Lisensies

Post Reply
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Lisensies

Post by PJB »

Goeie Naand
Ek wil nie baie kwaai voor kom nie maar eks nou regtig moeg vir die wag vir my kaartjie! Ek het al amper 4 weke trug my sms ontvang wat goedk. Bevestig het! Toe se hulle by kantoor dit vat tussen 1-2 weke! Nou as ek hulle bel of soentoe gaan se hulle net hys nie daar nie! Kan ek dit iewers gaan haal of wat want ek raak nou woedend vir daai tannie hulle! Asb help?
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Lisensies

Post by Martin Marais »

My 223 se lisensie is op 10-12-2012 goedgekeur. Nog geen kaartjie. Hierdie aansoek is op 06-08-2012 ingehandig,en ek wag nou nog vir die kaartjie. Het bevoegdheid sertifikaat en is ook toegewyde jagter. Die spul is besig om my bloeddruk op te jaag.
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Lisensies

Post by PJS »

PJB wrote:Goeie Naand
Ek wil nie baie kwaai voor kom nie maar eks nou regtig moeg vir die wag vir my kaartjie! Ek het al amper 4 weke trug my sms ontvang wat goedk. Bevestig het! Toe se hulle by kantoor dit vat tussen 1-2 weke! Nou as ek hulle bel of soentoe gaan se hulle net hys nie daar nie! Kan ek dit iewers gaan haal of wat want ek raak nou woedend vir daai tannie hulle! Asb help?
Ek voel ook al so. Kaartjie lê en wag om afgehaal te word deur plaaslike Polisie stasie. >:( >:(
Hulle sê vandag hulle gaan eers volgende Vrydag weer kaartjies haal!!!
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Lisensies

Post by henried »

Ek kan nie kla nie, in die laaste 5 maande, bevoegdheid, .22, en 30-06 gekry.

Die dames by die Vanderbijl polisie het regtig hulle ding gedoen en ek kan nie kla oor hulle diens.

Ek het altyd die nommer geskakel in Pta: 012 - 335 6000, dan het ek gevra om met iemand te praat wat werk met ons streek, GP Suid.
Elke keer was hulle meer as behulpsaam, en met die .22 het die dame moeite gedoen omdat dit volgens haar te lank gevat het.

Ek het ook 'n direkte nommer na GP Suid gekry, 012-353 6065/6111, maar hier moes ek mooi praat, die tannie was nie so behulpsaam nie...

Ek het tussen 6-9 weke gewag vir my lisensies.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Lisensies

Post by Beyers »

Gister 19/2 Finalized en Approved
Volgende aansoek gaan teen Vrydag gereed wees om in te gaan >:D
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Lisensies

Post by PJB »

Ek het nou weer n sms ontvang dat my lisensie by die kantoor is! ekt hulle geskakel! MY KAARTJIE IS DAAR! WOOOOOOP WHOOOOOP! Hier kom ek my gun haha!
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2334
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Lisensies

Post by JAGTERSREG-JRM »

Naandse

25 Januarie aansoek ingedien vir my .243 Howa en het hom vandag gaan oplaai..................en nou jik ek om hom te gaan uittoets.Ek het die houtkolf gekoop teen R7500 by Camdix en het n Redfield teleskoop opgesit.O ja en nuwe Howa's se snellers nie dieselfde as vorige batch wat ingekom het nie................... :-X :-X :-X
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Lisensies

Post by Wildjagter »

Baie geluk aan almal wat hul lisensies al gekry het. :) ek wil net gou hoor of dit standaard is om n sms te ontvang wanneer jou kaartjie by jou betrokke polisiestasie aangekom het? my lisensie is goedgekeur op 5 Feb, maar wag nog vir kaartjie.

Baie dankie

Cobus
.375 H&H Mag Bohler
.30-06 Spr Musgrave Santa Barbara
.25-06 Rem Ruger M77 MKii VT
.243 Win Savage 12 VLP DBM
.22lr Sako P54
12Br Beretta SxS
12Br Miroku O/U
9mm CZ P07
Bowtech Destroyer 350
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2334
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Lisensies

Post by JAGTERSREG-JRM »

Gewoonlik stuur hulle n sms as hy goedgekeur is en kontak jou as hy by Sapd kantoor aankom

Groete
Kobus
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Lisensies

Post by Wildjagter »

Baie dankie. kontak stasie gereeld, maar nog geen kaartjie sover. :) Sal maar wag
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Lisensies

Post by Albert_7 »

Aansoek gedoen op die 13de Nov 2012, 2 Februarie 2013 gecapture by DFO en 19de Februarie 2013 dam by cfr. Hoe lank vat dit dan nog gewoonlik om goedgekeur te word?
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Lisensies

Post by Wildjagter »

Jinx

Ek dink jy kan werk op so 3 weke...4 weke op die langste. Myne 14 Jan by CFR en 5 FEb goedgekeur.

Giter my kaartjie gaan haal en ook die nuwe roer!!!! Wat n gevoel!!!! :) :) :)
.375 H&H Mag Bohler
.30-06 Spr Musgrave Santa Barbara
.25-06 Rem Ruger M77 MKii VT
.243 Win Savage 12 VLP DBM
.22lr Sako P54
12Br Beretta SxS
12Br Miroku O/U
9mm CZ P07
Bowtech Destroyer 350
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Lisensies

Post by Albert_7 »

Oraait dankie! Ek het gehoor dat mens by sommige plekke jou geweer kan gaan afhaal voor jy die kaartjie het deur 'n papier by die polisie kantoor te kry wat aandui watter wapens op jou naam is. Dus sodra jou lisensie goedgekeur is gaan kry jy die papier en dan gaan haal jy jou geweer met hom. Enige iemand al ooit van so iets gehoor?
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Lisensies

Post by Wildjagter »

Plesier.

Dit is waar, maar hang van handelaar tot handelaar. maak maar net seker of die plek waar jou geweer is dit toelaat. :)
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: Lisensies

Post by Scrappies »

Naand Manne!

Ek wil julle om help vra asb!

Ek het n haelgeweer gekoop en die aansoek is nou al 3 week goed gekeur maar steeds geen kaartjie nie! Ek het die manne al gebel in Bloemfontein waar myne glo geprint moet word,maat die aap het net my bloedruk opgejaag toe ek hom n paar vrae begin vra en hy op my begin skree het.

Hy se hulle printers is van lyn af en kan net omtrent 10 of so kaartjies n dag druk,maar hy kan Niks daaraan doen nie en volgens hom is daar seker nog n 1000 wat geprint moet word voor myne! Dws hy gaan langer vat om the print as wat hy gevat het om goedgekeur te word!

Het julle manne nie n contact wat ek kan bel wat my sal kan help of net n ander tak of iemand wat my kaartjie sal kan print nie.

Asb manne! Eks regtig hardop!!

Dankie!!!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lisensies

Post by BRNO (Pierre) »

BRNO .06 (Pierre) wrote:
BRNO .06 (Pierre) wrote: Ek het eindlik nagelaat om dit te deel. Ons het vir my vrou aansoek ingedien vir kompetensie, sowel as lisensie vir .38 spesial op 19 Oktober. Die kompetensie is goedgekeur 28 November, en die lisensie is nou op vir finale goedkeuring.
Die finale goedkeuring het so effe langer gevat as verwag a.g.v. die Kerstyd ens., maar die lisensie is darrem goedgekeur op 12 Januarie 2013.

Ek dink darrem steeds is dit nie te sleg aangesien dit net minder as drie maande geneem het vir die bevoegdheid, sowel as die lisensie om af te handel.

Maandag 7 Januarie het my vrou haar aansoek ingedien vir haar .308 Savage Axis, en teen Donderdag was dit reeds by provinsiaal. Sal op hoogte hou van die vordering.
Die Savage .308 se lisensie is verlede week Donderdag, 28 Februarie, goedgekeur. Nou moet ons net weer wag vir die kaartjie.

Een van my "drome" het vandag waar geword, toe ek aansoek gedoen het vir n Brno Model 2 .22LR. Die geweer kom uit n boedel, en ongelukkig mag ek nie se wat ek betaal het nie, maar dit was baie naby aan tokkol. Die geweertjie se hout het n mooi skuur en behandeling nodig, maar ek het gedink ek en my seun sal ons twee .22's takel, en dit sommer n pa en seun projek doen, aangesien hy klaar my Remington .22lr geskaak het, en sy eie gemaak het. Die Brno lyk regtig asof hy vrek min gebruik was. As die magesyn n aanduiding is, wat feitlik nie n dop merkie ophet nie, is hy nog splinter nuut.
Veiligheid eerste manne!
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Lisensies

Post by Albert_7 »

Aansoek 8 Maart "in for consideration". Enige iemand 'n idee hoe lank dit nog vat?
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Lisensies

Post by Marc »

So twee weke as al jou papiere reg is ;)
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Lisensies

Post by Marc »

Baie geluk Pierre ;)
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Lisensies

Post by Chris Swart »

Hoe maak julle manne om op hoogte te bly van julle aansoeke.
Die dame by die polisiestasie het my gesê ek sal smse kry maar ek dink daar is iemand daar buite watvreemde smse kry oor 'n lisensie wat hy nie ingedien het nie, want ek kry minder as niks...

Bel julle die stasie waar die aansoek ingedien is, of CFR direk in PTA?
Indien dit CFR moet wees, het iemand dalk vir my 'n nommer, og nog beter 'n Naam van iemand om te kontak?

Groete
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Lisensies

Post by Jaco Swart »

My aansoek vir my 2 de Haelgeweer het 11 dae geneem om goedgekeur te word vandat hy in Pretoria geland het.

In totaal 18 dae vandat ek hom by Rustenburg ingehandig het totdat hy goedgekeur is. Vinnigste lisensie wat nog goedgekeur is uit die Rustenburg stasie.

Groete
User avatar
hencohugo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm

Re: Lisensies

Post by hencohugo »

Chris Swart wrote:Hoe maak julle manne om op hoogte te bly van julle aansoeke.
Die dame by die polisiestasie het my gesê ek sal smse kry maar ek dink daar is iemand daar buite watvreemde smse kry oor 'n lisensie wat hy nie ingedien het nie, want ek kry minder as niks...

Bel julle die stasie waar die aansoek ingedien is, of CFR direk in PTA?
Indien dit CFR moet wees, het iemand dalk vir my 'n nommer, og nog beter 'n Naam van iemand om te kontak?

Groete
012 3536111
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Lisensies

Post by Chris Swart »

hencohugo wrote:
Chris Swart wrote:Hoe maak julle manne om op hoogte te bly van julle aansoeke.
Die dame by die polisiestasie het my gesê ek sal smse kry maar ek dink daar is iemand daar buite watvreemde smse kry oor 'n lisensie wat hy nie ingedien het nie, want ek kry minder as niks...

Bel julle die stasie waar die aansoek ingedien is, of CFR direk in PTA?
Indien dit CFR moet wees, het iemand dalk vir my 'n nommer, og nog beter 'n Naam van iemand om te kontak?

Groete
012 3536111
Baie dankie

Ek aanvaar dit is die nommer vir CFR.

Watse inligting het hulle alles nodig om te check?
Net 'n ID nommer, of wat?
User avatar
hencohugo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm

Re: Lisensies

Post by hencohugo »

Ja sorry man dit is CFR se nommer. Hulle vra net vir jou ID nommer. Ek kom glad nie vandag deur na hulle toe nie. Sterkte.
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Lisensies

Post by Chris Swart »

hencohugo wrote:Ja sorry man dit is CFR se nommer. Hulle vra net vir jou ID nommer. Ek kom glad nie vandag deur na hulle toe nie. Sterkte.
Thanks...

My volgende vraag was, hoe hulpvaardig hulle is...
Ek geniet dit nie om my bloeddruk onnodig op te jag nie...
Post Reply