Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Beretta »

Gerhard
Mahala free of charge ;)
Beretta
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Vlakvark »

Stefan hier is my Barnes TSX130g .270 100% gewig behou kruit 60g ADI 2213sc nie seker nie maar as ek reg onthou was dit teen so 2800f's. Ek het twee Red Deer een op so 180m en die ander op 270m geskiet teen slag tyd het ek nie geweet of die punt uit no 1 of 2 gekom het nie vermoed no 2 op 270m

Die ander koeel is n130g sst 240 m ook Red deer net 50%gewig behou maar die versplintering was so erg dat ek beide blaaie weg gegooi het sal persoonlik nie weer met hom jag nie

[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF4628.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF4619.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF4617.jpg[/img]
[img width=319 height=480]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF4612.jpg[/img]
Last edited by Vlakvark on Wed Nov 02, 2011 2:32 pm, edited 1 time in total.
Image
Image
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Petrie303 »

Dagse,

Het iemand al die 303 150gr barnes tsx gebruik?

Ek wil dit gebruik in my EPPS, 24duim loop.

Watse spoed kan ek verwag en watse kruit?
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
Gerard

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Gerard »

SJ,
Ek is jammer dat ek jou naam gebruik het in #21 op bladsy 2.  Dit moes Jaco Swart gewees het na aanleiding van sy #13 op bladsy 1.  Groot verskoning van my kant af, dit is ongeskik om 'n mens naam verkeerd te spel, los nog om sommer geheel en al die verkeerde persoon aan te tree.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Stefan764 »

Vlakvark

Baie dankie! Goeie voorbeeld van selfde kaliber, bok en dan herwinde koeels.

Groete
Stefan

(PS - vandag my eerste toetslading gelaai, skiet hulle vrydag midag....270gn TSX in 375R teen n beraamde 2500fps)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Flip Fouche »

Stef

Ek en Jannie Es wil ook vir jou met die punte n toets doen.

Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Wouter Roets »

Petrie

Wat se aksie het jy?

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Petrie303 »

Wouter Roets wrote: Petrie

Wat se aksie het jy?

Groetnis
Wout
Hi,

Ek wil dit op my P14 Epps gebruik.
" The more you practice the luckier you get "
"A fool with a tool stays a fool"
"Dit is die paar duim agter jou scope wat saak maak"
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by erx »

Hi manne

Het die koele nogsteeds 'n lood kern? Lyk so op daai fotos van vlakvark?

Groete
erx
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Vlakvark »

ERX
daai een is n 130g Hornady sst
Image
Image
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Lourens »

ERX,

Nee, die Barnes TSX koele word van 100% koper gemaak en bevat geen lood nie. Barnes het egter ook 'n reeks wat hulle "Barnes Original" noem wat 'n gewone loodkern koeel met kopermantel is. Die original reeks is nie baie groot nie en word net in 'n paar kalibers vervaardig. Die loodkoeel op die foto is soos vlakvark gese het 'n Hornady SST.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Stefan764 »

100% unleaded!!  ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Wouter Roets »

Pedrie

S355 lyk na die beste opsie. Met die P14 sal ek 55 000psi en nie 49 000psi as die maksimum voorskryf. Dit gee n maksimum spoed in die orde van 2900ft/sek. Gebruik 49gr as n beginlading en moet nie die maksimum spoed oorskrei nie. Voor n mens n finale aanduiding kan gee sal n mens eers die werklike dopkapasiteit wil he.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by James Wilson »

ek geniet die Barnes produk, ek het nognie met die GSC geskiet, maar sal dit doen as ek dit iewers op n winkelrak raakloop.

wat ek wel gesien het van die Barnes is as ek met tradisionele koels(in my geval Nosler) groepeer met n kaliber se maar so 9-12mm dan kry ek nie beter uit die Barnes as so 19-24mm groeppe nie.  nou daarmee is ek natuurlik heeltemak gelukkig, maar ek wil graag weet of dit normaal is dat Barnes of dan nou enige monometaal produk marginaal minder akuraat is?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Stefan764 »

Jagbehep! wrote: maar ek wil graag weet of dit normaal is dat Barnes of dan nou enige monometaal produk marginaal minder akuraat is?
James

Ek dink daai groep wat ek geskiet het (post#1 op hierdie topic) bewys die teendeel.

Soos meeste van julle manne weet het ek al die GMX en Impala koele ook getoets in my gun. Bitter baie ladings opi GMX, kon hom nie kleiner as 20mm kry nie. Impala met Dok se eerstehandse hulp en leiding, NOPE, kleinste was 25-30mm, en hier het ons flippen baie moeite gedoen om akkuraatheid te verkry maar helaas, die 7mm wou net nie.

BarnesTSX gelaai, EERSTE toetslading (ja ja ja, baie gelukkig  ;D ) gooi hy alles in een gat, nogi weer gechange nie. Hy groep tussen 10 en 15mm konstant/heeldag/aanmekaar/hoejyditookalwilse. Op 200m gooi hy 25mm.


Dink dit stel die feit dat die Barnese akkuraat is in perspektief...

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by DWB »

Stefan764 wrote: Soos meeste van julle manne weet het ek al die GMX en Impala koele ook getoets in my gun. Bitter baie ladings opi GMX, kon hom nie kleiner as 20mm kry nie. Impala met Dok se eerstehandse hulp en leiding, NOPE, kleinste was 25-30mm, en hier het ons flippen baie moeite gedoen om akkuraatheid te verkry maar helaas, die 7mm wou net nie.

BarnesTSX gelaai, EERSTE toetslading (ja ja ja, baie gelukkig  ;D ) gooi hy alles in een gat, nogi weer gechange nie. Hy groep tussen 10 en 15mm konstant/heeldag/aanmekaar/hoejyditookalwilse. Op 200m gooi hy 25mm.


Dink dit stel die feit dat die Barnese akkuraat is in perspektief...

Groete
Stef
Hel, ek het nou onlangs 2 bokse GMX gekoop en nou s? jy dis onakkuraat.....
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Lourens »

DWB,

Die akkuraatheid en performance verskil maar van geweer tot geweer. Die gmx'e wou nie so mooi loop in stef se gun nie, maar in ludwig se 300 loop hul soos n parafienjet. Probeer daai gmx'e in jou gun, jy behoort sukses te behaal, daar is baie anne manne wat raporteer van goeie akkuraatheid met die gmx'e.

Barnes-TSX groete,
Lourens
Last edited by Lourens on Fri Nov 04, 2011 10:54 am, edited 1 time in total.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Stefan764 »

DWB wrote: Hel, ek het nou onlangs 2 bokse GMX gekoop en nou s? jy dis onakkuraat.....
Nee nee mater, glad nie wat ek gese het nie, ek kon net nie in MY gun hulle laat group nie. Ludwig gooi hulle baie mooi en baie klein  ;)

Daar het n mite ontstaan dat die Europese 7mm gunne wat n .285 kaliber is nie Amerikaanse Mono koele (.284) kan skiet nie, en ek het dit toe op die stadium geglo want die kundige op die gebied met 30 jaar se kennis van ballistiek se woord word mos nie in twyfel getrek nie.

Tog, die BarnesTSX (trots Amerikaans) en die Tikka 7x64 (so Europees soos hulle kom) loop soos n rot met Crocs.......snaakse verskynsel sou ek se....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by DWB »

Dankie Manne,

So nou is Barnes dalk oversize vir die ander manne se gewere :D

Ek sal hopelik vanmiddag of more daai GMXe op die baan kan gaan toets
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by James Wilson »

Stefan dit is nou eindelik goeie nuus.  ek het maar altyd aanvaar dat n Barnes van die beste indien nie die heel beste is nie. sekerlik die beste as dit kom by doodmaak vermoe. maar ek was altyd onder die indruk dat ander koels soos Nosler n Barnes sal klop( al is dit ook net net) wanneer dit kom by groepering skiet?  persepsies persepsies.  ek moet se sedert ek op hierdie forum is het al baie sogenaamde wyshede wat ek by Jan alleman gehoor het van ontslae geraak
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Gerard

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Gerard »

Stefan,
Daar het n mite ontstaan dat die Europese 7mm gunne wat n .285 kaliber is nie Amerikaanse Mono koele (.284) kan skiet nie, en ek het dit toe op die stadium geglo want die kundige op die gebied met 30 jaar se kennis van ballistiek se woord word mos nie in twyfel getrek nie.
Vir wat sal jy nou so 'n aanmerking maak?  As jy nie weet nie, vra.  Dit is nie nodig om neerhalend te word nie, dit jaag mens die harnas in.

Sako/Tikka het besluit om hulle produksie te vereenvoudig deur weg te beweeg van die CIP spesifikasies af.  Byvoorbeeld: Hulle 30 kaliber lope word nou almal met 'n 11 duim spiraal gemaak in plaas van die gespesifiseerde 10" vir 30-06 en 300 magnums en 12" spiraal vir 308Win.  Inplaas van twee lyne is daar nou net een en .30 is per slot van rekening loshande die grootste verkoper.

Hulle grootste verkope is in die VSA mark en dit sal my dus nie verbaas indien hulle nie meer .285" lope maak nie en almal nou .284" is, ten spyte van die 'Europese' kaliber en die CIP spesifikasie.  Sako bied reeds vir 'n geruime tyd nie meer .285" koeels aan vir herlaaiers nie.  Hulle 6.5x55 is ook nie meer die CIP spec Sweedse Mauser nie maar die aangepaste 6.5x55 SKAN.

So, lees dit wat ek s? met begrip en hou jou neerhalende aanmerkings vir jouself.

Terwyl ons besig is met die regstel van 'mites'.

SMK
net nou is my loop beskadig met die JB bore paste.
Wie nie wil hoor nie, moet maar voel.  Gaan koop 'n nuwe geweer en bring hom vir my, tesame met bore paste, dan verinneweer ek hom vir jou binne 30 minute.

Lourens,
Ek was vinnig reg bewys toe Oom Gerard en Remingtom hul posts hier kom maak het
Nou moet ek vra of jy ernstig is.  Kan jy nie sien dat my reaksie as gevolg van Vlakvark se aanmerking was nie.  Hoekom spreek jy hom nie aan nie?  Solank as wat snedige aanmerkings my kant toe kom, moet diesulkes gewoond raak dat dit nie sal verby gaan nie.
Het jy dit in die huisgenoot gelees??
Nee, miskien hier: http://www.rathcoombe.net/sci-tech/ball ... troduction
By herwinning het ek gemerk dat die puntjie toegebuig het en die koeel soos 'n solid reageer het. Die probleem is egter helemal uitgestryk.
Is dit?  VdWalt se bydrae 31 op die volgende bladsy vertel iets anders.  Die byskrifte van die fotos is soos volg: 1. Barnes 168gr TSX .30. 2. Barnes 180gr TSX .30. 3. Barnes 140gr TSX 7mm herwin uit 'n mule deer.  4. 50% van die koeels in die foto het oopgemaak by impak.

Frederik,
Net 'n vragie dis duidelik dat die punt herlaai was aangesien die dop gebruik lyk die lyk ook soos 'n vinnige .30 kaliber.
Dit is 'n 257 Weatherby en die punt het nie in die magasyn seer gekry nie.  Daar is nie genoeg terugskop om dit te doen nie.
Nou as ek herlaai sou ek seker dadelik optel dat die punt nie reg was voor ek hom gelaai het nie.
Behalwe as jy 'n progressiewe masjien het en die inspeksie doen wanneer die rondtes klaar gelaai is.

Gerhard,
Oor die ander PUNTE wat hier genoem is
Jou halstarrigheid en doelbewuste verkeerd doen is ook al vervelig.  Ek hoop van harte jy is meer professioneel in jou professionele hoedanigheid.

Beretta,
My ondervinding van barnes is dit werk nie in my 222 nie seker my fout
Hoekom se jy dit is jou fout?  Wanneer koeels nie werk nie is dit mos die vervaardiger se fout, as ek so lees wat die manne s?.

Stefan,
Die fotos bo wys baie mooi dat die Barnese redelik konstant omklink.
Ek stem.  Redelik is 'n baie elastiese term maar, in die fotos hier geplaas, blyk dit sowat 26 omklink en 5 nie-omklink te wees.  Jy noem dat die TSX nie druk probleme gee soos die oorspronklike Barnes X gegee het nie.  Dit is so en die rede is dat barmes nou die TSX en later reekse effens onder groote maak.  Dit verminder die graveervolume en laat gas verby die koeel lek soos dit in die loop af beweeg.  Beide die faktore verminder druk.

Lourens,
mens moet maar altyd dophou vir druktekens maar dit is grootliks uitgesel deur die sogenaamde "driving bands" (groewe) op die nuwe TSX koeels.
Die groewe in monometaal koeels word nie dryfbande genoem nie.  'n Koeel is gegroef of dit het dryfbande.  Die verskil is maklik om te herken.  Met gegroefde koeels hou die skag van die koeel verband met die groewe in die geweerloop.  Die groewe in die koeel het geen verband met die riwwe in die geweerloop nie.  Met dryfband koeels hou die skag van die koeel verband met die riwwe van die geweerloop en die dryfbande hou verband met die groewe in die loop.

Wouter,
Voorwaar n wonderlike produk met puik naverkoop diens van hierdie familie besigheid.
Barnes Bullets is 'n geruime tyd nie meer 'n familiebesigheid nie.  Hulle is laas jaar gekoop deur die Cerberus groep, wat ook vir Remington besit, en vir Marlin en Bushmaster gekoop en toegemaak het.

---------------------------------------------------------------------------------

Dit is maklik om te sien of 'n koeel onder grootte vir 'n spesifieke geweer is.  Of die koeel nou onder spesifikasie is en of die loop te groot is, maak nie saak nie, die effek is dieselfde.  Die gravering lyne op die koeel wys die kontak en dat die metaal verplaas is in die rigting van beweging.  Die skag-oppervlakte tussen die graveerlyne wys geen kontak en dienooreenkomstige skuurlyne nie.  Dus het die koeel nie die loop gese?l soos wat 'n loodkern koeel dit sou doen nie.

[img width=327 height=480]http://www.gsgroup.co.za/barnesengraved1.jpg[/img]

Ek vertrou dat die inligting van nut is.
Last edited by Gerard on Fri Nov 04, 2011 3:51 pm, edited 1 time in total.
Biltongjagter

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Biltongjagter »

Stefan skryf op 17 Maart 2011 soos volg:
Re: Hornady GMX koeels/punte/bullets
? Reply #22 on: 17 March 2011, 12:19:57 ? 

--------------------------------------------------------------------------------

Koos Biltongjagter

Ek wil hierdie post plaas met baie BAIE groot dankbaarheid teenoor jou en die deel van jou kennis met ons...

Ek het nie geweet die Amerikaanse 7mm en my 7mm (Europese 7x64) verskil nie. 0.284 vs 0.285....

Wat jy hierbo se maak nou, na n baie lang gesprek met my goeie vriend Wouter, heeltemaal sin.

Voorbeeld1:
Interbond (loodkern wat kan uitsit in die loop vanaf 0.284 na 0.285) beste groep met my 7x64 = 7,6mm
SST (loodkern wat kan uitsit) beste groep 6,4mm
Interlock (loodkern wat kan uitsit) beste groep = sub 10mm, nie gemeet
SPEER BTSP (Loodkern wat uitsit) beste groep = 8,2mm
en so kan ek regtig nog so paar byvoeg van sub 15mm groepe, PMP en Highland punte

Voorbeeld2:
Impala 0.284 (solid, kan nie uitsit) beste groep met my 7x64 = 35mm
GMX (0.284 monolisties, kan nie uitsit) beste groep = 40mm

Ons kan uit voorbeeld1 duidelik sien dat daar geen fout met die loop of met die teleskoop of met die skroewe of enige ander kompenent is nie.

Jaracal lede, sonder hierdie stukkie insigewendheid van Koos sou ek nog baie BAIE BAAAIE lank gesoek het na die probleem. En baie blikke kruit en duur premium koeels(GMXe) op papiere uitgeskiet het.
En vandag, 4 November 2011 skryf hy die volgende:
Daar het n mite ontstaan dat die Europese 7mm gunne wat n .285 kaliber is nie Amerikaanse Mono koele (.284) kan skiet nie, en ek het dit toe op die stadium geglo want die kundige op die gebied met 30 jaar se kennis van ballistiek se woord word mos nie in twyfel getrek nie.

Tog, die BarnesTSX (trots Amerikaans) en die Tikka 7x64 (so Europees soos hulle kom) loop soos n rot met Crocs.......snaakse verskynsel sou ek se....
Voor jy nou verder almal 'n rat voor die o? probeer draai, s? nou net eers vir ons, het jy die Barnes koe?l se deursnee behoorlik gemeet met 'n Vernier?
Indien so, wat is di? se deursnee op die dikste deel van die koe?l se skag in duisendstes van 'n duim?

En ja, voor ek nog klaar kon antwoord, het Gerard jou sommer reeds reggehelp.

Stefan, dink voor jy skryf!

Groete,
Koos.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Beretta »

Gerard
Hulle se dat n bad workman always blame the tools.Ja nee party keer is dit beter om jouself die skuld te gee. ;D ;D
Beretta
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Stefan764 »

Hallo Biltongjagter

Soos gewoonlik verwar jy en jou vriend oom Gerard die feite voor hande, of daar is n redelike mate van verstandsbegogeling in julle beredeneringsvermoee. Die Barnes Topic gaan nie oor die bandwydte of deursnee van Barnes koeels nie, maar hulle uitmuntende en onverbeterlike prestasievermoee op alle tipes wild op enige spoed bo 2000fps. Ek het nog baie voorbeelde van Barnes TSX wat uit groot wild kom wat die selfde konstante gewigsretensie patroon toon.

Ek is nie lus om te redeneer met n persoon wat nie vir my herhaaldelik koeels kan wys wat kwansuis goed presteer, dws, volledig sou uitplat teen verkillende impaksnelhede nie. Terloops, n vriend het my n sogenaamde premium koeel se prestasie gewys op n Rooibok en waar die vernaamde koeel nie eers deur die bladbeen van n Rooibok kon penetreer nie. Die koeel is by die blad in, 90grade gedraai en by die voorbeen uit, ondertoe... Dra jy kennis van die voorval Koos Biltongjagter?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Biltongjagter

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Biltongjagter »

Stefan skryf:
Dra jy kennis van die voorval Koos Biltongjagter?
Geensins nie - maar gee gerus volledige feite en gegewens sodat ek meer te wete kan kom.

Dankie by voorbaat.

Koos.
Post Reply