Lisensies

Post Reply
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Lisensies

Post by Marc »

Jacquesb wrote: Driesdup
Sit 'n totaal nuwe aansoek in. Jy gaan in 'n paar weke  goedkeuring kry. Lank voor jy antwoord op die Appel het.
Onthou net, jy moet nou op jou nuwe aansoeke verklaar dat daar al vantevore een van jou lisensies afgekeur is  :police:
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Lisensies

Post by johans »

ekt my .22magnum aansoek 18 okt by die stasie ingegee en 7des my kaartjie gekry.gaan dinsdag my gun optel ;D
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Lisensies

Post by Albert_7 »

Hi

Ekt my bevoegdheid en lisensie aansoek ingegee die 13 November 2012 op Britstown, Noord Kaap.  As ek die CFR bel, dan se hulle die aansoek is nog nie eers op die sisteem nie. Beteken dit hy le nog by my DFO?
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: Lisensies

Post by bex »

Dit klink ongelukkig vir my of jou DFO nog nie werk gemaak het van die saak nie.
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Lisensies

Post by Herman Venter »

Jinx,
In die Noord kaap is alles moontelik! Dit kan wees dat jou aansoek nog nie provinsiaal(Kimberly) toe gestuur is nie! Almal in die noordkaap sukkel so met die lisensies! Ek het 6 maande gewag net vir my kaartjie vir die 3006! Gaan volg op by jou DPO en maak biki vuur onder hulle!

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Lisensies

Post by Albert_7 »

Ai hel tog! Eks net bang as ek teveel karring dan gooi hulle hom aspris weg
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Lisensies

Post by Beer (Christo) »

Ek het vandag my twee nuwe aansoek, plus een tydelike aansoek, ingedien. Nou begin die wag.

Hou duim vas ?
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Lisensies

Post by Beer (Christo) »

Beer wrote: Ek het vandag my twee nuwe aansoek, plus een tydelike aansoek, ingedien. Nou begin die wag.

Hou duim vas ?
Aansoeke is vandag uit Polisie stasie Johannesburg toe gestuur, sal dan CFR (Pretoria) toe gestuur word.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Lisensies

Post by Geno »

SAP271 ingehandig 13/12/2012
Gister 02/01/2013 ontvang by CFR.

Tick tock tick tock.......
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Lisensies

Post by Christo »

Goeie sms gekry. 338WM lisensie oppad.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Lisensies

Post by Beer (Christo) »

Beer wrote: Aansoeke is vandag uit Polisie stasie Johannesburg toe gestuur, sal dan CFR (Pretoria) toe gestuur word.
Aansoeke is vandag by CFR ontvang.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lisensies

Post by BRNO (Pierre) »

My vrou het vanmiddag haar aansoek ingedien vir haar Savage .308. Sy is so opgewonde soos n kind voor kersfees.

Haar aansoek vir .38 spes. is op vir final consideration vanaf Vrydag 04/01/13. Hoop maar dit kom nou vinnig klaar.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Jacques van Eeden
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am

Re: Lisensies

Post by Jacques van Eeden »

OK. Aansoek ingegee 24 Oktober 2012 en toe het die Provinsiale DFO die papiere terug gestuur omdat die polisie vergeet het om te teken. >:( :'( >:( Terug provinsiale DFO toe op 26 November en Pretoria toe op 6 Desember.

Vanoggend my sms gekry dat my lisensie is goed gekeur ;D ;D ;D. Geweer word by my afgelaai teen Donderdag ;D ;D ;D 8) 8) ;D.

Nou net wag vir S&W 15/22 om in die land in te kom dan doen ons die proses weer. ;D ;D
.177 Gecado, .22 Rem Scoremaster 511, .22 Brno Model 2, 222 Rem Anshutz, Colt AR 15, .303 Lee Enfield No4 Mk1, .308 Win Howa Varm, 22-250 Rem Howa Varm, 12Br Mossberg, 12Br Baikal s/s, .38Spl Taurus, Vektor SP1, Vektor SP2, Ruger Redhawk .44Mag, CZ200
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Lisensies

Post by JTM »

Ek wag nog... Sal moet uitvind waar ky papierwerk vashaak. En het die 1ste November ingedien en wag nog. Dit neem seker maar langer oor ek vir bevoegdheid ook aansoek gedoen het.

Het iemand dalk 'n kontak nommer vir my by die CFR asseblief?
Jannie Welman
User avatar
Jacques van Eeden
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am

Re: Lisensies

Post by Jacques van Eeden »

JTM
012 353 6111
Hulle raak nie aan jou lisensie aansoek voordat jou bevoegdheid goed gekeur is nie. Myne het amper twee jaar gelê maar toe hy goed gekeur is het die lisensie twee weke later deur gekom.
Ek glo dit gaan vinniger deesdae.

Jacques
.177 Gecado, .22 Rem Scoremaster 511, .22 Brno Model 2, 222 Rem Anshutz, Colt AR 15, .303 Lee Enfield No4 Mk1, .308 Win Howa Varm, 22-250 Rem Howa Varm, 12Br Mossberg, 12Br Baikal s/s, .38Spl Taurus, Vektor SP1, Vektor SP2, Ruger Redhawk .44Mag, CZ200
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Lisensies

Post by Carl »

Manne die naweek het mooi begin! Vandag my sms gekry lisensie vir die 243 is goedgekeur, dis onder 2 maande oor Desember. Nou nog net wag vir die kaartjie. :police:
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Lisensies

Post by Kalahari »

Geluk Carl! Hoop nie jy wag te lank vir die kaartjie nie want jou vinger jeuk seker al ;). Het jy al die scope vir die .243 gekry?
Groete
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Lisensies

Post by Carl »

Dankie.Nee ek het gewag vir bevestiging gaan nou begin reel vir doppe scopes ens.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Lisensies

Post by Christo »

Christo wrote: Goeie sms gekry. 338WM lisensie oppad.
Ek het hom vandag gaan haal. Ek gaan hom vir so paar dae oppie koffietafel laat staan vir vertoon.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Lisensies

Post by Kalahari »

Lekker man Christo

Neem tog 'n foto of twee dat ons kan sien asb.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lisensies

Post by BRNO (Pierre) »

BRNO .06 (Pierre) wrote: Ek het eindlik nagelaat om dit te deel. Ons het vir my vrou aansoek ingedien vir kompetensie, sowel as lisensie vir .38 spesial op 19 Oktober. Die kompetensie is goedgekeur 28 November, en die lisensie is nou op vir finale goedkeuring.
Die finale goedkeuring het so effe langer gevat as verwag a.g.v. die Kerstyd ens., maar die lisensie is darrem goedgekeur op 12 Januarie 2013.

Ek dink darrem steeds is dit nie te sleg aangesien dit net minder as drie maande geneem het vir die bevoegdheid, sowel as die lisensie om af te handel.

Maandag 7 Januarie het my vrou haar aansoek ingedien vir haar .308 Savage Axis, en teen Donderdag was dit reeds by provinsiaal. Sal op hoogte hou van die vordering.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Lisensies

Post by Geno »

Geno wrote: SAP271 ingehandig 13/12/2012
Gister 02/01/2013 ontvang by CFR.

Tick tock tick tock.......
Gister 21/01/2013 - Consideration
Goed, beter, 6millimeter!
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Lisensies

Post by Albert_7 »

Hi manne

Ek soek bietji raad asb.  Ekt my bevoegdheid en wapenaansoek ingegee op 13 Nov 2012 en dis nou nog nie eers gecapture nie! Bel di DFO dan se sy net dat sy baie besig is en dat sy dit nog sal doen.  Hoe maak mens in so 'n situasie?
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Lisensies

Post by Wildjagter »

Hallo Almal

Het my lisensieaansoek ingegee op 20 Des 2012. Eerste keer CFR gebel op 14 Jan 2013 toe se hul die aansoek is na hul gestuur op 8 Jan 2013 (9:00h rond) en hul wag nog vir dit. Toe weer gebel op 17 Jan en hul se toe hul het die aansoek ontvang op 8 Jan (seker na my oproep op die 8ste) en is in proses op die oomblik.

Voel baie positief oor die proses en albei kere wat ek met iemand by CFR praat is hul baie vriendelik en hulpvaardig. Well done sover! :)

Groete Cobus
.375 H&H Mag Bohler
.30-06 Spr Musgrave Santa Barbara
.25-06 Rem Ruger M77 MKii VT
.243 Win Savage 12 VLP DBM
.22lr Sako P54
12Br Beretta SxS
12Br Miroku O/U
9mm CZ P07
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Lisensies

Post by Wildjagter »

Wildjagter wrote: Hallo Almal

Het my lisensieaansoek ingegee op 20 Des 2012. Eerste keer CFR gebel op 14 Jan 2013 toe se hul die aansoek is na hul gestuur op 8 Jan 2013 (9:00h rond) en hul wag nog vir dit. Toe weer gebel op 17 Jan en hul se toe hul het die aansoek ontvang op 8 Jan (seker na my oproep op die 8ste) en is in proses op die oomblik.

Voel baie positief oor die proses en albei kere wat ek met iemand by CFR praat is hul baie vriendelik en hulpvaardig. Well done sover! :)

Groete Cobus
Bedoel na my oproep op 14 Jan.... :laugh:
.375 H&H Mag Bohler
.30-06 Spr Musgrave Santa Barbara
.25-06 Rem Ruger M77 MKii VT
.243 Win Savage 12 VLP DBM
.22lr Sako P54
12Br Beretta SxS
12Br Miroku O/U
9mm CZ P07
Bowtech Destroyer 350
Post Reply