Slagdoppies wat uit blaas?

projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by projagter »

OHarry
Oplossing vir albei jou probleme (met 6.5Cm en 270 ) is : Koop 308 in hul plek .😇

Ek het dieselfde met n 7x57 ackley gehad 7 doppe uit 100.
Het net nekkrimping!!! gedoen en anneal dop na elke 4 skote.

Met begin lading ontwikkeling was aangeteken dat met laaste 3 hoogste toetsladings ( by 3 stelle van 3 ) duidelik abnormale druk ervaar/waargeneem was. So in my geval het ek aanvaar dat die skade gedoen is met die toetsladings en is daardie doppe uitgeskot. As die probleem homself met verdere doppe herhaal vervang ek almal as synde hul tyd is om.
Let wel met sekere fabrikaat doppe is wel bekend/bewys dat die slagdopgat geneig is om makliker te rek teen redelik warm ladings.
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

Nou verduidelik dit nou vir my ???

Ek sit met die 50 doppe wat onder verdenking vir die eerste keer voor my en check so 'n paar dinge sommer in die algemeen.
Dit is nou doppe van dieselfde batch wat slagdoppies geblaas het en ook die wat nie het nie.

Case neck wall thickness: 0.0145 to 0.016" (Dink dit is normaal)
Case neck OD: 0.295" (Dit is normaal)
Case length: 1.904" (Dit is 6 duisendstes korter as die voorgestelde trim lengte van 1.910")

Wat my pla is sommige doppe wat slagdoppies geblaas het of druk wys kan jy maklik die punt insit en hy val in sonder weerstand!
Case neck ID by hierdie doppe meet 0.2645 to 0.265"
MAAR meeste van die doppe wat nie geblaas het nie moet jy by die nek al die punt effens force en dan gaan hy in ???
Case neck ID by hierdie doppe meet 0.263 tot 0.264"

Het crimping plaasgevind tydens die bullet seating of orden dan my gedagtes ::)
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by jankraay »

Jy het n goeie geleentheid hier op die forum gemis om daai doppe te vervang.

My raak sal die volgende wees:

Kry 100 nuwe doppe, skil high spots af en bring die node spoed na die laer node toe vir die 1ste firing.

Op die stadium le die probleem by die doppe en niks anders nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Hansieslim »

Harry

My bietjie ervaring...
1. Gerekte primer pockets : Heeltemal te hoë lading. Skrap eerder sulke doppe want geen "tool" gaan die fout KONSTANT herstel nie (my oipinie).
2. Gate in primers : a.) Te warm lading b.) Doppe te lank c.) Koolstofring d.) Stywe kamer en moes daarom nekke skil e.) Koeël in die lande.

Jy sĂȘ die kamer het geen koolstofring nie. Hoe seker is jy? Volgens my begin die ring se vorming reeds van die eerste skoot af. Al is dit infinitesimaal klein. Gereelde skoonmaak is maar die enigste manier om dit te voorkom. As jy nie fokus op die ring se skoonmaak nie, gaan hy vir jou probleme veroorsaak in <150 skote (my opinie). Jou vraag of die koolstofring met elke skoot 'n effek kan hĂȘ, gaan ek nie antwoord nie, maar teoreties moet dit. Al wat ek weet, is dat 'n ordentlik gevormde ring (vriend van my se CM na 800 skote en geen ring skoonmaak nie) met elke skoot primergate gebrand het. Dit was 'n bietjie ekstreme geval, maar 6 ander gewere van myself en vriende in my nabye gemeenskap se probleem is ook opgelos deur net die koolstofring te verwyder. So 'n ring kom nie los met net chemiese middels alleen nie. Al manier om te weet of hy weg is, is om met 'n borescope te kyk en dan moet jy mooi kyk. My 2c.

Waar is Gawie?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by LUAN »

Primer pockets wat rek is nie altyd van te warm lading. As jy jou fl die verkeerd opstel en die dop skouer te ver terug druk kan dit veroorsaak dat met vuuring die dop kop rek en so die pocket vergroot.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by swc-tr »

LUAN wrote: As jy jou fl die verkeerd opstel en die dop skouer te ver terug druk kan dit veroorsaak dat met vuuring die dop kop rek en so die pocket vergroot.
Verduidelik asb hoe werk dit.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Capt. Yoda »

Ek wil ook graag weet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by LUAN »

Wat ek probeer se as die dop te klein gesize is vir die kamer en hy rek met die vuuring slaan die dop basis in die slot gesig vas. Dit druk jou primers plat wat dieselfde lyk soos n te warm lading en so rek jou primer pocket ook.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by jankraay »

LUAN wrote:Wat ek probeer se as die dop te klein gesize is vir die kamer en hy rek met die vuuring slaan die dop basis in die slot gesig vas. Dit druk jou primers plat wat dieselfde lyk soos n te warm lading en so rek jou primer pocket ook.
Ek het al baie foute gemaak met herlaai waar onder doppe se skouers te ver terug gedruk is maar dit het nog nooit met my gebeur nie en ek kan ook nie sien hoe dit kan gebeur nie.

Almal wat my ken weet ek skiet warm ladings in meeste van my gewere en ek het nog nooit n primer pocket gerek met doppe wat te veel ge size was nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Capt. Yoda »

As jy jou dop se skouer te veel terug size en hy kan basies vorentoe beweeg as die firing pin hom slaan sal die primer uit druk (want obviously is da nou spasie agter en die kruit binne die dop wat ontplof druk alles uit na die kamer toe) en dan teen die slot gesig vas druk met die dop wat uit sit wat hom dan plat druk maar laat dit jou primer pocket gaan laat rek weet ek darem nie
Last edited by Capt. Yoda on Sun Jan 21, 2024 6:54 pm, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by LUAN »

Dit het vir my gevoel of die primers meer los ingaan toe ek weer primers seat in daardie spesifieke doppe.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Lategan1 »

Wat mis ek hier
 Ek verstaan Luan se 2c.

Warm lading(ook gewoon) + baie kopspasie/headspace (iets soos .006”+) gee slagdop wat kan uitpeul/platgeslaan/ swart ring rondom slagdop/geblaase slagdop/ ovaal gerekte en gebrande slagdopgat tesame met die +- 10mm blink ring vir case head seperation. Die dop sit uit in alle rigtings wanneer dit gebeur. Wel die minste of geen by die kop nie. Nie een skoot is noodwendig dieselfde nie, hang af waar die dop in die kamerwande uitsit en vasklou, party meer aan die voorkant en partykeer meer in die agterkant. Bolt thrust/ bolt lugs damage/ bolt face etching kan alles simptome wees van foutiewe kopspasie verstelling, nie noodwendig van net te hoĂ« druk nie.

Ek het hierdie voorkoms destyds breedvoerig hier gedeel en bespreek oor my 9.3x62. Toe was my kopspasie iets soos .35mm met nuwe ongevuurde doppe! Kopspasie verstelling!

Ons het in elke geval nog nie by Harry gehoor of hy sy deugnekke en of skouermetings behoorlik met ‘n “comparator” gemeet het nie. Ook meet voor en na vuur asook die ES van die gevuurde doppe asook klaar “sized” doppe om alle opmeet/uitmeet veranderlikes te bepaal. Die nekke moet skoongeborsel word en dan die koeĂ«l insak toets soos deur Yoda voorgestel.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Tue Jan 07, 2025 5:59 am, edited 5 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Lategan1 »

@jankraay

Stem saam, maar ek dink nie dit is die volgorde wat hy bedoel het ni.

“Almal wat my ken weet ek skiet warm ladings in meeste van my gewere en ek het nog nooit n primer pocket gerek met doppe wat te veel ge size was nie.”

Nie direk agv van te veel size nie, dit kan ‘n neweproduk daarvan wees. Soos verduidelik hiernaas.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by swc-tr »

Nog n EV teorie......?

Sent from my SM-A125F using Tapatalk

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Lategan1 »

LUAN wrote: Sun Jan 21, 2024 6:54 pm Dit het vir my gevoel of die primers meer los ingaan toe ek weer primers seat in daardie spesifieke doppe.
Verseker wisselvallig tot los. Ook visuel sigbaar met die blote oog sowel as ‘n vergrootglas.

Ek moes na my voorkoms hiervan eers lae ladings laai en hope koeëls wegskiet om my kopspasie se stelling te kon regkry. Dit om my doppe asook my aksie te beskerm.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Lategan1 »

swc-tr wrote: Sun Jan 21, 2024 7:21 pm Nog n EV teorie......?

Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Ag nee man, hierdie opmerking pas nie by jou nie. Help dan reg 
. let op my vraag, wat mis ek hier?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by LUAN »

Net omdat dit nog nie met jou gebeur het beteken nie dit kan nie gebeur. Nou wat lategan die kopspasie noem onthou ek dat my 308 n floating bolt head het. Dalk het dit bygedra dat die dop meer kon terug skop. Van die doppe was baie na aan case head seperation met die kraak wat sigbaar wys. As die primer platter is as normaal dan moet hy die pocket rek om dit te kan doen. Ek het daar geleer van die reg op stel en het nie weer die oefening gedoen om dit te bevestig. Dalk kan een van die wyse manne dit gaan probeer en kyk of dit n ev storie is :)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Lategan1 »

@ Luan

Ek hoop SWC het grappie gemaak, ‘n man met goeie tegniese kennis.

Wat ek verder ervaar het. Ons moet ook onthou dat die onderskeie make braas doppe nie ewe hard of smeebaar of dik is nie. Wanneer die slagdop uitkom en dit tref die “boltface” met die terugkom, dit nie noodwendig absoluut LOODREG wil terugdruk nie, maar wel teen effe skuins hoeke soms meerendeels aan die een kant smee en uitpeul. Volgens my wanneer dit gebeur en die primer blaas, dit die slagdop se gaatjie rek, en nie noodwendig 360gr nie, maar “off centre”. Dit brand soms ook ‘n “etch” slootjie in die gaaitjie se binnewand. Hierdie vanselfsprekend die uiterste gevalle terwyl ek ‘n “ladder” geskiet het van min. na maks. ladings.

Tesame (na baie oplees) met die minimum lading het ek ook my kamer so skoon moontlik gemaak sowel as die doppe so glad moontlik poleer om die probleem reg te stel. Dit het gehelp dat die doppe tydens vuur en terugslaan sover as moontlik naby die slotkop teen die kamerwande vasgryp en meerendeels vorentoe uitsit. Ek moes alle doppe 2-keer so vuurvorm, suksesvol afgehandel met geen verdere geblaasde slagdoppe en gerekte slagdopgate nie. Hier en daar was nog ‘n effe plat slagdop sigbaar. Die grootste kopspasie meting van enkele doppe voor dopvorming het gemeet 0.42mm!! as ek reg onthou. Die ES van die lot doppe se skouers was uiters swak.

Terloops, alles wat ek ervaar het, het gestrook met die kennis deur oplees wat ek ingewin het. Ek het niks of min aan toeval oorgelaat nie.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Wouter Roets »

Lategan1 wrote: Sun Jan 21, 2024 9:39 pm @ Luan

Lategan, het jy ladder geskiet met jou 9,3?

Groetnis
Wouter
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Lategan1 »

“Hierdie vanselfsprekend die uiterste gevalle terwyl ek ‘n “ladder” geskiet het van min. na maks. ladings. ”

Ja.

[] sonder om nota’s te check, ek sou tipies 1/2gr bokant min. grein begin het met 1/2 gr intervalle vir spoed en maks druk. Het na hierdie proses van vuurvorm regstelling gewone “ladder” geskiet.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Mon Jan 22, 2024 11:32 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by projagter »

Lategan1 wrote: Sun Jan 21, 2024 9:39 pm @ Luan

Ek hoop SWC het grappie gemaak, ‘n man met goeie tegniese kennis.

Wat ek verder ervaar het. Ons moet ook onthou dat die onderskeie make braas doppe nie ewe hard of smeebaar of dik is nie. Wanneer die slagdop uitkom en dit tref die “boltface” met die terugkom, dit nie noodwendig absoluut LOODREG wil terugdruk nie, maar wel teen effe skuins hoeke soms meerendeels aan die een kant smee en uitpeul. Volgens my wanneer dit gebeur en die primer blaas, dit die slagdop se gaatjie rek, en nie noodwendig 360gr nie, maar “off centre”. Dit brand soms ook ‘n “etch” slootjie in die gaaitjie se binnewand. Hierdie vanselfsprekend die uiterste gevalle terwyl ek ‘n “ladder” geskiet het van min. na maks. ladings.

Tesame (na baie oplees) met die minimum lading het ek ook my kamer so skoon moontlik gemaak sowel as die doppe so glad moontlik poleer om die probleem reg te stel. Dit het gehelp dat die doppe tydens vuur en terugslaan sover as moontlik naby die slotkop teen die kamerwande vasgryp en meerendeels vorentoe uitsit. Ek moes alle doppe 2-keer so vuurvorm, suksesvol afgehandel met geen verdere geblaasde slagdoppe en gerekte slagdopgate nie. Hier en daar was nog ‘n effe plat slagdop sigbaar. Die grootste kopspasie meting van enkele doppe voor dopvorming het gemeet 0.42mm!! as ek reg onthou. Die ES van die lot doppe se skouers was uiters swak.

Terloops, alles wat ek ervaar het, het gestrook met die kennis deur oplees wat ek ingewin het. Ek het niks of min aan toeval oorgelaat nie.

Beste.
Lategan ek is beïndruk met jou kalme vermoë tot uithou, aanhou en ... Ek het lankal ghensop.
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

Middag manne, nouja lyk my hierdie is 'n tipe probleem wat die manne so half in die geheim ervaar en oplos??? :) Sommer lekker baie informasie om mee te werk hier bymekaar!!!

1. Eerstens, wat is 'n EV-teorie ??? .....ek is te nuut hier ;)

2. Tweedens, die geweer is goed skoongemaak (of daar koolstof ring was, of is, of nog daar is weet ek nie) ::)

3. Doughnuts - As die dop nekke geborsel is val die punte in ;)

4. Die geweer het die naweek aan ons Kopskiet kompetisie deelgeneem en 'n totaal van 40 skote geskiet met presies dieselfe lading wat op seker doppe primers uitgeblaas het! Daar was 62 skuts en die geweer het 5de gekom in die kompetisie! Goeie groeperings en akkuraat...skiet waar hy moet! Geen druk is ervaar of enige primers het in die slag gebly nie! Hierdie keer is nie-geannealde doppe gebruik!

5. Ek vertrou nognie my binnemates voor en agter in die nek nie en wag nog vir akkurate toerusting om te meet!

(Alle annealde doppe is nou teoreties eers gescrap)

Nogsteeds engiste verandering is en was dan annealing >:(
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Ratel »

Is dit nie soortgelyk aan wat ek ervaar het met die doppe waarvan ek vroeer in die draad gepraat het nie. Die slagdoppies het nou wel nie uitgeskiet nie maar toe ek nuwe slagdoppies wou insit was die primer pockets so groot dat die slagdoppie vanself uitval. Sekerlik kan die resizing proses nie die primer pockets so rek nie. Dit sal gaaf wees as ons op die einde kan weet wat presies OH se probleem veroorsaak het.
Maak 'n verskil
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by Original Harry »

Ratel...die primer pockets is gemeet!

die wat wel uitgeblaas het meet 4,5mm (Small rifle primer)
die ander doppe se primer pockets meet 4,33 - 4.35mm (Actually kleiner as SAAMI spec)

Die mistery is nogsteeds....net die annealde doppe het nog druk gewys of uitgeblaas!!! :confused:
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Slagdoppies wat uit blaas?

Post by JF123 »

Kom ons kyk wat is die probleem.

1 Al die doppies met die standaard lading het goed geskiet met geen tekens van druk.
2 Met die volgende siklus is Ƅ sekere hoeveelheid van die doppies uitgegloei. Die doppies wat uitgegloei is wys tekens van druk met slagdoppie gaatjies wat oormate gerek het.
3 Die doppies in die siklus wat nie uitgegoei is nie, wys geen tekens van druk en skiet net so goed soos in die vorige siklus.
4 Die enigste verskil is die uitgloei.

My gevolgtrekking is dat iets met die uitgloei verkeerd gegaan het.
Post Reply