Page 4 of 20
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Tue Mar 26, 2019 7:18 am
by jdpretorius
Pvdw wrote:
JD maak net seker jy mag wind terbune opsit waar jy woon. Hulle kan lekker lawaai en dus steurend raak. Baie stadsrade laat hulle nie in stedelike gebiede toe nie.
Baie dankie Peet, ek het dit nie geweet nie.....ek voel eintlik 'n bokerol vir die stadsraad maar wil nou nie my bure irreteer nie
Ek woon in 'n kompleks so 'n lawaai gaan veseker 'n probleem wees.
Is hulle almal maar raaserig of kry mens dalk wat sagter loop ? dit lyk ook of mens 2 tipes kry .... horisontaal en vertikaal
Sou een met 'n kleiner deursnee .....kom ons raai +/- 800mm....dan ook so erg raas ? maar dan seker weer hoeveel Watt hy gaan op wek ?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Tue Mar 26, 2019 7:23 am
by naas222
More. Google pegasus systems .co.za vir daai wind laaiers. Hulle reken hys stil!!!
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Tue Mar 26, 2019 7:39 am
by Pvdw
JJV wrote:Het iemand al die $ uitgehaal vir Lithium batterye? Ek ken net Lood A/h ons is nog op 36V sisteem en hardloop 9x 12v 100Ah batterye eers in serie om 36v te kry en parallel om 300A/h te kry dus 3 stelle van 36V. Nie grid tied met 4kw MLT inverter wat al jaare loop. Sal graag die crap 12V “deep” cycle batterye wil scrap. Dink ek sal met 200A/h ook wegkom deur die nag. Waarna moet ek kyk? Trek net lae energie yskas en vrieskas en dalk waaier of 2 deur die nag. Dalk maar oorskakel 48V toe?? JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk
JJV daar is so paar Li batterye in SA beskikbaar waarvan BYD en Pylontech seker die 2 maar algemene is. Rowwe prys vir die 2560W BYD48V Is so rondom R21-22000. Pylon 2400W 48V is so naastenby R16-17000.
Aanvanklik sluk man swaar aan die prys. Die lekker van hulle is dat hulle tot 6000 cycles waarborg met goeie sorg. BYD se claim is 100% discharge/ siklus en Pylon sin so 80%. Die ander ding is dat jy batterye kan bysit soos tyd aangaan. Loodsuur hou nie van nuwe batterye in 'n ou bank nie.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Tue Mar 26, 2019 8:05 am
by jdpretorius
naas222 wrote:More. Google pegasus systems .co.za vir daai wind laaiers. Hulle reken hys stil!!!
Baie dankie Naas, sal verseker
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Tue Mar 26, 2019 10:49 pm
by Izak H
Naand sê, ek het so 2 weke terug my sonkrag stelsel in gesit, maar wou hom 'n tyd laat "loop" voor ek vertel.
2x 2.4kwh pylontech batterye
5kw inverter
4x 325w panele
My hele huis, behalwe geyser, hardloop heeldag op panele en laai nog batterye ook, as son sak loop huis op batterye en as batterye, wat ni sommer gebeur ni, te laag sak skop munisipale krag in om batterye op vlak te hou.
Die stelsel is so dat ek enige iets kan by las - nog inverter of batterye of panele.
Di pylontech batterye maak dit duur, maar soos julle reeds genoem het op di lang duur di geld werd.
Koste R83k
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Tue Mar 26, 2019 10:52 pm
by Izak H
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Tue Mar 26, 2019 10:57 pm
by naas222
Dis nie so vrek duur nie.
Gou n vraag..
Dis bietjie van die draad af
Waar in Pretoria koop n man sonpanele en n 105amp Deep cycle battery.. Wil my kamp goed upgrade sodat 12v yskas daarop kan hardloop
Sent from my VFD 500 using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 6:14 am
by Basjan123
Izak H wrote:Naand sê, ek het so 2 weke terug my sonkrag stelsel in gesit, maar wou hom 'n tyd laat "loop" voor ek vertel.
2x 2.4kwh pylontech batterye
5kw inverter
4x 325w panele
My hele huis, behalwe geyser, hardloop heeldag op panele en laai nog batterye ook, as son sak loop huis op batterye en as batterye, wat ni sommer gebeur ni, te laag sak skop munisipale krag in om batterye op vlak te hou.
Die stelsel is so dat ek enige iets kan by las - nog inverter of batterye of panele.
Di pylontech batterye maak dit duur, maar soos julle reeds genoem het op di lang duur di geld werd.
Koste R83k
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Hallo Izak , het jy lugversorgers ook op hierdie stelsel? Indien wel hoeveel en hoe groot?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 6:51 am
by Izak H
Hi basjan, jammer my huis het ni lugversorgers ni
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 7:03 am
by Izak H
Izak H wrote:Hi basjan, jammer my huis het ni lugversorgers ni
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Yskas, vrieskas, mikrogolf, wasmasjien, skottelgoed wasser, tv, ligte.
Gas stoof
Die nuutste op mark is nou LED gloeilampe, gebruik amper niks krag ni, baie minder as energy savers, gee kwaai lig.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 7:05 am
by Izak H
Dis nou 07h03, son sit nog laag en kwaai oos, panele wys reg noord, en hy maak al 98w se krag[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201903 ... e25e39.jpg[/IMG]
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 7:41 am
by Gbyleveldt
Izak H wrote:Naand sê, ek het so 2 weke terug my sonkrag stelsel in gesit, maar wou hom 'n tyd laat "loop" voor ek vertel.
2x 2.4kwh pylontech batterye
5kw inverter
4x 325w panele
My hele huis, behalwe geyser, hardloop heeldag op panele en laai nog batterye ook, as son sak loop huis op batterye en as batterye, wat ni sommer gebeur ni, te laag sak skop munisipale krag in om batterye op vlak te hou.
Die stelsel is so dat ek enige iets kan by las - nog inverter of batterye of panele.
Di pylontech batterye maak dit duur, maar soos julle reeds genoem het op di lang duur di geld werd.
Koste R83k
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Hierdie klink omtrent presies na die sisteem wat ek nodig het. Watter maak Inverter het jy gebruik?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 8:09 am
by Izak H
5kw Axpert 48v 80a mppt inverter
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 8:51 am
by tau
Izak H wrote:Dis nou 07h03, son sit nog laag en kwaai oos, panele wys reg noord, en hy maak al 98w se krag
Dit is die wonderlikste ding van 'n sonpaneel hy lê op die naat van sy rug in die son dan doen hy sy beste werk

nes meeste mans glo hulle doen.
Ek het so 150w paneel met 'n Projekta controller wat my batterye laai in my kampwa. Hy maak so sagte deuntjie as hy begin laai en ek was al geskok om te hoor vroeg oggend as die donker net breuk begin hy te sing. My onkunde het altyd gedink dit is net direkte sonstrale wat die panele laat werk.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 10:17 am
by ruaanb
Izak H wrote:Dis nou 07h03, son sit nog laag en kwaai oos, panele wys reg noord, en hy maak al 98w se krag//uploads.tapatalk-cdn.com/20190327/764b2590d926069a2a78370f66e25e39.jpg
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 12:45 pm
by Sako308
https://www.businessinsider.co.za/this- ... ver-2019-3
Kyk hierdie link vir nogal duur opsies maar omvattende oplossings, met "payback van etlike jare.
Mike
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 1:13 pm
by Izak H
5kw Axpert 48v 80a mppt inverter
Ek sal vra wat is panele se naam
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 1:33 pm
by Pvdw
Van die pryde is rof!!! Lekker is dat jy klein kan begin en aanlas oor tyd. Dis maar my plan.
My 4kW grid tie sisteem het op sy beste gister perform met 'n totale lewering van 25.5kW/h. Dis meer as my verbruik deur die dag so ek sal moet begin wiskunde doen vir stoorplek.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 2:05 pm
by Hein M.
Dalk het iemand reeds gevra / genoem..
Ek soek iets kleins wat vir my wi-fi modem kan krag gee vir 4 ure. Iets herlaaibaar. Dan dalk die LED TV ook, maar dis nie so noodsaaklik nie.
Enige voorstelle?
Groetnis!
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 2:41 pm
by Vleisie
Hein M. wrote:Dalk het iemand reeds gevra / genoem..
Ek soek iets kleins wat vir my wi-fi modem kan krag gee vir 4 ure. Iets herlaaibaar. Dan dalk die LED TV ook, maar dis nie so noodsaaklik nie.
Enige voorstelle?
Groetnis!
Ek gebruik vir my wifi tans ñ RCT 2000va UPS, hy trek my wifi vir so 7-8 ure, wat vir my voldoende is, aangesien ek geen opvangs het nie, is my wifi my enigste bron van kommunikasie. Dus moet hy lank genoeg bystand gee as ons krag onderbrekings het, anders as loadshedding.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 2:55 pm
by ruaanb
Ek gebruik die RCT1000 vir dieselfde doel en hy werk baie mooi. Moet net plan maak met daai alarm piep.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Wed Mar 27, 2019 5:57 pm
by Gbyleveldt
Gbyleveldt wrote:Izak H wrote:Naand sê, ek het so 2 weke terug my sonkrag stelsel in gesit, maar wou hom 'n tyd laat "loop" voor ek vertel.
2x 2.4kwh pylontech batterye
5kw inverter
4x 325w panele
My hele huis, behalwe geyser, hardloop heeldag op panele en laai nog batterye ook, as son sak loop huis op batterye en as batterye, wat ni sommer gebeur ni, te laag sak skop munisipale krag in om batterye op vlak te hou.
Die stelsel is so dat ek enige iets kan by las - nog inverter of batterye of panele.
Di pylontech batterye maak dit duur, maar soos julle reeds genoem het op di lang duur di geld werd.
Koste R83k
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Hierdie klink omtrent presies na die sisteem wat ek nodig het. Watter maak Inverter het jy gebruik?
Dankie Izak, ek verstaan die Axpert is populer.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Thu Mar 28, 2019 10:14 am
by Hein M.
Vleisie wrote:Hein M. wrote:Dalk het iemand reeds gevra / genoem..
Ek soek iets kleins wat vir my wi-fi modem kan krag gee vir 4 ure. Iets herlaaibaar. Dan dalk die LED TV ook, maar dis nie so noodsaaklik nie.
Enige voorstelle?
Groetnis!
Ek gebruik vir my wifi tans ñ RCT 2000va UPS, hy trek my wifi vir so 7-8 ure, wat vir my voldoende is, aangesien ek geen opvangs het nie, is my wifi my enigste bron van kommunikasie. Dus moet hy lank genoeg bystand gee as ons krag onderbrekings het, anders as loadshedding.
Baie dankie! Waardeer!
Groetnis!
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Thu Mar 28, 2019 5:05 pm
by Plaashaas
Verskoon maar die dom vraag:
Kan son panele en inverter sonder batery/e werk om bv n .75kW boorgat pompie te trek?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas
Posted: Thu Mar 28, 2019 5:25 pm
by Gbyleveldt
Plaashaas wrote:Verskoon maar die dom vraag:
Kan son panele en inverter sonder batery/e werk om bv n .75kW boorgat pompie te trek?
Yebo, my Pa het twee van hulle. Die pomp kom met inverter klaar ingebou spesifiek vir son panele.