ek dink nie dis n kwessie dat Beretta nie die geld het nie, ek dink dit is n kwessie dat dit teen sy/jou beginsels om te betaal vir iets wat jy moes behaal deur verdienste en nie deur geld nie. Beretta is dus beginselvas, en daarvoor het ek respek.
ek het n voorstel:( miskien moet ons dit n eksperiment noem)
ek is maar 3 jaar lid van SA Jagters. dus was ek eers nie lid nie, maw ek kon sien wat was die jagters lewe sonder hulle en wat was die jagters lewe met hulle. ek sou waarskeinlik nooit aangesluit het as dit nie vir die nuwe wetgewing was nie. SA Jagters het nie my jagters lewe handomkeer verander nie. maar hulle het tog my jagterslewe verryk. ek geniet die skiet dae(alhowel party reels te streng is) ek het die toegewyde jagters kursus ter dee geniet. Beretta, ek sien jy is kwaad en gefrustreerd, maar ek dink jy verkwalik die verenigings vir die wet wat ons almal kwaad maak. dont shoot the messenger. of so iets. nou jy staan aan die kant van die jagter wat nie hou van die verenigings nie. jy het jou redes en ek het respek daarvoor. die kwessie hier is hoe kry ons n ABSOLUTE neutrale opinie oor jagtersvereingings. en hier is my voorstel.
ek sal jou SA Jagters kurses fooi en aansluitings fooi en 1 jaar se lid fooie betaal. hoekom? slegs 1 rede. ek glo na n jaar in manne se geselskap wat dieselfde voel oor jag, gewere, die natuur, die wet en God se skepping kan jy dalk anders voel. en as jy anders voel dan is jy wat eers ons grootste oponent was dan ons grootste kampioen. sou jy wel nog steeds dieselfde voel as wat jy nou voel na n jaar, dan beteken dit ons as n jag vereniging moet hand in eie boessem steek. wat ookal die uitkoms dit kan net tot jagters oral oor se voordeel wees. so dit is n wen wen aksie vir ons almal. jy is dus totaal onafhanklik omdat jy nie self jou lidmaatskap betaal het nie, en dus sal jou opinie(hetsy posetief of negatief) baie tel, want jy is tans n onafhanklikke persoon. ek glo egter jy sal hou van wat jy sien en ervaar, dus pak ek die projek in geloof aan. (geloof maw jou ondervinding vir die volgende 12maande) wees verseker ek doen dit om selfsugtige redes. laat ons mekaar nie daaroor verkeerd verstaan nie. ek glo jy sal na n jaar SA Jagters ondersteun en dus so 1 van ons grootste bates wees.
ek wou se ek het n paar voorwaardes, maar dit sou arogant voorkom, so ek sal eerder se ek het n paar versoekke. 1) sou jy my toelaat om jou kostes te dek versoek ek om jou eendag te ontmoet(verkieslik sou ek graag saam met jou wil jag en n aan dof 2/3 saam met jou om die kampvuur deurbring) 2) verder versoek ek dat jy na n jaar se lidmaatskap onderneem om jou eerlike opinie oor jou ondervinding tydens die jaar, met sa jagters hier op jaracal met ons te deel. hetsy posetief of negatief. en dan my laaste versoek is dat jy sal gaan na die SA Jagters tak, wat ons jaracal sa jagters lede aanbeveel, vir jou toegewyde jagters opleiding. ek het n spesifieke instrukteur en tak ingedagte wat n n erkende opleier is binne in SA Jagters. die ding is die die man stamp gereeld koppe met SA Jagters en hny maak geen geheim daarvan nie.
ek sluit af deur te se: ek is n gewone lid van SA Jagters, my tak se voorsitter weet nie wie ek is nie en ek sit in geen bestuurs posisie van hulle nie, en alhoewel ek gereeld kapsie maak oor skere besluite weet ek hulle probber die regering namens ons aanvat. ek doen hierdie voorstel sonder om jou vooregte te benadeel of om druk op jou te plaas. sou jy jy hierdie aanbod of eksperiment aanvaar is daar geen verpligtinge op jou aan my nie.
ek weet nie van die res van julle manne nie maar ek sien uit na die ondervinding, en as daar ander manne is wat my wil help om Beretta se kostes te dek, noem dit hier. dit sal net jou oortuiging bevestig. sien dit as n sosiale eksperiment.
ns. as hier nou n paar spelfoute of typo's is ignoreer maar. ek het lank genoeg getik aan die storie ek gaan dit nie nou weer check vir foute nie.
