Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ai dis jammer dat een dr@l in die drinkwater so verskriklik bang kan wees dat jy hulle deure gaan toe maak. Dit is so jammer dat mammon hulle god geraak het. Ek het so uitgesien om daai 85 greiner op 'n bloubees se blad te toets. Gaan hulle nou die biltong spice, droeë vrugte plek wat al sedert 1908 bestaan en 4x4 fitment centre ook dagvaar?
Ek neem aan die hele Bloemfontein en vrystaat bly op die 23ste November tuis.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Rudi ek weet n hof geveg word maklik n baie duur storie.....maar wonder tog of hulle n voet het om op te staan, en ook of die dreigend aanspraak nie net n afskrik middel is nie.
Dalk is dit selfs genoeg om net jou logo effe op te dateer
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Aag F...K Hulle. Rudi. Wat Ek sou gedoen het. Miskien net Safari. Verander na Saafari. Weet nie. Miskien dit kan help. Ek dink sommer net. Miskien die ander Manne op Jaracall ook Idees kan gee. Bitter diep Teleurgestel in Hulle. Wie dit ook mag wees. Ek het ook n Idee wie dit kan wees. Sterkte vir Jou.
Die woord safari is algemeen in gebruik as dit by jag en gewere kom en selfs waar dit nie noodwendig van toepassing is nie. Bietjie gevaarlik om dit vir jouself toe te eien.
Ek verstaan nie, "Safari" is 'n Swahili woord, Bullet is 'n Engelse woord, met die oorsprong in Latyn, Company ook 'n algemene woord. Dan die buffel op die logo - gaan Buffelsfontein ook nog gedagvaar word? 'n Vriend se jagplaas logo is 'n buffel, gaan hy nou ook gedagvaar word?
Maar nou, hoeveel miljoen rande gaan dit kos om dit te baklei, en hoeveel tyd, energie en emosie vermors op sulke kleinlikheid.
Ed Sheeren het so jaar of wat 'n eis teëgestaan en gewen. Hy het besluit hy gaan nie geboelie word nie, oor iets wat Bach en Beethoven al gebruik het.
Oeps ek sien my avator is ook in gevaar.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Gaan kyk bietjie onder wie se trademark is safari, as jy n google search doen is safari getrademark deur Apple.
As ek jy is doen n aansoek vir jou trademark by die kommissie, of doen dalk n search soos hieronder beskryf.
Dit gaan dalk meer oor die logo as die naam.
You can check if a trademark is registered in South Africa by searching the Trade Marks Register on the Companies and Intellectual Property Commission (CIPC) website.
Jis Rudi, dit wat die groot corporate boelie hier met jou doen steek my so dwars in die krop !.....en dat hulle dit goed dink om kos uit n (klein) SA innoveerder se mond te probeer vat, wat juis iets nuuts bied vir ons dam se gaanse....
Dit als wyle hulle met miljoene rande speel.
Dit is n plein skande, en spreek boek dele oor wie hulle eintlik is.
Dit klink ook vir my baie soos jaloesie en plain hepsug. Troos jou dan daar aan dat jy dus n produk het wat hulle n rede gee om jaloers te wees.
Maar die wiel draai....en daai blinde sambok het nie favorites nie
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Hulle speel dalk met miljoene, maar as ek so kyk as dit hier naby betaal dag kom druk hulle maar baie hard aan promosies. Behalwe dat ek dan skrik as ek die promosie prys vergelyk met wat ‘n klant die week daarvoor moes betaal, lyk dit vir my maar of dit stram gaan daar buite.
Die ou storie. Ondersteun maar die klein sakeonderneming so vêr jy kan.
Sterkte met die handelsmerk veranderinge. Hierdie is dalk net ‘n goue geleentheid…
Partykeer kan 'n besigheid 'n geveg wen maar die oorlog verloor.
Hulle beskerm nou die naam deur ander te boelie, maar verloor dan klante wat nie van sulke taktiek hou nie. Behalwe vir die wat aan kompetisies deelneem en hou van die groot winkel se borgskappe, kan die meeste van ons dieselfde produkte elders teen beter pryse kry. Dit kos baie om sulke groot winkels in winkelsentrums te bedryf, regskoste om ander te boelie en om al die personeel wat so rondstaan te betaal. Uiteindelik betaal die klante daarvoor met hoër pryse.