Page 23 of 50

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 9:32 am
by Wouter Roets
tau wrote: Thu May 26, 2022 8:36 am
Wouter Roets wrote: Thu May 26, 2022 8:11 am Boys

Doen maar vroegtydig aansoek vir julle tydelike uitvoer permitte. Ons is ses manne wie se Nam trip heel moontlik in gedrang is want die werfetters doen al weer nie hulle werk nie.
Ek het begin Mei aansoek gedoen vir begin Julie. Hoop maar vir die beste!!! Hoe lank wag julle al?

John

Ons het ook begin April aansoek gedoen vir begin Junie se trip. Ons het nou al die hele wereld gebel, maar daar is eenvoudig net geen terugvoering nie. Wat n FOp!

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 10:09 am
by Capt. Yoda
LUAN wrote: Thu May 26, 2022 9:10 am Toe ek gaan om n lisensie te hernu se die Dfo kom ons kyk gou hoe lyk jou competencies. Toe word ek meegedeel hulle almal het verval en moet eers hernu word voor my lisensie hernu sal word. Ek het solank die aansoek ingesit sodat daar nie gese kan word ek het nie vroegtydig aansoek gedoen. So daai ding van jou bevoegtheid verval met jou laaste lisensie is nie meer die geval. As jy nuwe wapen aansoek doen moet jou bevoegtheid eers op datum wees.
So wanner reken hulle dan verval mens se competency? Solank jy darem net jou papier werk kan in kry

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 10:23 am
by Arnold
Jou competency verval, volgens my, 10 jaar na uitreiking gegewe dat jy nie net 'n s13 lisensie het nie anders gaan dit 5 jaar wees.
Hierdie is die strengste moontlike toepassing van die wet in my oe en dit klink of elke DFO dit anders toepas.

Die vraag moet egter seker wees wanneer verval jou competency as jy geen lisensies het nie. As hulle redeneer jou lisensie check of jy nog competent is, waarvoor is die competency dan in die eerste plek?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 11:25 am
by Capt. Yoda
EK moet volgende week gou n draai gaan maak en n klompie renewals in gee, neem aan ek kan ma reg maak om moerig daar weg te stap

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 12:22 pm
by Arnold
Ek het nou vir 'n endossement aansoek gedoen by NSA en hierdie saam met dit terug gekry ...

Uittreksel van die epos ...
Make sure that your competencies are still valid when submitting licence applications. Always renew competencies 10 years after the date of issue.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 12:35 pm
by finch
Vantheman wrote: Thu May 26, 2022 8:16 am Weet julle hoekom vat die kaartjies solank?
Wag al vanaf Februarie vir nuwe lisensie kaartjie?
Is daar iemand wat ek kan bel om navrae te doen?
Ons dfo gaan eenkeer per maand kaartjies haal by provinsiaal, so teoreties selfs al gebeur die kaartjie print en courier na provinsiaal glad maar die tydsberekening is verkeerd kan jy in elk geval meer as n maand wag...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 12:52 pm
by LUAN
Ek was destyds so oulik om elke competency apart te doen. Nou moes ek elkeen apart hernu ook. Met elkeen moet daar 2 verwysings van kenisse wees, 2 fotos, en 2 stelle volle vinger afdrukke(so ek moes 8 keer dit doen vir my 4 competencies). En dis R80 elk.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 1:03 pm
by Arnold
LUAN wrote: Thu May 26, 2022 12:52 pm Ek was destyds so oulik om elke competency apart te doen. Nou moes ek elkeen apart hernu ook. Met elkeen moet daar 2 verwysings van kenisse wees, 2 fotos, en 2 stelle volle vinger afdrukke(so ek moes 8 keer dit doen vir my 4 competencies). En dis R80 elk.
Alhoewel ek ook myne verskillend gedoen het is almal nou op een kaartjie so ek hoef net een keer te hernu. Daai setup van jou klink nie reg nie. Gee almal gelyktydig in op een vorm met al die bewyse en hernu dit een keer sodat hulle vir jou 'n nuwe competency kaartjie gee met almal op?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 1:15 pm
by LUAN

Arnold wrote:
LUAN wrote: Thu May 26, 2022 12:52 pm Ek was destyds so oulik om elke competency apart te doen. Nou moes ek elkeen apart hernu ook. Met elkeen moet daar 2 verwysings van kenisse wees, 2 fotos, en 2 stelle volle vinger afdrukke(so ek moes 8 keer dit doen vir my 4 competencies). En dis R80 elk.
Alhoewel ek ook myne verskillend gedoen het is almal nou op een kaartjie so ek hoef net een keer te hernu. Daai setup van jou klink nie reg nie. Gee almal gelyktydig in op een vorm met al die bewyse en hernu dit een keer sodat hulle vir jou 'n nuwe competency kaartjie gee met almal op?
Dis wat ek gehoop het om te doen toe se hulle nee elkeen apart. Dan maak hulle meer geld ook so. Polisie het nog nie increase gekry...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 1:40 pm
by OosKaapJagter
Ons het 17 Februarie 2022 my seun se aansoek vir 'n artikel 16 pistool ingedien. Dit is vandag goedgekeur.

Ek is geensins haastig vir die kaartjie nie. Die pistool is tans op my naam en ek kan daarmee gaan speel tot my seun sy kaartjie kry. ++>:

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 2:45 pm
by Frederik
Ek het vandag lang geselssie met Stephen Palos gesels en oor die probleem met die Sertifikate vir sportskiet of Toegewyd gehad. Dit gaan weer terug na die polisie wat nie hulle werk doen nie. Jy moet mos elke jaar jou bewyse gee dat jy jou status kan behou wel nou is hulle die polisie te lui om te gaan kyk wat jy gedoen het en hulle stelsel op datum te hou.

Die sertifikaat kan nie heeltyd heruitgeriek word nie dit is eenmalig.
Ek hou julle op hoogte in wat gaan gebeur maar ja DFO is verkeerd.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 2:47 pm
by Frederik
Wouter oor die tydelike eksport permitte is dit groot gemors vriend van my jag nou lekker in Nam en sy permit vinnig gekry.
Hoe weet ek nie maar daar is baie mense wat ek van weet wat wag.

Onder andere iemand se Krieghoff dubbel wat terug Duistland toe moet gaan vir reparasie.
Wag nou al meer as 'n jaar.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 3:37 pm
by vossie1
Ek het 25Jan 2022 my aansoek ingegee en hy is nou eers by provinsiaal, hy was eers op die stelsel gesit 16April by DFO en nou is hy by provinsiaal vir quality control. Moet nog PTA toe, die klomp is useless. Dis al oor die 80 werksdae vakansie dae uitgesluit. Hoop maar ek kry die ding die jaar. Ruger MPR 223

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 4:12 pm
by Ds J
Oktober 2021: aansoek ingegee vir n S16 303.
Maart 2022: lisensie goedgekeur
Mei 2022: kaart ontvang

8 maande en 6 dae.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri May 27, 2022 8:08 am
by Sako308
14 Desember 2021: aansoek by Roodepoort polisie stasie vir beide S16 jaggeweer lisensie en Competency hernuwing
25 Feb: SMS dat lisensie completed op stelsel
24 Mei: SMS dat kaarjie afgehaal kan word. 161 dae - seker dan nie te sleg nie!

Nog niks van Competency hernuwing

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri May 27, 2022 8:11 am
by Kolhasie
42 werksdae en my 22 is aproved

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 30, 2022 8:24 pm
by sixdays
25 dae en 4 van myne is goedgekeur. Wag nou net vir kaartjies

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk


Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 30, 2022 8:25 pm
by simonsmal
23 Maart goedgekeur , vandag sms gekry vir kaart


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 30, 2022 8:45 pm
by Carlc
Ek presies dieselfde. 23 Maart goedgekeur en vandag sms gekry om kaart te gaan haal. Nou nog net wag vir die haelpomp se kaartjie maar hy is nou eers op n maand na goedkeuring.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 30, 2022 8:52 pm
by heywillie
38 S&W, S16 aansoek:
22 Oct 2021 ingedien
25 Mar 2022 goedgekeur
30 May 2022 SMS gekry dat kaart gereed is

149 werksdae in totaal

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue May 31, 2022 7:43 am
by cassie_calvinia
13 maart, wag nog vir kaartjie...
ons provinsiaal maar ver van calvinia

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue May 31, 2022 10:18 am
by Yogi
My hernuwing laasjaar Junie ingegee, nou nog nie eers in process nie.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Jun 02, 2022 1:42 pm
by Carlc
En weer kry ek goeie nuus. My haelpomp se lisensie is gereed om afgehaal te word. Twee lisensies sommer in een week. Iemand het wakker geword.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Jun 02, 2022 6:10 pm
by pwdejager
My 243 goedgekeur 14 Maart, vandag lisensie SMS gekry om op te tel.

My 6.5 goedgekeur op 3 Mei ..... hoop Ek kry die lisensie voor 15 Julie (gaan 20ste Jag)

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Jun 02, 2022 9:32 pm
by Cobus(Cobb)
Goedkeurings was 26/4/2022.....98 days..(308 en .22...saam ingegee)
Kaartjie sms het vandag gekom....5 weke later....

Cheers