Page 3 of 42

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 8:53 am
by bishop3006
Dit lyk my so. Ek wil net weereens sê baie dankie vir die pakkie - baie nice. As my goed later die jaar uitgesort is sal ek met jou praat om nog van daai loading trays. Sal goed wees om sommer 'n klompie te hê.

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 8:56 am
by joe rocket
Die Howa kolf 243 en Lyman cutter is nog beskikbaar.

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 9:18 am
by bishop3006
Die magasyne is ook nog beskikbaar.


Joe, aangesien lyk my niemand anders wil hom hê nie sal ek daai cutter vat asb tensy iemand anders inspring.

Laat my weet wat gaan posgeld na Pretoria toe kos asb.

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 10:02 am
by joe rocket
Dis joune postnet is R99

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 1:53 pm
by Tikka_25-06
joe rocket wrote:Die Howa kolf 243 en Lyman cutter is nog beskikbaar.
Joe ek sal die kolf vat asb as hy nog beskikbaar is. Ek het ook so paar blikke baie ou kruit as iemand sou belangstel. Dit sal moet opgetel word by my in PE ooskaap.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170117/56b3ab186917a254745cbd05473b7998.jpg


Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 1:58 pm
by joe rocket
Tikka hy is joune.

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 2:01 pm
by Tikka_25-06
joe rocket wrote:Tikka hy is joune.
Baie dankie stuur my n whatsapp na 084vyf vyf agt 1twee twee 1. Dan tref ons reelings.

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 4:06 pm
by Robin
Hi Arnold

As Geno nie daardie .22 ammo vat nie sal ek graag. Ek is ook in Brackenfell.

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 4:10 pm
by Arnold
Hallo Robin, die ammo het toe 'n lift gekry na Geno toe.

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 4:10 pm
by Tikka_25-06
Lyk my hier is weer lewe.......

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 4:11 pm
by Tikka_25-06
Kom manne daars sekerlik nog n paar goedjies wat rondle.

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 17, 2017 4:12 pm
by Tikka_25-06
Supacow het sover eerste keuse op die kruit.

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: Pay it forward

Posted: Wed Jan 18, 2017 9:32 am
by bishop3006
Daai MP200 werk MOOI vir downloads op 7x57 en 30-06 vir kinders om lekker te skiet met die groot gewere.

Re: Pay it forward

Posted: Wed Jan 18, 2017 1:23 pm
by Jurgen Visser
Ek het 'n Lee balkie skaaltjie en 'n Lee Powder gooier (die plastiek een ), altwee werk nog 100%

Re: Pay it forward

Posted: Wed Jan 18, 2017 1:25 pm
by Arnold
Jurgen Visser wrote:Ek het 'n Lee balkie skaaltjie en 'n Lee Powder gooier (die plastiek een ), altwee werk nog 100%
Kan ek die poeier gooier kry asb.

Re: Pay it forward

Posted: Wed Jan 18, 2017 1:27 pm
by Jurgen Visser
Jy kan hom kry ja Arnold , ek is in Kuils Rivier , laat weet maar as jy die kant toe kom

Re: Pay it forward

Posted: Wed Jan 18, 2017 4:10 pm
by Geno
My beurt om nog iets op te sit.
Ek het 4x blikkies 5.5mm / .22 windbuks koeëltjies.
Die 2x blikkies Gamo is nog vol, en die ander is meer as half vol as ek moet skat.
LW. dat jy die Samyang koeeltjies vanuit 'n 40ft/lb gun moet skiet om die swaargewig pitte ten volle te benut.

Die ou wat dit soek moet net R100 courier/Postnet dek, dan kan hy dit kry. Alternatiewelik kan hy optel by my in Brits.
WhatsApp Image 2017-01-18 at 15.54.58.jpeg

Re: Pay it forward

Posted: Wed Jan 18, 2017 4:37 pm
by Kolhasie
Geno wrote:My beurt om nog iets op te sit.
Ek het 4x blikkies 5.5mm / .22 windbuks koeëltjies.
Die 2x blikkies Gamo is nog vol, en die ander is meer as half vol as ek moet skat.
LW. dat jy die Samyang koeeltjies vanuit 'n 40ft/lb gun moet skiet om die swaargewig pitte ten volle te benut.

Die ou wat dit soek moet net R100 courier/Postnet dek, dan kan hy dit kry. Alternatiewelik kan hy optel by my in Brits.
WhatsApp Image 2017-01-18 at 15.54.58.jpeg
geno ek sal dit neem
Ek sal more met jou die reelings tref as ek weer by die werk kom.
groete kh

Re: Pay it forward

Posted: Wed Jan 18, 2017 4:39 pm
by Geno
Reg so Francois

Re: Pay it forward

Posted: Wed Jan 18, 2017 4:42 pm
by Kolhasie
Geno wrote:Reg so Francois
Dankie maat.

Re: Pay it forward

Posted: Thu Jan 19, 2017 7:49 am
by Geno
Francois, onthou om iets op te sit op hierdie thread, soos in die eerste post gespesifiseer.
Geno wrote: Hier is die reels:
Sit iets op wat jy nie meer gebruik nie ter waarde van watookal (nou nie Loftus seisoenkaartjies nie asb. Ons soek proper pryse), en die pakkie is joune.
Iemand anders sit weer iets op om jou pakkie te kry, en so gaan ons aan.

Re: Pay it forward

Posted: Thu Jan 19, 2017 7:55 am
by Kolhasie
Geno wrote:Francois, onthou om iets op te sit op hierdie thread, soos in die eerste post gespesifiseer.
Geno wrote: Hier is die reels:
Sit iets op wat jy nie meer gebruik nie ter waarde van watookal (nou nie Loftus seisoenkaartjies nie asb. Ons soek proper pryse), en die pakkie is joune.
Iemand anders sit weer iets op om jou pakkie te kry, en so gaan ons aan.
Ek gaan so maak Geno

Re: Pay it forward

Posted: Thu Jan 19, 2017 8:44 am
by ruaanb
Ek het 'n sak met gebruikte tumbler media vir iemand in die Kaap vir mahala. Kom haal maar net by my.

Re: Pay it forward

Posted: Thu Jan 19, 2017 8:48 am
by joe rocket
Gaan jy die media in n sykous plaas en was?

Re: Pay it forward

Posted: Thu Jan 19, 2017 10:29 am
by ruaanb
joe rocket wrote:Gaan jy die media in n sykous plaas en was?
in jou wasmasjien ja.