Manne ja nee, ek sien Christo lAaaaaiks Kalabaspan te veel, hy moet net weer trug.........
Nou ja, so het Christo n mooi rooibok ooi plat gemaak, n lekker vet vlakkie ook laat bakkie ry, neef Johny het ook weer n vlakke platgemaak, en so ook Kobus n mooie. Frikkie het n kudu koei laat bakkie ry, en ek self het darm sondag laatmiddag toe almal weg, n kans op n rooibok ram gekry en n lift gegee.
Ons het oudergewoonte, die gunne woensdag middag sononder in die kluise geberg, elke man sy tassie gepak, en met die skietlamp en die Ford Ranger, die manne die lyndrade en watergate gaan wys. By die kamp aangekom het die vuur reeds lekker hoog gebrand, en ons die kuier van die middag afgesluit met paar lekker afrikaanse liedtjies na ete. Donderdag 5h was dit uit die vere, en die jag met erns begin.
Ek wil ook aan almal wat dit meegemaak, my dank oordra. Dit was fantasies, weereens! Manne, om 16 man op n jagkamp te he, werkli, lekker te kuier sonder enige nonsens, en weer na 4dae almal as nog groter frinne terug te keer stad toe, wil gedoen wees!! Julle is puik!!
Ek kan dit net wragtag nie glo dat ons weer geen fotos het nie, dis al waar ons werklik gevaal het, en daai styl koet stop manne, a nee a!!
Manne dankie, die volgende manne jag is die eerste naweek Sept 2015, spaar solank!
Christo se BWB Kerskompetisie naweek is gereel!!
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
