Spoor Bullet Company.

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
Post Reply
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Apie »

Rudi Fischer wrote:Het gou die 6x45 met die 85gr SBC gaan skiet vir n groep.

Image
Take my money!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1864
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Rudi Fischer »

Dagse Julle.

Dit is met baie harteer dat ek vir julle die volgende moet vertel.

Ek gaan dalk bietjie stock issues he vir die volgende ruk en nie handel dryf nie.

N groot korparatiewe handelaar het my gedagvaar om my naam te verander want dit mislei die eind verbruiker en “infringe” op hulle Trade Mark.

So ek word nou forseer om all my verpakking, caps logo ens te verander en van voor af te begin.

Wees asb geduldig, bestellings sal weer aan gaan soos normal sodra ek die saak afgehandeld het.

Ek wardeer julle ondersteuning.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by partner »

Ai. Dis nie goeie nuus nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by Frederik »

Eina, hou ons op hoogte asb.
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Maroelas »

Ag f#k tog! Jammer om te hoor Rudi!

Maak nie saak wat die naam is nie, jou koeël bly bobaas!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13572
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Capt. Yoda »

Belaglik my maat, almal weet darem wat SBC is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 317
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by ThinusS »

Belaglik!
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Zane de Beer »

Rudi. Jy kan myne maar in pienk ziplock sakkies sit, ek gee nie om nie!!

Ek hoop jy is sommer gou terug op die been met die storie agter die rug.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by jankraay »

Ek kan net dink wie dit is, hulle het my ondersteuning verloor en ek sal nie weer in daai winkel in stap nie.

Belaglik verby


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by joe rocket »

Ai dis jammer dat een dr@l in die drinkwater so verskriklik bang kan wees dat jy hulle deure gaan toe maak. Dit is so jammer dat mammon hulle god geraak het. Ek het so uitgesien om daai 85 greiner op 'n bloubees se blad te toets. Gaan hulle nou die biltong spice, droeë vrugte plek wat al sedert 1908 bestaan en 4x4 fitment centre ook dagvaar?
Ek neem aan die hele Bloemfontein en vrystaat bly op die 23ste November tuis.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by jdpretorius »

jankraay wrote:Ek kan net dink wie dit is, hulle het my ondersteuning verloor en ek sal nie weer in daai winkel in stap nie.

Belaglik verby


Sent from my iPhone using Tapatalk
+1

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by toxicsox »

Dat ‘n klere winkel jou nou dagvaar. Belaglik.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by Pappabeer »

Jammer om te hoor Rudi. Ek moet wonder of dit n cheap shot is om jou besigheid te probeer bekom vir hulself.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by jdpretorius »

Rudi ek weet n hof geveg word maklik n baie duur storie.....maar wonder tog of hulle n voet het om op te staan, en ook of die dreigend aanspraak nie net n afskrik middel is nie.

Dalk is dit selfs genoeg om net jou logo effe op te dateer

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 987
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by partner »

Aag F...K Hulle. Rudi. Wat Ek sou gedoen het. Miskien net Safari. Verander na Saafari. Weet nie. Miskien dit kan help. Ek dink sommer net. Miskien die ander Manne op Jaracall ook Idees kan gee. Bitter diep Teleurgestel in Hulle. Wie dit ook mag wees. Ek het ook n Idee wie dit kan wees. Sterkte vir Jou.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Toyrsi »

Weereens ons volkie wat nie wil he die son moet op iemand anders skyn nie!!
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by tripodmvr »

Die woord safari is algemeen in gebruik as dit by jag en gewere kom en selfs waar dit nie noodwendig van toepassing is nie. Bietjie gevaarlik om dit vir jouself toe te eien.

SafariNow
Safari Dried Fruit
Safari Hunting 4x4 (Speletjie)
Safari Web Browser (Apple produk)
Safari Outdoor
Safari Ammunition
https://safarioutfittersltd.com/
https://safaricart.co.za/ (elektronika)
https://www.thesafaristore.com/en/ (klere)
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by jankraay »

Ek wonder as al ander Safari’s saam staan en hulle naam terug vat of hulle dieselfde gaan reageer…

K..k styl van hulle af man…

Dalk moet een van hulle mensies bietjie lees wat hier aan die gang is en besef hoe hulle belaglike aksies hulle besigheid gaan kos.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by Pappabeer »

jankraay wrote: Fri Nov 01, 2024 1:33 pm Ek wonder as al ander Safari’s saam staan en hulle naam terug vat of hulle dieselfde gaan reageer…

K..k styl van hulle af man…

Dalk moet een van hulle mensies bietjie lees wat hier aan die gang is en besef hoe hulle belaglike aksies hulle besigheid gaan kos.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Jan die probleem is ons is lankal nie meer hulle mark nie.
Toyrsi wrote: Fri Nov 01, 2024 1:23 pm Weereens ons volkie wat nie wil he die son moet op iemand anders skyn nie!!
Neewat. Die is darem nie n uniek Suid Afrikaanse probleem nie. Geldgierigheid en die korporatiewe monster is n wêreldwye probleem.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Giepie »

Ek verstaan nie, "Safari" is 'n Swahili woord, Bullet is 'n Engelse woord, met die oorsprong in Latyn, Company ook 'n algemene woord. Dan die buffel op die logo - gaan Buffelsfontein ook nog gedagvaar word? 'n Vriend se jagplaas logo is 'n buffel, gaan hy nou ook gedagvaar word?

Maar nou, hoeveel miljoen rande gaan dit kos om dit te baklei, en hoeveel tyd, energie en emosie vermors op sulke kleinlikheid. >:D

Ed Sheeren het so jaar of wat 'n eis teëgestaan en gewen. Hy het besluit hy gaan nie geboelie word nie, oor iets wat Bach en Beethoven al gebruik het.

Oeps ek sien my avator is ook in gevaar. :confused:
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by sako 30-06 »

Gaan kyk bietjie onder wie se trademark is safari, as jy n google search doen is safari getrademark deur Apple.
As ek jy is doen n aansoek vir jou trademark by die kommissie, of doen dalk n search soos hieronder beskryf.
Dit gaan dalk meer oor die logo as die naam.

You can check if a trademark is registered in South Africa by searching the Trade Marks Register on the Companies and Intellectual Property Commission (CIPC) website.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by jdpretorius »

Jis Rudi, dit wat die groot corporate boelie hier met jou doen steek my so dwars in die krop !.....en dat hulle dit goed dink om kos uit n (klein) SA innoveerder se mond te probeer vat, wat juis iets nuuts bied vir ons dam se gaanse....
Dit als wyle hulle met miljoene rande speel.
Dit is n plein skande, en spreek boek dele oor wie hulle eintlik is.

Dit klink ook vir my baie soos jaloesie en plain hepsug. Troos jou dan daar aan dat jy dus n produk het wat hulle n rede gee om jaloers te wees.

Maar die wiel draai....en daai blinde sambok het nie favorites nie



Sent from my SM-A536E using Tapatalk


338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Safari Bullet Company.

Post by DWB »

Ai ou maat.

Ñ naam staan vir baie, en die woord Safari is so oud soos die Afrika jag bedryf.

Maar:
Jou koeels praat vir hulleself! Maak nie saak wat hul naam is nie!

Bestdamnhuntingbullet!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by Vissie »

Hulle speel dalk met miljoene, maar as ek so kyk as dit hier naby betaal dag kom druk hulle maar baie hard aan promosies. Behalwe dat ek dan skrik as ek die promosie prys vergelyk met wat ‘n klant die week daarvoor moes betaal, lyk dit vir my maar of dit stram gaan daar buite.

Die ou storie. Ondersteun maar die klein sakeonderneming so vêr jy kan.

Sterkte met die handelsmerk veranderinge. Hierdie is dalk net ‘n goue geleentheid…
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 958
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Safari Bullet Company.

Post by OosKaapJagter »

Partykeer kan 'n besigheid 'n geveg wen maar die oorlog verloor.

Hulle beskerm nou die naam deur ander te boelie, maar verloor dan klante wat nie van sulke taktiek hou nie. Behalwe vir die wat aan kompetisies deelneem en hou van die groot winkel se borgskappe, kan die meeste van ons dieselfde produkte elders teen beter pryse kry. Dit kos baie om sulke groot winkels in winkelsentrums te bedryf, regskoste om ander te boelie en om al die personeel wat so rondstaan te betaal. Uiteindelik betaal die klante daarvoor met hoër pryse.
Post Reply