my goed kan neersit, en dalk maar op "consignment" aan die begin. Die "catch 22" is dat dit lyk of dit nogals tuff is om n lewe daaruit te maak, en ek weet nooit (met my werk) hoveel tyd ek daakliks het daar voor nie......net ons hemelse Vader weet wat die regte plan is, want dinge lyk maar donker by my werk.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sat Dec 26, 2020 9:47 pm
by pietdiebot
JB as jy 'n koper soek vir daai beursie sal ek defnitief belangstel!!!
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sat Dec 26, 2020 10:13 pm
by jdpretorius
pietdiebot wrote:JB as jy 'n koper soek vir daai beursie sal ek defnitief belangstel!!!
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Piet jy is welkom, ek't vir jou n pm gestuur.
Groete Johan
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sat Dec 26, 2020 10:53 pm
by Diesel Dog
Dit is nou mooi handewerk. Ek wonder wie is nou jaloers!
DD
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sat Dec 26, 2020 11:12 pm
by jdpretorius
Diesel Dog wrote:Dit is nou mooi handewerk. Ek wonder wie is nou jaloers!
DD

, elke aap op sy eie pampoen....DD jou werk is voorwaar iets om jaloers oor te wees
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sun Jan 10, 2021 8:22 pm
by pietdiebot
Manne, net om bietjie te spog!
Ek het by JD 'n beursie en lisensiekaart houer gekoop (matching pair) en ek is verskriklik beindruk, ek het nuwe respek gekry vir julle wat julle talent so kan uitoefen met leer.
Baie dankie JD (Johan) vir jou goeie werk en flinke diens, waardeer dit opreg!!!!!
Groete

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sun Jan 10, 2021 8:54 pm
by jdpretorius
pietdiebot wrote:Manne, net om bietjie te spog!
Ek het by JD 'n beursie en lisensiekaart houer gekoop (matching pair) en ek is verskriklik beindruk, ek het nuwe respek gekry vir julle wat julle talent so kan uitoefen met leer.
Baie dankie JD (Johan) vir jou goeie werk en flinke diens, waardeer dit opreg!!!!!
Groete

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Groot plesier mater. Baie dankie vir die ondersteuning en mooi pluimpie !!
Ek hoop hulle gaan jou baie jare se goeie diens gee.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sat Jan 30, 2021 3:03 pm
by jdpretorius
Die een was n bestelling van die ou wat my hare al jare lank sny, darem betyds vir Valentine's dag...
Party ouens sny die dele wat die leer se grein wys weg of verdoesel dit maar ek hou daarvan as dit wys en jy kan sien dis regte leer. Ek dink dit gee elke ietem ook sy eie unike karakter.


Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sat Jan 30, 2021 7:35 pm
by Viking
Johan,
Jy het WAARAGTIG 'n talent en aanvoeling vir leerwerk.
Jou oog vir detail en 'n ingebore kunssinnigheid maak van jou werkstukke iets besonders!
Nou moet jy laat waai terwyl jy die tyd het....vertrou jy sal gou weer in die arbeidsmark opgeneem word.
You can't keep a good man down!

Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sat Jan 30, 2021 8:13 pm
by jdpretorius
Viking wrote:Johan,
Jy het WAARAGTIG 'n talent en aanvoeling vir leerwerk.
Jou oog vir detail en 'n ingebore kunssinnigheid maak van jou werkstukke iets besonders!
Nou moet jy laat waai terwyl jy die tyd het....vertrou jy sal gou weer in die arbeidsmark opgeneem word.
You can't keep a good man down!



, dankie Dirk !...ek wardeer opreg
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sat Jan 30, 2021 10:12 pm
by jankraay
Johan stuur my jou nommer ek wil iets laat maak by jou asb.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sun Jan 31, 2021 6:34 am
by jdpretorius
jankraay wrote:Johan stuur my jou nommer ek wil iets laat maak by jou asb.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Hi Jan, dankie.
My nommer is
O74 een37 98sewe8
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sun Jan 31, 2021 6:23 pm
by Capt. Yoda
Jis ek weet darem nie of mens n leer g-string moet maak nie
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sun Jan 31, 2021 6:33 pm
by jankraay
Capt. Oblivious wrote:Jis ek weet darem nie of mens n leer g-string moet maak nie
Onthou om dit vir Rocket te se asb. Bang vir my volgende foto wat ek gaan kry...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Sun Jan 31, 2021 6:44 pm
by jdpretorius
Capt. Oblivious wrote:Jis ek weet darem nie of mens n leer g-string moet maak nie
.....olie hom maar net gereeld
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Leer/Leather Werk
Posted: Tue Feb 02, 2021 9:47 am
by Wouter Roets
More Mater
Hierdie is nou die eerste keer dat ek deur hierdie skrywe van jou gaan. Woorde kan nie heeltemal gestand doen met die talent wat jy hier ten toon stel nie. Werklik iets om op trots te wees! Wie weet baie bitter suksesvolle besighede het al op die manier ontstaan. Doen so voort en baie sterkte vir die toekoms.
Groetnis
Wout