Page 3 of 5
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 12:44 pm
by jankraay
tau wrote:jankraay wrote: Mon Dec 09, 2019 11:20 am
tau wrote:
Die 7mm verstaan ek, maar hoekom 'n teiken koeël?
7x64 sal ook natuurlik werk en maklik herlaai + komponente.
Leeu die ELD M is alles behalwe net n teiken koeël. Ek jag met 147 ELD M’s op lang afstand, so ook baie van die ander manne in ons skiet groep.
Nico Harris het ook met 178 ELD M’s in sy .300 WSM gejag met groot sukses.
Dit wil vir my voorkom of hy beter presteer as die ELD X...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy skiet Springbokkies en Blesbokke, die mense praat hier van Gemsbokke en Kudu's. Weet jy Jan

Skiet n vark met m ELD M...harder as n Kudu en hy werk.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 12:45 pm
by Wouter Roets
Boys
Enige van julle al n n groot been op die groter bokke raakgeskiet met die koeels? Manne ek verstaan absoluut die behepdheid met hoe BC en uniformigheid van die tipe koeels, maar ons praat hier van maksimum 450m skote en diere tot en met eland grote. Wil julle nou wragtag vir my se jy het meer selfvertroue in die tiepe koeels eerder as iets soos n Accubond. Staan diere alewig perfek as julle in die berge gaan jag? Skiet julle nooit n skoot 2 duim weg vanwaar julle gemik het nie? Onthou ons praat hier van n normale geweer met n klip of tak as rus, nie jy op jou vet maag met bi-pods wat eers gebruik was op die hyskraan as supports wat jou geweer daar kom neersit het nie.
Groetnis
Wouter
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 12:52 pm
by Jurgen Visser
Daarshy , da vat hy nou , gewag vir die reguit en baie korrekte antwoord
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 1:43 pm
by Frederik
Ek se nogsteeds 165gr TTSX uit 'n 300wsm en jy kan enige iets skiet al staan hulle nie plankdwars nie.
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 1:51 pm
by ruaanb
Jurgen Visser wrote: Mon Dec 09, 2019 12:52 pm
Daarshy , da vat hy nou , gewag vir die reguit en baie korrekte antwoord
ja 9 skoot gemsbok

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 1:54 pm
by Geno
Ek het met die 6.5mm 143gr ELD-X bokke geskiet vanaf 100m tot op 670m.
Ribbok, springbok, koedoe, njala, eland, bosbok en vlakvark.
Ek was heel tevrede met die hoeveelheid vleisskade en hoe vinnig die bokke dood is na die skote.
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 2:17 pm
by Philip_R
7mm Rem Mag met 'n sintetiese kolf, 9-13" bipod en 24" stainless loop wat gevoer word met 168gr Nosler Accubond LR.
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 2:20 pm
by jankraay
ruaanb wrote:Jurgen Visser wrote: Mon Dec 09, 2019 12:52 pm
Daarshy , da vat hy nou , gewag vir die reguit en baie korrekte antwoord
ja 9 skoot gemsbok

Hahaha eina...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 2:50 pm
by tau
Wouter Roets wrote: Mon Dec 09, 2019 12:45 pm
Boys
Enige van julle al n n groot been op die groter bokke raakgeskiet met die koeels? Manne ek verstaan absoluut die behepdheid met hoe BC en uniformigheid van die tipe koeels, maar ons praat hier van maksimum 450m skote en diere tot en met eland grote. Wil julle nou wragtag vir my se jy het meer selfvertroue in die tiepe koeels eerder as iets soos n Accubond. Staan diere alewig perfek as julle in die berge gaan jag? Skiet julle nooit n skoot 2 duim weg vanwaar julle gemik het nie? Onthou ons praat hier van n normale geweer met n klip of tak as rus, nie jy op jou vet maag met bi-pods wat eers gebruik was op die hyskraan as supports wat jou geweer daar kom neersit het nie.
Groetnis
Wouter
Siebert is 'n sniper, hy mis nooit nie.
Ek het vanjaar 143gr ELDx-X uit Gemsbok gehaal op 200M vanaf my 6.5 Creedmoor dit was die jas sonder baie lood oor.Ek kon op 3x verskillende Gemsbokke met lyfskote met 175gr ELD-x nie een patroon herwin nie.
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 4:08 pm
by JPS
tau wrote: Mon Dec 09, 2019 2:50 pm

Tau - Die ELD-X's wat nie herwin is nie is hulle deur of het hulle heeltemal opgebreuk?
ek neig om met Jan K saam te stem oor die ELD M vs die X.
Ek dink die M is beter koeel as die X. is asof hy beter bymekaar hou as die X. Maar dan dalk verbeel ek my omdat ek Die 143 ELD X in 260 skiet en die 162 ELD M in 284Win en die grooter swaarder koeel is dalk die rede dat ek dink hy hou beter .....
Vir skote tot en met 450M soos die OP oor gevra het sal ek ook eerder net 'n Accubond of Interbond skiet. Enige bonded koeel van 160gn plus in 7mm wat vir my hier by 2800fps plus gee sal ek sonder huiwering skiet op enige boksoort.
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 4:31 pm
by Geno
Geno wrote: Mon Dec 09, 2019 1:54 pm
Ek het met die 6.5mm 143gr ELD-X bokke geskiet vanaf 100m tot op 670m.
Ribbok, springbok, koedoe, njala, eland, bosbok en vlakvark.
Ek was heel tevrede met die hoeveelheid vleisskade en hoe vinnig die bokke dood is na die skote.
O ja.
Van die klomp is slegs 2 koeels herwin.
Elandbul op 550m en koedoekoei op 100m of so. Die res het deurgeskiet met exits tussen R2 en R5 grootte.
Albei het rondom 68% gewig behou.
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 4:45 pm
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Mon Dec 09, 2019 12:45 pm
Boys
Enige van julle al n n groot been op die groter bokke raakgeskiet met die koeels? Manne ek verstaan absoluut die behepdheid met hoe BC en uniformigheid van die tipe koeels, maar ons praat hier van maksimum 450m skote en diere tot en met eland grote. Wil julle nou wragtag vir my se jy het meer selfvertroue in die tiepe koeels eerder as iets soos n Accubond. Staan diere alewig perfek as julle in die berge gaan jag? Skiet julle nooit n skoot 2 duim weg vanwaar julle gemik het nie? Onthou ons praat hier van n normale geweer met n klip of tak as rus, nie jy op jou vet maag met bi-pods wat eers gebruik was op die hyskraan as supports wat jou geweer daar kom neersit het nie.
Groetnis
Wouter
Nee ek skiet hulle gewoonlik ini kop

maar ek was al by waar baie bokke van blesbok tot zebra/koedoe met tyken koele geskiet is tot andet kant 900m en klomp van hulle het harde been getref en ons het nog net n paar koele terug gekry, meeste van die sagte tyken koels is dwars deur groot bene.
Ek weet julle manne geniet die koper koele maar ek skiet baie eder n groot eld/amax of berger en ek is meer as gemaklik om self n eland met hulle te skiet, soos Geno ok al gewys het met die 143gr elds
Ek het al taamlik in my dommer dae gejag met ttsx, gmx en nosler se etips en swb, bwb, gemsbok en koedoe koei geskiet met hulle so ek het al met al 2 soorte gajag en ek verkies loshande die sagter koels.
Ons gaan seker bq van die spoor en ek stem wel saam dat 400/450m iets soos n accubond nie n slegte keuse is nie
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 4:58 pm
by tau
JPS wrote: Mon Dec 09, 2019 4:08 pm
Tau - Die ELD-X's wat nie herwin is nie is hulle deur of het hulle heeltemal opgebreuk?
Hulle is regdeur op plankdwars Gemsbokke. Dit is kliente wat my geweer gebruik het.
Ek het vir jare die 162gr Hornady SST geskiet en hulle was baie goed vir my. My gat ook sommer baie gered as ek foute maak. Die 175 gr ELD-x teen 3040fps slaan net die Gemsbokke soveel harder. Bladskote laat val sommer 'n bok om met impak en as hulle dan opstaan is hulle seer.
EK het nog GEEN eld-m geskiet in enige kaliber nie so vra werklik uit nuuskierigheid.
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 5:03 pm
by Capt. Yoda
Terwyl ons elk geval nou stront praat, 2 groot bulle wat Ben en Cronje die jaar by Nico geskiet het met n 215gr Berger hybrid en n 185gr Berger VLD
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 7:46 pm
by Andre308
Ek wag nou net vir die volgende moer wat hier gaan uit dop en 303 epps skreeu...
Dan weet ek finaal dat jaracal agteruit gegaan het.
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 7:47 pm
by Andre308
En nee, dit is nie die 270win raad wat my hier bo bekommer nie....
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Mon Dec 09, 2019 7:59 pm
by Apie
Ek bly maar ‘n voorstaander van groter is beter.
So ek sou ook sê iets in die vinnige 7mm of 300WSM klas in ‘n Tikka Hunter(of ‘n Savage vir Armand) geweer met goeie glas sal die pyp rook.
Ek dink ook ‘n 6.5-284 sal kan werk as jy lekker swaar premium pitte laai.
As jy bietjie moeite doen om jou trajek te dokumenteer en jy gebruik ‘n rangefinder vir die langer skote kan jou ‘stadige’ kalibers verseker ook werk.
In my hart voel ek dat ‘n eland liefs met ‘n 30 kaliber of groter gejag moet word alhoewel ‘n kleiner kaliber hom kan dood en al baie het.
Dis amper daai geval van jy kan ‘n buffel doodskiet met ‘n 7.62 FMJ maar dat ‘n .375/9.3 die minimum aanbeveling is.
Dis maar ‘n persoonlike ding maar uit respek vir die dier jag ek met die grootste kaliber wat ek akkuraat kan skiet met die beste punte war ek kan bekostig(en akkuraat skiet).
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Tue Dec 10, 2019 6:38 am
by knipmes
Andre308 wrote: Mon Dec 09, 2019 7:46 pm
Ek wag nou net vir die volgende moer wat hier gaan uit dop en 303 epps skreeu...
Dan weet ek finaal dat jaracal agteruit gegaan het.
Waarom so kwaai oor ander manne se persoonlike voorkeur? Ek het al n ou Martini Henry dop opgetel op n randjie naby Hopetown waar ons springbokke geskiet het. Dit was seker maar al geweer wat die jagter gehad het maar vir hom was dit goed genoeg.
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Tue Dec 10, 2019 7:32 am
by BeesBreet
knipmes wrote:Andre308 wrote: Mon Dec 09, 2019 7:46 pm

Die draad gaan nie oor peroonlikke voorkeur nie.
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Tue Dec 10, 2019 8:00 am
by ruaanb
@knipmes - Andre308 sê dit tong in die kies.
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Tue Dec 10, 2019 8:45 am
by Mellies
BeesBreet wrote: Tue Dec 10, 2019 7:32 am
knipmes wrote:Andre308 wrote: Mon Dec 09, 2019 7:46 pm
Ek wag nou net vir die volgende moer wat hier gaan uit dop en 303 epps skreeu...
Dan weet ek finaal dat jaracal agteruit gegaan het.
Waarom so kwaai oor ander manne se persoonlike voorkeur? Ek het al n ou Martini Henry dop opgetel op n randjie naby Hopetown waar ons springbokke geskiet het. Dit was seker maar al geweer wat die jagter gehad het maar vir hom was dit goed genoeg.
Die draad gaan nie oor peroonlikke voorkeur nie.
Amen.
Met `n vleisie...
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Tue Dec 10, 2019 8:52 am
by jankraay
Mellies wrote:BeesBreet wrote: Tue Dec 10, 2019 7:32 am
knipmes wrote:
Waarom so kwaai oor ander manne se persoonlike voorkeur? Ek het al n ou Martini Henry dop opgetel op n randjie naby Hopetown waar ons springbokke geskiet het. Dit was seker maar al geweer wat die jagter gehad het maar vir hom was dit goed genoeg.
Die draad gaan nie oor peroonlikke voorkeur nie.
Amen.
Met `n vleisie...
Het jy nou op die .303 epps besluit laat jy amen se?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Tue Dec 10, 2019 9:01 am
by Mellies
jankraay wrote: Tue Dec 10, 2019 8:52 am
Mellies wrote:BeesBreet wrote: Tue Dec 10, 2019 7:32 am
Die draad gaan nie oor peroonlikke voorkeur nie.
Amen.
Met `n vleisie...
Het jy nou op die .303 epps besluit laat jy amen se?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Wik en weeg nog. Ek geniet ook my ligte sako vixen in .222 Rem baie.
Maar my eintlike bergroer is `n 300WM met 180gr Accubonds en `n Z3 4-12 wat die bokke naderbring.
Ek wonder net hoe vêr ek van perfek af is met my combo.
Met `n vleise...
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Tue Dec 10, 2019 9:09 am
by BeesBreet
Mellies wrote:jankraay wrote: Tue Dec 10, 2019 8:52 am
Mellies wrote:
Amen.
Met `n vleisie...
Het jy nou op die .303 epps besluit laat jy amen se?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Wik en weeg nog. Ek geniet ook my ligte sako vixen in .222 Rem baie.
Maar my eintlike bergroer is `n 300WM met 180gr Accubonds en `n Z3 4-12 wat die bokke naderbring.
Ek wonder net hoe vêr ek van perfek af is met my combo.
Met `n vleise...
Is u bekend met die term “balhaar dikte” om dikte of lengte aan te dui
Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?
Posted: Tue Dec 10, 2019 9:11 am
by Andre308
knipmes wrote: Tue Dec 10, 2019 6:38 am
Andre308 wrote: Mon Dec 09, 2019 7:46 pm
Ek wag nou net vir die volgende moer wat hier gaan uit dop en 303 epps skreeu...
Dan weet ek finaal dat jaracal agteruit gegaan het.
Waarom so kwaai oor ander manne se persoonlike voorkeur? Ek het al n ou Martini Henry dop opgetel op n randjie naby Hopetown waar ons springbokke geskiet het. Dit was seker maar al geweer wat die jagter gehad het maar vir hom was dit goed genoeg.
Ek skep maar n bietjie eksta drama om julle te laat dink oor die saak.
Die groot ding wat ek hier bo sien is dat sommige mense die term "vlakte" met die term "lang afstand" misgis. En volgens my is dit twee wye werelde van mekaar. Vlakte kalibers is vinnige plat skietende kalibers. Nie alle lang afstand kalibers val in daardie kategorie nie.
Ek glo dat die perfekte vlakte/bergjag roer in n kaliber groter as 6.5mm sal wees, kleiner as n 8mm sal wees, en n koel skiet met n "sectional density" van meer as 0.24 teen n tromp spoed wat darm oor die 2900fps is. En dit alles in n geweer wat n mens mee kan stap en teleskoop met n vergroting wat darm van 4 tot 16 kan stel.
Groete
Andre