Dags? manne
Dit was met groot verwagting en opgewondenheid toe ek en my vriende in die pad geval het Delmas se kant toe. Almal was dit eens dat selfs die beste skuts nooit volleerd is nie, en dit was met daardie wete en baie entosiasme waarmee ons op die plaas aangekom het.
Daar aangekom, was ons hartlik ontvang deur Piet en Peet, en ook Willie, die plaaseienaar. Ek moes ?rens in die plaaspad oor 'n skerp voorwep gery het, want kort nadat ons gegroet en onsself voorgestel het, hoor ek hoe die band van my bakkie afblaas. Piet het dit sommer net daar vir my heelgemaak, wat my darem 'n pap band gespaar het.
Die kursus het aan al die verwagtinge voldoen, en behalwe vir die redelike sterk wind wat elke nou en dan gedreig het om ons afdak te verwoes, was alles volgens my perfek. Piet het nie geskroom om met die groep al sy geheimpies en truuks te deel nie, en toe dit eindelik by die skiet self kom, het die toepassing van dit wat hy ons geleer het dadelik vrugte afgewerp.
Ons is laaank na die braai eers huistoe en dit was toe al sterk donker.
Weereens baie dankie vir almal wat met die reelings gehelp het, en veral vir jou Piet, wat jou kennis met ons kom deel het. Jy mag maar....
Groete
Jean