Page 3 of 3
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Sat Nov 09, 2013 8:23 am
by NEGE3
Pappabeer wrote:Oom Koos,
My 9,3 se fotos is op die 9,3 draad. Dit is n identiese geweer itv staalwerk, behalwe dat hy die kruisboute deur het. Ek gaan Desember op vakansie, en gaan nie by skiet uitkom in die maande daarna tot seker maart nie. Oom is welkom om my kolf te vat om n kopie te laat maak, om dit so na as moontlik aan die oorspronklik te hou.
Persoonlik dink ek daardie kolf het heeltemal uitgedroog, en is onherstelbaar, gegewe die kaliber. Sels al sit mens n metaal "gusset" oor sal dit nogtans n waagstuk wees.
Ek hou oë en ore oop vir n kolf.
Baie dankie ek waardeer jou belangstelling. Jy het 'n groot hart. EK sal sien wat besluit RAM se hoofkantoor. Dit sal ook my besluit beinvloed. Ek waardeer jou aanbod en ons gesels later.
Sterkte.
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Sat Nov 09, 2013 8:26 am
by NEGE3
mariusr wrote:NEGE3 wrote:Vanmiddag 4-uur bel die Geweerwinkel my met die goeie nuus dat die Mauser afgelaai is. Nou ja ek het nie verder woorde nie. Dit is wat vir my gewag het.
Mauser Kolf.jpg
Hercules lyk my ek is ook in die mark vir 'n kolf.
Sulke fotos is nie toelaatbaar op die forum nie!

Dit breek my hart en dan is dit nogal 'n nege drie!

Ai Marius kan jy jou voorstel hoe voel ek.

Re: Mauser 9.3x62
Posted: Fri Nov 15, 2013 10:56 am
by Marc
NEGE3 wrote:
Ai Marius kan jy jou voorstel hoe voel ek.

Aai Oom, dis nie lekker as n man jou hart op iets sit en dan as dit arriveer is dit geen sins wat belowe was nie. Dis veral hartseer as die item dan geen nut het nie, ongeag die geldelike implikasies
Wat het geword van menslikheid en eerbied
Mooi loop
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Fri Nov 15, 2013 2:11 pm
by NEGE3
Marc wrote:NEGE3 wrote:
Ai Marius kan jy jou voorstel hoe voel ek.

Aai Oom, dis nie lekker as n man jou hart op iets sit en dan as dit arriveer is dit geen sins wat belowe was nie. Dis veral hartseer as die item dan geen nut het nie, ongeag die geldelike implikasies
Wat het geword van menslikheid en eerbied
Mooi loop
Dankie Marc. Waardeer baie. Gelukkig blyk dit dat die verkoper in transito versekering het. Ek het vir sy versekeraar gister 'n kwotasie gestuur en wag op die assessor se besluit.
So daar is darem so bietjie lig in die tonnel. Hoop nie dit is 'n trein nie.

Re: Mauser 9.3x62
Posted: Fri Nov 15, 2013 4:26 pm
by Marc
Dis goeie nuus, steeds hartseer dat die oorspronklike kolf nou gedaan is
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Fri Nov 15, 2013 4:40 pm
by NEGE3
Marc wrote:Dis goeie nuus, steeds hartseer dat die oorspronklike kolf nou gedaan is
Dit is so. Ek gaan die oorspronklike kolf net so copy. Gaan ook maar kruisboute laat installeer om te verhoed dat dit weer gebeur.
Iemand op die Forum het aangebied om die oorspronklike kolf te probeer herstel. Sal hom dan maar wegsit om sentimentele redes.
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Fri Dec 20, 2013 8:19 pm
by NEGE3
Het darem vanmiddag goedkeuring van die versekering gekry om die nuwe kolf te laat maak. So klein Kers geskenkie.

Re: Mauser 9.3x62
Posted: Fri Dec 20, 2013 10:17 pm
by Lourens Potgieter
Dis goeie nuus Oom Koos....
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Fri Dec 20, 2013 10:22 pm
by NEGE3
Deeg wrote:Dis goeie nuus Oom Koos....
Was nogal verlig. Maar hierdie tyd van die jaar rus almal bietjie en spandeer tyd saam met families. So ons sal maar die bul by die horings pak in die nuwe jaar.
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Fri Dec 20, 2013 11:02 pm
by Lourens Potgieter
Geen rede om haastig te wees nie, jagseisoen is verby en die karps loop, hahaha.....
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Sat Dec 21, 2013 9:30 am
by Flip Nel
NEGE3 wrote:Het darem vanmiddag goedkeuring van die versekering gekry om die nuwe kolf te laat maak. So klein Kers geskenkie.

Is baie bly Oom, nou gaan dit 'n lekker roer raak
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Tue Dec 31, 2013 4:21 pm
by NEGE3
Die nuwe kolf. Nog nie ge-olie nie.
IMG00297-20131231-1510.jpg
IMG00298-20131231-1510.jpg
IMG00301-20131231-1514.jpg
Hier moet ek vir Skerpknalvuurwapens baie dankie sê vir 'n job well done. Hulle het eerstens op 'n mondelingse bestelling gereageer en voortgegaan om die kolf te maak. Dan het hulle sonder dat ek daarvoor gevra of betaal het 'n kruisbout gepas.
Baie dankie. Die roer pas soos 'n handskoen en my agterent jeuk nou om op die skietbaan te kom.
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Tue Dec 31, 2013 7:05 pm
by Johan Nel
Sjoe, dit lyk uitstekend oom Koos. Ek kan net dink dat oom baie angstig moet wees om ontvangs te neem van die klaar produk en om die roere deur sy stappe te neem.
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Tue Dec 31, 2013 9:16 pm
by Capt. Yoda
Oom Koos hy lyk baie smart.Ons glo oom gaan hom baie geniet
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Tue Dec 31, 2013 10:08 pm
by Flip Nel
Bly alles het vir Oom toe uitgewerk , 2014 kan nou net beter lyk
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Wed Jan 01, 2014 5:14 pm
by NEGE3
Dankie vriende en 'n mooi jaar vir julle ook. Sal kom wys as hy bloed getrek het. Moet net eers weer bietjie tyd op die baan spandeer met die oop visiere.

Re: Mauser 9.3x62
Posted: Wed Jan 08, 2014 3:44 am
by Pappabeer
Môre oom Koos. Dit lyk of die beste toe wel van die hele situasie gekom met die slegte begin waarmee hy afgeskop het. Is daardie kolf 'n kopie van die vorige een se dimensies? Hy moet darrem sy eerste stukkie biltong die jaar huis toe bring.
ns. Is die 7x57 projek nou al voltooi en mooi aan die skiet?
Groete
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Wed Jan 08, 2014 8:14 am
by NEGE3
Dagsê Dewald,
Die kolf is eintlik beter as die oorspronklike want hy is nou pasmaak. Jy sal sien hulle het ook 'n kruisbout vir my geinstalleer. Ek het ook die voorhout so bietjie meer vleis gegee want die balans baie verbeter aangesien hy 'n langerige loop het wat na voor neig as jy korrel. My probleem is ek het die voorste lid van my sneller vinger jare gelede in 'n werks ongeluk verloor wat beteken dat ek nie sommer met enige geweer kan skiet nie. Hoe sê die spreekwoord: "Size does matter"
Ek moet egter vir Rico van LAWC bedank vir sy hulpvaardigheid en bystand in die hele fiasko. Ek dink ons het altwee maar slapelose nagte gehad.
Die les wat geleer is. Maak seker jy het in transito versekering as jy waardevolle items versend.
Die 7x57 Projek is afgehandel en ek is baie tevrede met die resultate. Met die loop inbreek sessie het ek kaliber groeperings gekry met standaard 170gr ProAmm ammunisie. Wat 'n plesier om die kaliber te skiet. Terugskop is minimaal. Ek het nog 60 patrone wat ek wil uitskiet dan gaan die herlaai oefening begin. Moet nog herlaai matryse ens aankoop.
7x57 Mauser 170gr ProAmm.jpg
7x57 Mauser.jpg
Hopelik my voorlaaste projek is die 7x64 Brenneke. Hy behoort die einde van Februarie afgehandel te wees.
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Wed Jan 08, 2014 8:42 am
by Lourens Potgieter
Dis tyd dat ek en Bishop by Oom Koos kom kuier vir 'n LANG braai.......
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Wed Jan 08, 2014 9:57 am
by NEGE3
Deeg wrote:Dis tyd dat ek en Bishop by Oom Koos kom kuier vir 'n LANG braai.......
Beloftes,beloftes.

Re: Mauser 9.3x62
Posted: Wed Jan 08, 2014 3:23 pm
by JAGTERSREG-JRM
Oom Koos
Het ek dit mis of is dit Frikkie Ferreira se handewerk daai?
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Wed Jan 08, 2014 3:26 pm
by DWB
Nee Kobus,
Die man se naam is Anthony
Re: Mauser 9.3x62
Posted: Wed Jan 08, 2014 6:07 pm
by JAGTERSREG-JRM
DWB wrote:Nee Kobus,
Die man se naam is Anthony
Deon jy is reg, dit was Anthony so bevestig by Frikkie