Page 3 of 3
Re: Blesbok 514 Yards
Posted: Mon Jul 04, 2016 1:55 pm
by Gerhardu
Tinus Britz wrote:338 Umfezi
Ek het nou vir n kliënt van Oom Chris die 338 Umfezi afgehandel. Dit was ’n pasmaak geweer met ’n duimgreep kolf, die kolf het ons van Geoffry se broer gekoop. Ek het ook ’n Krieger loop gebruik met ’n Gwaza aksie.
Ons gebruik 8 x 68 RWS doppe. Ek het Vrydag gaan skiet en het 10.35mm groepering geskiet op 100m met ’n 250gr punt. Die snelheid op die 250 gr Sierra Match King punt was gemeet op 2950 fps. Om die doppies te vorm was maklik en het vinnig gegaan.
Ek is baie tevrede met die resultate. Ons gaan nog verder werk aan die lading. Beslis ’n kaliber wat ek sal aanbeveel.
Ek het sonder die silencer geskiet om alle moontlike onbekendes uitgeskakel. Omdat die geweer so swaar is skop dit regtig min, met die silencer skop dit min, minder as standaard 3006.
Klink soos n lekker kaliber. Iets wat ek nie ken nie! Gooi n foto van die dop en vertel vir ons meer van die kaliber?
Groete
Re: Blesbok 514 Yards
Posted: Mon Jul 04, 2016 3:36 pm
by Stefan764
Lekker heimwee oor die forum soos ons hom n wyle terug geken het...
Re: Blesbok 514 Yards
Posted: Mon Jul 04, 2016 4:09 pm
by JPS
Ek het ook nogals die revival geniet.
Maar wys ook net hoe het LA skiet gegroei die laaste 6-7 jaar van die af wat oom Hein geplaas het.
Re: Blesbok 514 Yards
Posted: Mon Jul 04, 2016 4:36 pm
by PWV
Tinus Britz wrote:338 Umfezi
Ek het nou vir n kliënt van Oom Chris die 338 Umfezi afgehandel. Dit was ’n pasmaak geweer met ’n duimgreep kolf, die kolf het ons van Geoffry se broer gekoop. Ek het ook ’n Krieger loop gebruik met ’n Gwaza aksie.
Ons gebruik 8 x 68 RWS doppe. Ek het Vrydag gaan skiet en het 10.35mm groepering geskiet op 100m met ’n 250gr punt. Die snelheid op die 250 gr Sierra Match King punt was gemeet op 2950 fps. Om die doppies te vorm was maklik en het vinnig gegaan.
Ek is baie tevrede met die resultate. Ons gaan nog verder werk aan die lading. Beslis ’n kaliber wat ek sal aanbeveel.
Ek het sonder die silencer geskiet om alle moontlike onbekendes uitgeskakel. Omdat die geweer so swaar is skop dit regtig min, met die silencer skop dit min, minder as standaard 3006.
http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=34