Gunsite e pos

Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Beretta »

Jagbehep
Nee glad nie maar hoekom dreig die organisasies jou met as jy nie betaal nie.Weereens soos ek reeds gese het as jou finansiele begroting dit nie toelaat nie want BEE en die (vyand) ens.  Dan is jy nie n toegewyde jagter nie dit gaan oor die geld en niks anders nie.So ek moet my eiendom wat reeds betaal is gaan inhandig omdat my status verander het.En sodra BEE en die (vyand) my bv weer goedgesind is kan ek nou maar weer vir my gewere koop en de fooi betaal en weer toegewyd word ???.So hoekom word daar nie aan daardie aspek  deur die "establishment" gewerk nie laat die persoon bevoeg verklaar word en klaar.Die rede die "establishment" gaan geld verloor.So dit is nie vir hulle die moeite werd om dit te doen nie.GLO MY ek is nie gekant teen n verbetering nie maar dit moet vir almal werk nie net vir die "establishment" wat dit sal endoseer teen n fooi nie.
Groete
Beretta
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1611
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Gunsite e pos

Post by blaser »

243 songdaug
sorry dat ek nou sommer hier op baretta se antwoord inmeng
hoe is dit moontlik dat as jy as toeggewyd deur jou vereniging gekeur is dat jy dit verloor sodra jy nie meer betaal nie
dit klink my die vereenigings is net n geldmaak organisasie
bo genoemde is nie so seer my oorweging hoekom ek nie aan n vereniging behoort nie maar omdat verenigings nie meer verenigings in die waare sin is nie maar wel winsgewende bedrywe waar deur sekere mense bevoordeel word
seker nie almal nie maar baie van die verenigings is famielie besighede met gunste vir vriende werking
dit sal n donkerdag wees as die sogenaamde verenigings betroke is by die lisensie proses
ons betaal genoeg belasting en is dit die staat se werk
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Beyers »

243Songdaug en ek praat uit dieselfde mond.
Die wet se dat om 'n toegewyde jagter te wees jy opbetaalde en aktiewe lid van 'n vereniging moet wees. Dus as jy nie meer lid is nie verbeur jy jou toegewyde status.
Ek is 'n onderwyser, om in SA onderwys te gee moet ek lid wees van van SACE, ek het nie gevra om lid te wees nie, maar ek moet die geld word van my salaris afgetrek en ek moet my bek hou. As ek as Professionele jagter wil optree moet ek lid wees van PHASA, ek het die kwalifikasie, maar as ek oorsese kliente uitneem tree ek wederegtelik op.

SAJWV gaan nie betrokke wees in die lisensiering nie. Hulle wil 'n fasiliteit daastel waar wanneer ek aansoek doen hulle my bystaan met die aansoek.
Is die vorm korrek ingevul, Is die vorm volledig ingevul, Is daar 'n motivering, Is daar bewyse van nodigheid. en dies meer. Die endossement wat hulle uitreik stel dat jy 'n lid is en dat die wapen waarvoor jy aansoek doen geskik is vir die doel. (as jy sou se jy kry 'n .38 spcl met 'n 2" loop om koedoe op 80m te kan skiet met 'n 700gr punt gaan jy sekerlik nie die endossement kry nie). Hulle sal dan sertifiseer dat die aansoek volledig is om sodoende jou aansoek te bespoedig. (ek doen presies dieselfde - behalwe sertifisering- in my dorp en die koste is 'n bottel single malt whisky)

Jaco die aansluitingsfooi is verminder na R100 so terloops.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Gunsite e pos

Post by 243Songdaug »

Beyers - die verminderde aansluitingsfooi is baie goeie nuus.  Ek het vanoggend gehoor dat die R55 wat ons moet betaal om dubbele status te kan h? ook afgeskaf is!!!
Dont tell me, show me......
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1611
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Gunsite e pos

Post by blaser »

beyers
m a w  n sogenaamde gesertifiseerde aansoek moet voorang geniet bo my aansoek

gaan gerus terug op die post ek verstaan die jag verenigings wil meer betrokke wees as net om aansoeke te endoseer wat volgens my niks beteken nie al my aansoeke was nog altyd voledig en korek en goedgekeur

gelukkig is die wet besig om te verander
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Beretta »

Dag se Beyers
Ek drink nie maar laas toe ek gekyk het was daardie whiskey single malt so twee jaar se fooie gewees ;D.Nou wat gebeur as ek self die motiveering skryf en doen gaan dit meer of minder beteken.(kry sommer afskrif hier op hierdie bakgat forum) soos jy se jy moet lid wees van n vereeniging.As ek nie kan betaal nie wat is ek dan en wat word dan van my gewere gaan jy nog jou fooi betaal by sace as jy ophou om n oderwyser te wees (ek hoop nie so nie want ons land het n tekort aan julle manne)dit is waar oor dit gaan wat was jy gewees n oderwyser of nie.(Beyers jy moet maar my spelling verskoon was nog nooit in die onnie se oe hot met dit gewees nie.Maar het 120% gekry vir stront praat ;D)
Groete
Beretta
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Gunsite e pos

Post by 243Songdaug »

Beyers, ek hoop nie ek klim nou in jou poeding in die.

Beretta, SAJWV is baie tegemoedkomend - ek weet van gevalle waar hulle lede met fiansi?le probleme tot soveel as 3 jaar gegun het om hul lede gelde weer op datum te kry.  Al wat nodig was is dat die lid hoofkantoor moes kontak en sy situasie verduidelik.

Die SAJWV se mense het hart - hulle verstaan dat nie almal dit dik het nie en dat ons maar soms so bietjie swaar trek.

Soos ek dinge tans kyk het SAJWV sy fooie heelwat verlaag om nuwe aansluitings sowel as gevestigde lede tegemoed te kom.

Beretta, ek (soos ander takvoorsitters) kry gereeld inligting vanaf SAJWV rondom die vereniging se begroting.  Byna elke send wat ons in word terug geploeg in die lede in.       
Dont tell me, show me......
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Beyers »

Remington
Nee, maar jou aansoek behoort nie terug te kom met komentaar soos onvoldoende bewys van nodigheid van wapen, of brief van jou werkgewer ter stawing van jou aansoek is uitstaande of enige van die redes wat hulle aanvoer dat jou aansoek afgekeur word. en jA  daar staan behoort.
Beretta jy moet gaan kla dat jy benadeel is jy moes baie meer as 120% gekry het.
Ek begin nou verstaan wat jou hartseer is, dis gaan oor die feit dat geld jou die toegewyde jagter status besorg. (ek het agter in die klas gesit - maar net 'n onderwyser). MAW Al kan jy nie die BGOA se fooie bekostig nie kan jy nie toegewyde status verkry nie. Daaroor is ek jou dit eens dat die status elitist en rykmansvoorreg is. Dis nogal een wat moet aangespreek word.
Beyers
Terloops die single malt is betaalbaar nadat jou aansoek goedgekeur is. Baie aansoeke is goedgekeur, maar min het kom betaal. Maar soos my pa aanhaal "not all men you deal with are gentlemen"
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1611
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Gunsite e pos

Post by blaser »

beyers
verstaan nie mooi nie maar iedergeval is ek bevooreg om nie n werkgewer te he nie en was tot dusver gelukkig om al my aansoeke goedgekeur te kry selfs n paar semi autos
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Beretta »

Beyers
Jis mnr ek is nou jammer om te hoor die die betaling van die whiskey is so stadig die manne moet maar kom bik nie om die seep optetel nie  ;D maar vir  6 van die bestes.Ek is bly jy sien my argument in ons moet maar versigtig wees dat dit nie so gesien word nie (die status ding)
Groete
Beretta
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gunsite e pos

Post by James Wilson »

ek dink nie dis n kwessie dat Beretta nie die geld het nie, ek dink dit is n kwessie dat dit teen sy/jou beginsels om te betaal vir iets wat jy moes behaal deur verdienste en nie deur geld nie. Beretta is dus beginselvas, en daarvoor het ek respek.  

ek het n voorstel:( miskien moet ons dit n eksperiment noem)

ek is maar 3 jaar lid van SA Jagters. dus was ek eers nie lid nie, maw ek kon sien wat was die jagters lewe sonder hulle en wat was die jagters lewe met hulle. ek sou waarskeinlik nooit aangesluit het as dit nie vir die nuwe wetgewing was  nie.  SA Jagters het nie my jagters lewe handomkeer verander nie. maar hulle het tog my jagterslewe verryk. ek geniet die skiet dae(alhowel party reels te streng is) ek het die toegewyde jagters kursus ter dee geniet.  Beretta, ek sien jy is kwaad en gefrustreerd, maar ek dink jy verkwalik die verenigings vir die wet wat ons almal kwaad maak. dont shoot the messenger. of so iets.   nou jy staan aan die kant van die jagter wat nie hou van die verenigings nie. jy het jou redes en ek het respek daarvoor. die kwessie hier is hoe kry ons n ABSOLUTE neutrale opinie oor jagtersvereingings. en hier is my voorstel.

ek sal jou SA Jagters kurses fooi en aansluitings fooi en 1 jaar se lid fooie betaal.  hoekom? slegs 1 rede.  ek glo na n jaar in manne se geselskap wat dieselfde voel oor jag, gewere,   die natuur, die wet  en God se skepping kan jy dalk anders voel. en as jy anders voel dan is jy wat eers ons grootste oponent was dan ons grootste kampioen.  sou jy wel nog steeds dieselfde voel as wat jy nou voel na n jaar, dan beteken dit ons as n jag vereniging moet hand in eie boessem steek.  wat ookal die uitkoms dit kan net tot jagters oral oor se voordeel wees. so dit is n wen wen aksie vir ons almal.  jy is dus totaal onafhanklik omdat jy nie self jou lidmaatskap betaal het nie, en dus sal jou opinie(hetsy posetief of negatief) baie tel, want jy is tans n onafhanklikke persoon. ek glo egter jy sal hou van wat jy sien en ervaar, dus pak ek die projek in geloof aan. (geloof maw jou ondervinding vir die volgende 12maande)    wees verseker ek doen dit om selfsugtige redes. laat ons mekaar nie daaroor verkeerd verstaan nie. ek glo jy sal na n jaar SA Jagters ondersteun en dus so 1 van ons grootste bates wees.

ek wou se ek het n paar voorwaardes, maar dit sou arogant voorkom, so ek sal eerder se ek het n paar versoekke. 1) sou jy my toelaat om jou kostes te dek versoek ek om jou eendag te ontmoet(verkieslik sou ek graag saam met jou wil jag en n aan dof 2/3 saam met jou om die kampvuur deurbring)          2) verder versoek ek dat jy na n jaar se lidmaatskap onderneem om jou eerlike opinie oor jou ondervinding tydens die jaar, met sa jagters hier op jaracal met ons te deel. hetsy posetief of negatief.          en dan my laaste versoek is dat jy sal gaan na die SA Jagters tak, wat ons jaracal  sa jagters lede aanbeveel,   vir jou toegewyde jagters opleiding.     ek het n spesifieke instrukteur en tak ingedagte wat n n erkende opleier is binne in SA Jagters. die ding is die die man stamp gereeld koppe met SA Jagters en hny maak geen geheim daarvan nie.

ek sluit af deur te se:  ek is n gewone lid van SA Jagters, my tak se voorsitter weet nie wie ek is nie en ek sit in geen bestuurs posisie van hulle nie, en alhoewel ek gereeld kapsie maak oor skere besluite weet ek hulle probber die regering namens ons aanvat.  ek doen hierdie voorstel sonder om jou vooregte te benadeel of om druk op jou te plaas. sou jy jy hierdie aanbod of eksperiment aanvaar is daar geen verpligtinge op jou aan my nie.

ek weet nie van die res van julle manne nie maar ek sien uit na die ondervinding, en as daar ander manne is wat my wil help om Beretta se kostes te dek, noem dit hier. dit sal net jou oortuiging bevestig. sien dit as n sosiale eksperiment.
ns. as hier nou n paar spelfoute of typo's is ignoreer maar. ek het lank genoeg getik aan die storie ek gaan dit nie nou weer check vir foute nie. :D
Last edited by James Wilson on Mon Jun 27, 2011 9:14 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Beretta »

Jagbehep
Ek moet vir jou se dat dit is ouens soos jy wat hierdie n moerse great site maak.Jy het moerse goeie negotiating skills .Soos hulle se you make me a offer that i cant refuse.Jou offer vir die braai staan.Jou voorstel is glad nie arogant nie ek dink dit word opreg bedoel en ek waaardeer dit.
Goete
Beretta
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Gunsite e pos

Post by 243Songdaug »

Jagbehep.

Ek sit tans so bietjie tussen die boom en die bas - nuwe betrekking aanvaar, maar ek is bereid om 200 bokke te haak vir hierdie idee.

Ek dink dis baie onbaatsugtig van jou en dit weerspli?el in alle opsigte ons waardes en doelstellings.

As jy voortgaan - pm my gerus jou bankbesonderhede dan deponeer ek die fondse reguit in jou rekening.

Groete.
Songdaug 
Dont tell me, show me......
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Beretta »

243Songduag
Ek hoop die 200 bokke is vir die braai vleis  ek sal 500 bokke vir die braai vleis gee en al die coke voorsien ;D
Groete
Beretta
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gunsite e pos

Post by James Wilson »

Beretta, ek en jy sal nou moet beter begin gesels

die tak waar ek graag wil he jy moet die kursus doen is in Bloemhof, maar soos ek gese het dit is net as dit moontlik is.
miskien moet jy vir my hier laat weet waar jou naaste SA Jagters tak is, en dan vat ons dit van daar af.


verder dink ek om die hele aanbod/eksperiment so regverdig/deursigtig as moontlik te hou moet ons,  ons reelings hier openlik op die forum reel.    dit sal net later as jy jou onafhanklike opinie gee, dit meer geloofwaardig maak.

hel ek is nou lekker opgewonde oor die storie, en nog meer om eendag vir Beretta te ontmoet.    terloops ek wag nog vir die dag wat Beretta n jaggeweer maak.

lekker aand
James

ns  dankie vir die sa Jagters lede wat reeds belowe het om by te dra met die kostes.  die ander lede moet maar ook van hulle laat hoor, jou bydra wys maar net jy glo in jou vereniging
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Christo »

Jagbehep! wrote: ........................terloops ek wag nog vir die dag wat Beretta n jaggeweer maak.
James, ek lees nou die dag dat hulle 1200 wapens per dag vervaardig. Ek het nie gedink daar is soveel kopers daar buite nie. Hulle jaggeweer sal iets besonders wees.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gunsite e pos

Post by James Wilson »

Christo wrote:
Jagbehep! wrote: ........................terloops ek wag nog vir die dag wat Beretta n jaggeweer maak.
James, ek lees nou die dag dat hulle 1200 wapens per dag vervaardig. Ek het nie gedink daar is soveel kopers daar buite nie. Hulle jaggeweer sal iets besonders wees.

hou in gedagte dat hulle baie  en baie groot militere kontrakte het.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply