Page 28 of 42
Re: Pay it forward
Posted: Tue Mar 10, 2020 7:34 pm
by Jurie Vermaak
AJ Botha wrote: Tue Mar 10, 2020 7:31 pm
Jurie kan ek daai kolf kry asb. Ek het 'n 243 wat nie mooi skiet met sy Hogue kolf nie. Ek stuur 'n PM! Sal weer in ruil paar goedjies hier kan opsit.
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Hy is joune
Re: Pay it forward
Posted: Tue Mar 10, 2020 8:02 pm
by AJ Botha
Baie dankie Jurie, ek sien baie uit!
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Re: Pay it forward
Posted: Wed Mar 11, 2020 8:09 am
by Plaashaas
Goeie krismis! Dis groot van jou Jurie!
Re: Pay it forward
Posted: Wed Mar 11, 2020 10:56 am
by Toxxyc
Ja ek moes twee keer lees, en toe seker maak ek is in die regte forum toe ek daardie een lees

Re: Pay it forward
Posted: Wed Mar 11, 2020 11:36 am
by PierrieT
Frederik wrote:Pierre kan ek die 160gr 6.5 neem asb. ek het juis die naweek dit gaan toets en hulle loop mooi.
Oom het my net 20 gegee omdat hy genoem hy sukkel met sy 6.5 met hulle, toe werk ek vir hom lading uit wat hy net moet gaan klaar maak vir sy roer.
Ek sal net moet rondkrap wat ek weer kan forward.
Hulle is joune Frederik. Ons praat aflyn om reëlings te tref.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Pay it forward
Posted: Wed Mar 18, 2020 7:07 pm
by Klopper
Holsters behoort medium size pistool te vat. Ek is in Centurion gelee.
Re: Pay it forward
Posted: Thu Apr 02, 2020 3:22 pm
by Wielie Waps
Ek skuld nog iets vir die goodies wat ek by Toxxyc gekry het.
Ek gooi 55gr Frontier CMJ'S (100) in. Volgens my gaan hulle lekker loop in 'n semi auto.
55 gr CMJ.jpg
Re: Pay it forward
Posted: Thu Apr 02, 2020 8:19 pm
by Geno
Wielie Waps wrote:Ek skuld nog iets vir die goodies wat ek by Toxxyc gekry het.
Ek gooi 55gr Frontier CMJ'S (100) in. Volgens my gaan hulle lekker loop in 'n semi auto.
55 gr CMJ.jpg
Ek kan hul gebruik in my AR om bokke te skiet uit die helikopter uit.
Ek gooi weer n RCBS seating die in 7x57 in die hoed. Hy is so goed soos nuut en sonder enige roes.
Koerier vir die ou wat hom neem.
Sent from my SM-G988B using Tapatalk
Re: Pay it forward
Posted: Thu Apr 02, 2020 10:43 pm
by Wielie Waps
All good , Geno. Sal sommer by jou huis afgooi , na lockdown.
Re: Pay it forward
Posted: Fri Apr 03, 2020 8:46 am
by Frederik
Ek het die volgende om aan te gee vir iemand wat dalk hulle eie stock wil op top.
30 x TSX 375 235gr Koeels
37 x Sierra Gameking 375 250gr Koeels
Re: Pay it forward
Posted: Fri Apr 03, 2020 8:53 am
by Geno
Wielie Waps wrote: Thu Apr 02, 2020 10:43 pm
All good , Geno. Sal sommer by jou huis afgooi , na lockdown.
Dankie Willem!
Re: Pay it forward
Posted: Fri Apr 03, 2020 6:16 pm
by J P
Frederik wrote:Ek het die volgende om aan te gee vir iemand wat dalk hulle eie stock wil op top.
30 x TSX 375 235gr Koeels
37 x Sierra Gameking 375 250gr Koeels
Hallo Frederik
Ek sal hulle graag by jou oorneem. Sal gou gaan kyk wat ek in die pot kan gooi.
Groete
Sent from my SM-N950F using Tapatalk
Re: Pay it forward
Posted: Fri Apr 03, 2020 9:45 pm
by Nico de Jager
JP, net AS jou deal nie deur gaan nie, staan ek groot asb agter jou in die ry.
Groete
Re: Pay it forward
Posted: Sat Apr 04, 2020 9:47 am
by Frederik
JP, hulle is joune praat met my op privaat kanaal wat se reelings jy wil maak sien jy is in Bloem.
Re: Pay it forward
Posted: Sat Apr 04, 2020 9:49 am
by Mauser browser
PierrieT wrote:Goeie middag,
Ek het die volgende items wat ek beskikbaar stel vir iemand wat 'n werklike nut daarvoor sou he:-
1 x 300WSM Lyman Die Set - skaars gebruik - Beskikbaar
100 x 6.5mm 160gr Hornady Round Nosel punte - Geneem deur Frederik
Posgeld vir die koper.
Groete
Pierrie
Môre PierreT
Kan ek asb die 300WSM Die Set by jou oorneem. Ek stuur vir jou ‘n PM.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Pay it forward
Posted: Sat Apr 04, 2020 6:01 pm
by J P
Ek het toe gaan kyk wat ek in die pot kan gooi vir iemand anders nadat ek 'n paar koeëls by Frederik gekry het.
Ek het die volgende beskikbaar:
1x pakkie van 50 (geseël) + nog ekstra 35 GS Custom 69gr HV koeëls vir 243
1 x pakkie van 50 (geseël) Goodnel 130gr Plainsmaster 7mm koeëls
Groete
J P

Sent from my SM-N950F using Tapatalk
Re: Pay it forward
Posted: Sat Apr 04, 2020 7:25 pm
by dennisinpe
Ek neem graag die GS 69 gn koeels indien reg is.
Sal krap.
Dennis
Re: Pay it forward
Posted: Sat Apr 04, 2020 8:03 pm
by J P
Reg so Dennis, hulle is joune. Ons praat verder op privaat kanaal oor aflewering.
Groete
J P
Sent from my SM-N950F using Tapatalk
Re: Pay it forward
Posted: Sun Apr 05, 2020 4:55 am
by PierrieT
Mauser browser wrote: Sat Apr 04, 2020 9:49 am
Môre PierreT
Kan ek asb die 300WSM Die Set by jou oorneem. Ek stuur vir jou ‘n PM.
Sent from my iPhone using Tapatalk
More Mauser browser,
Ek reël met vir vir die versending.
Groete
Re: Pay it forward
Posted: Sun Apr 05, 2020 8:23 am
by dennisinpe
Ek gooi hierdie Lee Perfect Powder Measure in die pot. Uitstekende toestand.
Dennis
Re: Pay it forward
Posted: Sun Apr 05, 2020 8:30 am
by Frederik
Dennis, kan ek die powder measure neem asb?
Re: Pay it forward
Posted: Sun Apr 05, 2020 8:34 am
by dennisinpe
Miskien is daar iemand wat hierdie 20 30-06 doppe kan gebruik. Skoon met slagdoppie uit. Vir daardie spesiale jagkoeels wat nie jou batch doppies deurmekaar krap nie.
Dennis
Re: Pay it forward
Posted: Sun Apr 05, 2020 8:37 am
by dennisinpe
Sjoe, vinnig vanoggend.
Goed so Frederik. Pm my vir reelings.
Dennis
Re: Pay it forward
Posted: Sun Apr 05, 2020 1:34 pm
by Dumbluck
As jy die kan gebruik is dit joune.
Ek is in Bellville.
O83565I3I9
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Pay it forward
Posted: Wed Apr 15, 2020 4:48 pm
by Xplicitly
In lyn met die verniet item vanaf Gerhardu wil ek graag iets weer voorentoe plaas vir iemand.
Ek het 'n nuwe LEE .243 die stel (letterlik een keer gebruik om 10 rondtes te laai) wat ek verniet sal weggee vir wie ookal die posgeld sal betaal.
Sent from my SM-G965F using Tapatalk