Page 3 of 3

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Posted: Fri Aug 23, 2013 12:58 pm
by Eugene
FHM, ek hoor wat jy sê! Vir my is die KD great op die oefenbaan en vir uitskiet of voorsit. Ek geniet ook die boom in die jagveld, maar minder so as daar 40 booms per minuut is op die oefenbaan... Gelukkig is daar ordentlike gehoorbeskermers op die mark en ek gebruik dit as ek tussen baie mense is wat skiet.

Dis jammer dat die manne jou vuil uitkyk! Vat een dag 'n MB en skiet tot die baan leeg is! Volgende keer sê jy: "Julle kan kies, gewoon of met die MB!"... ;)

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Posted: Fri Aug 23, 2013 1:14 pm
by Philip_R
Party gewere is maar nie gemaak vir 'n KD nie. Ek sal dit nooit oor my hart kry om my 375 loop te laat sny nie. Dan sal ek ook eerder vroeg oggend gaan skiet voor die manne mens skeef aankyk as 'n skoot klap en nie net soos 'n poep in 'n emmer klink nie.

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Posted: Wed Aug 28, 2013 10:10 pm
by Swys14
paar boere in die suide wat ook slegs jag met KD's toelaat...

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Posted: Thu Aug 29, 2013 8:32 am
by 375fanatic
Eugene jy moet nie eers praat van n MB nie daai goed is rof op die ander manne se ore

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Posted: Thu Aug 29, 2013 11:25 am
by Umshwati Boy
Ek het altyd gese dat KDs is vir die Manne wat snags met spotlights jag waar hulle nie eintlik durf nie. Jy weet, die manne wat QD mounts met 'n nightvision ook het. ;D Maar nou oorweeg ek dit om 'n 308 vir my vrou te kry.

Nou, die KD maak 'n verskil aan Recoil, en ook die Boom, wat vir 'n begin jagter/skieter 'n groot einvloed op flinch he. So die nuwe 308 sal beslis 'n KD moet op he (Maar nie QD Mounts ;) ). My probleem met 'n KD is die lengte van die geweer en ook hoe dit die balans affektier. So ek oorweeg die Aimzonic compact/predator KDs wat nogal klein is (13.5-15cm of 5.4"-6") en nie te swaar (260g-310g). Om die OAL van die geweer so kort as moontlik te hou wil ek die Loop sny na 17.5". Dit gee my met KD 'n loop lengte van nie meer as 23.5" en op 'n Blaser sal dit ook baie handig wees, veral as my vrou die geweer moet dra.

So moet nooit nooit se nie, is iets wat ek geleer het. Want as KD 'n Prerequisite word, dan sal ek seker alles met die 308 moet skiet.

So 'n vraag wat nie op topic is nie, maar, teen 17,5" Loop lengte, sal die KD nog goed werk in terme van 'Boom' maak en ook recoil. En vir die slim manne watse Velocities sal 'n mens kry uit 'n 17.5" Loop en 150gr Koels in die 308?

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Posted: Thu Aug 29, 2013 12:19 pm
by Philip_R
Umshwati Boy, Ek sien jou punt van nooit, nooit sê nie.... maar daar is darem 'n groot verskil tussen 'n 375 waarmee mens nog 'n buffel wil gaan bekruip en 'n 308 waarvoor mens nie moet skrik nie. As ek of iemand nou aan iets dink om 'n KD op 'n loop vastemaak sonder om 'n skroefdraad te sny, dit kan tog nie so moeilik wees nie, of 'n front sight af te haal sal ek hom probeer vir die 375. Maar as ek die dag die scope wil afhaal en oop visier wil skiet, wil ek nie spyt wees ek het die sight af laat haal en 'n skroefdraad laat sny nie.

'n KD op 'n 243 in die karoo kan net lekker werk.

Ek glo darem daar sal altyd boere wees wat ook soos van ons voel oor die klap van die skoot, en die groot wild manne wat oopvisier moet skiet. Ek hoop maar ek is reg hieroor.

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Posted: Fri Sep 06, 2013 5:37 pm
by Piet Pille
Philip_R wrote:Party gewere is maar nie gemaak vir 'n KD nie. Ek sal dit nooit oor my hart kry om my 375 loop te laat sny nie. Dan sal ek ook eerder vroeg oggend gaan skiet voor die manne mens skeef aankyk as 'n skoot klap en nie net soos 'n poep in 'n emmer klink nie.
Ek voel ook soos jy hier Philip. Daardie blaf van 'n .375 is darem maar mooi. Ek het 'n KD op die .270 maar sal nie een op die .375 sit nie..

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Posted: Fri Sep 06, 2013 6:43 pm
by Jakkalsgat
Pieter Vorster wrote:
Philip_R wrote:Party gewere is maar nie gemaak vir 'n KD nie. Ek sal dit nooit oor my hart kry om my 375 loop te laat sny nie. Dan sal ek ook eerder vroeg oggend gaan skiet voor die manne mens skeef aankyk as 'n skoot klap en nie net soos 'n poep in 'n emmer klink nie.
Ek voel ook soos jy hier Philip. Daardie blaf van 'n .375 is darem maar mooi. Ek het 'n KD op die .270 maar sal nie een op die .375 sit nie..
Pieter

Skiet tog maar met silincer om FHM se verleentheid te beperk, anderdag kom hy weer daar by jou om blou pilletjies te koop en kan jy nie meer hoor nie! :-[

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Posted: Fri Sep 06, 2013 6:57 pm
by grumpy
Jaco, dan gee Pieter vir FHM n bulpil in plaas van n balpil!!! ;)

FHM sal maar ook moet gaan vir die sny werk soos Pieter. Ek wag dat hulle mekaar nou weer gaan aanvat wat FHM se parratjie is mos weg en hy is op soek na n ander een!! Nie een wat bloomers dra nie!! LMGA!! ;D

>:(