Skiet kursus.

A place to advertise or mention a course/ Die plek om jou kursusse te adverteer of bekend te stel
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Pvdw »

Hi Spanner, ek glo darm nie jy is TE laat nie. Piet se foon is nie beskikbaar vir so 2 dae al so ek glo nie hy het al die manne "opgecheck" nie :o :o Ek dink jy het net-net by die agterdeur ingeglip :D :D

Bly jy kan dit maak en sien saam uit daarna.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Pvdw »

Manne wat die finale re?lings aan betref. Piet het die padkaart op en Stefan het opgevolg met 'n mooi kaart.

Lys van benodighede is reeds geplaas.

Piet beplan om so na moontlik  aan 8uur te begin so val asb so in die pad dat julle 7:30 daar is.

Onthou die peusel happies vir middag breuk en dan die braai na die tyd 8) 8).

Ek laat weet as daar nog iets is wat deur kom.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Spanner »

Dankie Peet, ek het gehoop julle kan my ook inpas !

Spanner
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Skiet kursus.

Post by martinf »

Hi Almal

Ek weet nie van julle nie maar ek sien redelik uit. Sien almal saterdag.

Groete

Martin
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Pvdw »

Dag almal. Vandag met Piet gesels. Als loop mooi vir Saterdag. Ons raak-raak so aan die 20+ man op die kursus. Ek kan nie wag nie en sien uit om julle te ontmoed.

O ja, as ek reg verstaan het die SA span silwer gewen. Baie geluk aan die SA span.

Sien julle Saterdag 8:00

Peet
Work to live, don"t live to work
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Skiet kursus.

Post by Jean Marais »

Dags? manne

Dit was met groot verwagting en opgewondenheid toe ek en my vriende in die pad geval het Delmas se kant toe. Almal was dit eens dat selfs die beste skuts nooit volleerd is nie, en dit was met daardie wete en baie entosiasme waarmee ons op die plaas aangekom het.

Daar aangekom, was ons hartlik ontvang deur Piet en Peet, en ook Willie, die plaaseienaar. Ek moes ?rens in die plaaspad oor 'n skerp voorwep gery het, want kort nadat ons gegroet en onsself voorgestel het, hoor ek hoe die band van my bakkie afblaas. Piet het dit sommer net daar vir my heelgemaak, wat my darem 'n pap band gespaar het.  ;D ;D

Die kursus het aan al die verwagtinge voldoen, en behalwe vir die redelike sterk wind wat elke nou en dan gedreig het om ons afdak te verwoes, was alles volgens my perfek. Piet het nie geskroom om met die groep al sy geheimpies en truuks te deel nie, en toe dit eindelik by die skiet self kom, het die toepassing van dit wat hy ons geleer het dadelik vrugte afgewerp.

Ons is laaank na die braai eers huistoe en dit was toe al sterk donker.

Weereens baie dankie vir almal wat met die reelings gehelp het, en veral vir jou Piet, wat jou kennis met ons kom deel het. Jy mag maar....

Groete

Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply