Page 3 of 4

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Mon Sep 27, 2010 10:37 am
by mossie
Hallo almal
Daar is darem regtig nie n ou in die land wat die tipe diens gee wat Clarence gee nie. Hy is ook altyd bereid om na n dom ou soos ek se vrae en vrese te luister en oplossings te gee.

TERMINATOR BO!!!!!!!!!

MOSSIE

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Mon Sep 27, 2010 11:09 am
by tafjak
Mossie

Dink jy regtig dat Clarence se silencer so goed is? In my lewe het ek al met alle soorte denkbaar geskiet. Van die soort wat oor die loop terug skuif(op o-ring) en wat normaal net voorop skroef. Het self ook al 'n klomp verskillende fabrikate gehad, maar geeneen so gemaklik en akkuraat soos Clarence s'n nie, in elk geval in hierdie land van ons nie.

Het nog altyd probleem gehad met die wat terugskuif oor die loop, voel net(en het al gesien) of die point of inpact verskuif elke keer as ek die geweer skoonmaak. Elke keer moes ek die teleskoop verstel en het so 4skote daarvoor nodig gehad. So, 80(skoonmake per jaar) x 4(skote nodig om teleskoop te check) = 320 skote per jaar. 243 Hou nie van meer as so 2000 skote per kamer(loop) nie en dit het my tot die slotsom van een loop elke 6jaar net om net die scope te check. Min of meer R1000 per jaar!

Ja, ek sal maar by ou Clarence se goete bly solank hy hulle maak.

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Mon Sep 27, 2010 11:35 am
by Skolla
Ek gooi nou sommer die vraag onder die topic vir die manne wat ken en vir die manne wat ondervinding het hiervan.

Wat is die invloed van afdraend skiet?
Met ander woorde, as jy jou geweer instel op grondvlak en nou gaan skiet jy van jou stoel af, of sommer net bult af of dan bult op.
Gesels asb dat ons hoor.

Skolla

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Mon Sep 27, 2010 11:41 am
by Foxhound
Tafie en Mossie

Ek stem ten volle met jul saam,ou terrie is ook altyd bereid om te help met raad ens, dink hy lag ook baie keer lekker vir ons jong latte wat nog onkundig is, maar nou ja

Ek sal hom onersteun en adverteer waar ek gaan

Groete
Dassie

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Mon Sep 27, 2010 1:53 pm
by mossie
tafjak
ek kry elke jaar so klein kwota blesbokke wat ek opsy sit vir jongetjies (12-15 jaar) wat graag n eerste bok wil skiet- l.w. dit is n skiet en nie n jag nie. Kinders is na aan my hart en saam met n pa het ek net al  te veel gesien dat so jongste te veel stres om vir pa te impress, maar baie meer op sy gemak is saam met my. Hier het ek deurgaans gesien dat as hulle eers met my 300 met die Terminator silencer geskiet het daar baie meer selfvertroue is en dan wil hulle net met die "Swartkat" skiet wat nie so skop en raas nie.

Dankie

MOSSIE

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Mon Sep 27, 2010 4:16 pm
by Danie Lombard .243
SKOLLA

Mooi vraag en een wat min bespreek word by skuts.

Wanner jy jou gun waterpas op 'n plat skiet baan instel en nou gaan skiet jy van die bakkie af bv. vanuit jou skietstoel sal daar nie veel indien enige verskil in trajek of skootplasing i.t.v. hoogte wees nie.
MAAR! as jy nou van bo 'n berg af skiet, kom ons se 45 of 60 grade of so iets, die hoek gesien vanuit 'n kant aansig, dan sal jy sommer lekker hoog skiet. Ons skat of tas met 'n range finder die afstand volgens sig lyn afstand en dit is waar die fout inkom.
NOU HOEKOM SKIET JA DAN HOOG OF BO OOR DIE BOK?
Dit het alles te doen met die aanstrekkings krag van die aarde. ONTHOU dat dit altyd konstant bly. Verander nooit. Tensy daar iets erg met die aarde gebeur maar tot dan is dit konstant en altyd dieselfde.
Teken vir jou 'n prentjie, 'n kant aansig van 'n skut wat bo op 'n krans staan. Kom ons maak dit erg woes om dit beter te verstaan. Teken die krans 250 meter hoog. Ja, voorwaar 'n hoe krans. Teken nou 'n teiken, bok, wat onder aan die voet van die krans staan so 50 meter weg van die krans se voet. VRAAG, hoe ver staan die bok van die skut af as die groot vyhand van skiet ingereken word? Die vyhand is aantrekkning krag. Moet die skut die trajek bereken vir 250 meter of vir 50 meter? Dit sal 50 meter wees. Mik asof die bok hier by jou staan, 50 meyter weg, al is die siglyn 250 meter. Die bok staan eintlik 50 meter weg van die skut af want die patroon gaan slegs vir 'n afstand van 50 meter blootgestel word aan die aantrekking krag van die aarde. Die sig lyn vanaf die skut tot by die bok is wel 250 meter, maar dit is slegs die sig lyn. Gesien vanuit 'n gravitasie oogpnt is die bok maar slegs 50 meter weg. Dieselfde is van toepassing waneer opdraend geskiet word.

Hoop dit help jou met jou vraag.

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Mon Sep 27, 2010 9:19 pm
by Christo
Skolla

Waar wat Danie s?. Ek wou nou die Saterdag my eie gat skop toe ek staan en wag vir my beurt op 'n gongbaan en al die gonge in my geestes oog skiet en beplan hoe ver en hoeveel ho? hulle teen die rantjie staan. Toe dit my beurt is is die koors hooog en vergeet ek alles. Nodeloos, ek skiet toe 2 maklikes heeltemal bo-oor mis. Toe ek opstaan het ek geweet ek het voor die tyd geweet maar te gou vergeet en net afstand geskat.

My re?l. 'n koe?l trek opwaarts uit die geweer na die teiken. As jy op mik na 'n bok, bo jou, moet jy onthou die koe?l gaan reeds opwaarts en nou skiet/mik jy ook opwaarts. 2 oppe maak baie meer op. Skiet jy af en die koe?l gaan opwaarts uit die geweer moet jy meer af skiet om hom ook af te kry. Plein boere deurmekaar Afrikaans. ;D ;)

Danie

:o Ek besef nou eers na jou post dat 'n mens eintlik die bok vertikaal gelyk moet plaas aan jou om die afstand reg te skat. Logies, ek moes dit net eers lees om te besef. Jammer ek was so haastig met rangefinder koop. Die volgende model Leopold doen dit sommer vir 'n man. Maar nou ja....

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Mon Sep 27, 2010 9:45 pm
by Jagtersdok
Mossie

Waar in die wereld is jy? Ek kry altyd mense wat my vra waar is 'n goeie plek en watse bok om vir die jongspan aan jag mee bloot te stel.

Hoor graag van jou

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Mon Sep 27, 2010 10:11 pm
by Skolla
Danie.243/Christo

Dankie vir die antwoord. Ek skat dit is wat ek wou hoor.
Ek sal later n foto opsit van wat ek oorgekom het van opdraend skiet nadat ek my geweer afdraend ingestel het.

Skolla

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Mon Sep 27, 2010 10:13 pm
by Boesman
Danie

Mooi verduidelik. Ek dink jy moet dit 'n naam gee, iets soos gravitasie meter of so. Of het die wetenskaplikes al 'n naam uitgedink?

Nog 'n maklike voorbeeld is om 'n lang(erige) ysterstaaf horisontaal vas te hou aan die een kant en dan die hoeveelheid wat dit afbuig na die voorkant te bekyk, en dan die staaf stadig vertikaal te laat sak of op te tel, en om dan te sien dat dit al minder buig totdat dit glad nie meer krom is wanneer dit presies vertikaal is nie. Selfde gebeur met koeels.

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Sep 28, 2010 5:18 pm
by Tomcat
Danie 243

Jy gaan nie altyd hoog skiet nie. As daai bok 200 meter van dieselfde krans staan gaan jy mos nie hoog skiet nie? As jou geweer op 200 meter gezero is kan jy mos maar op die plek vat of is ek nou verkeerd. Met ander woorde jou range finder gaan se 320 meter en as jy gaan uitlig gaan jy bo oor skiet. Of het ek nou die kat aan sy stert beet?

Tomcat

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Sep 28, 2010 10:03 pm
by Danie Lombard .243
Nee ou Tomcat

Jy is dood reg. Mens, die skut moet net altyd seker maak dat die afstand wat die patroon loodreg oor die aantrekkings krag afstand gaan beweeg in berekening hou. Net soos jy se, as die bok 200 meter weg van die krans se voet staan en jy staan 100 meter bo die krans se voet sal die trajek presies soos 'n normale 200 meter skoot wees.
Ag maar wat jong, ek jag nou al 13 jaar laat dit klap en ek het nog nooit 'n bok van so hoog afdraend of opdraend geskiet nie. Wel al so 'n paar jakkies en rooikate hier by my vanuit die rantjies geskiet en ek het sommer daar gemik waar hul dik was en die skoot was raak.
Dit is wel goed om so nou en dan oor die tipe dinge te gesels en die teorie beter te verstaan.

Dit is net daar in die groot hoe berge waar mens die tipe skoot afstand skatting moet inreken voor jy die sneller druk. Ek is lief vir die rooigras vlaktes en die skote is ver maar gelyk. Ek mik hom daar waar ek die pil wil sit en dit werk meeste van die tyd.

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Sep 28, 2010 11:48 pm
by wannaby
Naand manne
Ek is nou weer agter die tyd en lyk my die topic het homself half uitgewoed. Ek is glad nie 'n wiskundige of wetenskaplike nie maar ek wil maar net s? wat fiesies met my geweer gebeur het na die opsit van 'n kd. My eerste kd op my .243 (jaggeweer) was 'n koffiefles wat 'n allemintigge 800gram geweeg het. Alhoewel baie stil en akkuraat was die ding so swaar dat ek moote in my skouers gehad het as ek net 'n draai in die veld sou stap. Ek het toe maar gekyk waar hy sonder en met die kd skiet sodat ek maar my scope kon stel as ek sonder die kd jag maar met die kd jakjag. Op 100m was sy lyn perfek maar sonder die kd het die geweer 2 duim ho?r geskiet. Dus het die (swaar) gewig vooraan die loop wel die poi afgeskuif.(ek sal nou nie s? die loop buig nie ) Die op en af halery het toe sy tol geeies en ek besluit toe om 'n slimtrim kd by oom Abie op George te laat maak (ek dink iets soos 300gram) Ek het nog nie weer terug gekyk nie want hy bly sommer op die geweer maar wat wel waar is is dat met die ligter kd met of sonder die kd daar nie regtig 'n hoogte verskil was nie. EK moes hom wel instel vir die kd aangesien die poi wel verskil maar ek sal weer bietjie gaan kyk hoe groot die verskil werklik is.

Groete Wannaby

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Mon Oct 04, 2010 9:12 pm
by Christo
Ek het die naweek by Moorreesburg gaan skiet en moes die KD afhaal omdat PMP so se, kon nie glo toe my seun die teiken heeltemaal misskiet nie, en dit op 100m, sy ma het toe probeer en net een van haar koeels het die bord gesny aan die bokant. Ek meet dit toe, 'n almintige 10" hoog. Dit was nogal erg. Die skote was met 80gr. PMP en die geweer was ingeskiet met 55gr. NB tips met 3780vt/sek.

Defnitief 'n groot drop in POI

???

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Oct 05, 2010 7:32 am
by Francois Marais
Christo

nou wat sal jy se: Dink jy nie maar die lopie buig so effens met die KD vooraan nie???

Mooi loop
Francois

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Oct 05, 2010 9:18 am
by Danie Lombard .243
'n Loop buig beslis met die opskroef van 'n KD. Toets dit gerus met 'n "dial guage" in 'n draai bank.

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Oct 05, 2010 10:44 am
by Francois Marais
Dankie Danie

Mooi loop
Francois

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Oct 05, 2010 12:03 pm
by JOHANNIC
Baie interesant
My 308 het nooit hoog of laag geskiet as ek die kd afgehaal het nie.

Maar n hele 9duim links ;)
Nou wat sou julle se het my loop dan links gebuig ;D
groete johan

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Oct 05, 2010 12:08 pm
by Raven
Johan,
Dis omdat dit 'n 308 is........  (grappie)  ;D  ;D  ;D

Raven

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Oct 05, 2010 2:29 pm
by Arnold
JOHANNIC wrote: Baie interesant
My 308 het nooit hoog of laag geskiet as ek die kd afgehaal het nie.

Maar n hele 9duim links ;)
Nou wat sou julle se het my loop dan links gebuig ;D
groete johan
Johan, mens skiet nie 'n 308 jag geweer soos 'n ganster so op sy sy nie  ;D

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Oct 05, 2010 5:19 pm
by Danie Lombard .243
Johan, Raven en Arnold. Ek het jul laaste drie plaasings vreeslik geniet. Ons moet tog nooit die humor op die forum verloor nie. Dis is bakgat! Hou hom so!!

Maters,

vanmiddag is ek besig om my .300 WM te tune vir sat se Aliwal skiet. Yollie gaan met my snoeterbek .308 skiet en dus moet ek tevrede wees met die skop en trap geweer. Met die skiet en tune en stel dink ek aan die topic oor die wip en buig en flex van die lope met of sonder die KD's.
Is dit regtig relevant om te top oor wat die loop nou eintlik doen? Die loop doen iets want die roer skiet laag met die opskroef van 'n KD as dit sonder een ge zero is, met verwyseing na die zero punt op 'n bepaalde afstand. Is dit nodig om te top oor wat die loop doen?

Wat wel relevant is- is die akkuraatheid van 'n geweer. Ek kan getuig dat 'n KD 'n geweer veel beter laat groepeer na dit aangeheg is as wat die geval was tevore.

Menere, geniet jul roere, skroef daai KD's op en spaar jou ore. Los die loop laat hy buig en gril en tril, hop en spring. Fokus op die ander fyner kuns van skiet.

En wat KD's betref is daar 'n outjie daar in Bloem met name Clarens en hy weet hoe werk 'n KD en hoe om een te maak.
Gaan klop gerus aan sy deur en vra hom om vir jou 'n KD te pas op jou loop, jy sal nie spyt wees nie.
Na vanmiddag gaan my .300 WM vir dok Terri kuier en hy gaan 'n snorkel op sy snoeter kry. 'n Clarens KD.

Lekker skiet.

Sien jul in Aliwal.

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Oct 05, 2010 6:26 pm
by Christo
Danie .243 wrote: En wat KD's betref is daar 'n outjie daar in Bloem met name Clarens en hy weet hoe werk 'n KD en hoe om een te maak.
Gaan klop gerus aan sy deur en vra hom om vir jou 'n KD te pas op jou loop, jy sal nie spyt wees nie.
Danie, hy KAN. Soms is ek jaloers op ouens so hy en Aapkoekeloerder se werkplekke by die huis. Sou darem lekker gewees het as ek so plek kon h? om my speelgoed te vervraai. ( dalk te verwoes  ;) )

Is juis sy KD wat die loop so verskriklik laat "buig". Seker vir "more extra pleasure". My ore hou in elk geval baie van die ding.

Nog iets wat my sedert die naweek pla. Tussen my, die mies en 2 seuns, het ons seker 12 keer geskiet in die PMP groepering skiet en vir 8-10? van die groeperings was daar altyd 'n "flyer". Een of 2 keer het ek gedink hier skiet ek nou myself in die 1ste plek in, net om te sien hoe een skoot 1?" tot 2" uit is. Ek is seker dat dit nie net die moer is wat daar 2" agter die scope is wat loskom nie. Maar nou ja, ons soek mos redes vir jy weet wat.

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Oct 05, 2010 7:37 pm
by Monrique (SJ)
Christo

Praat jy dan nou van die 'flyer' dit is nie lekker om 2 snyers te skiet en dan kom 1 vark en krap als deurmekaar. Maar ja, dis maar so ne.

Groetnis
SJ

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Tue Oct 05, 2010 8:08 pm
by JOHANNIC
Christo
Toe ons die PMP dag hier op Robertson gehad het was dit opvallend hoe baie daar 2 skote bymekaar was en een so DUIM weg ???
Al wat ek kan dink is dat die "runout" is of dat van hulle stywer gekrimp is as die ander ???
Maar om terug te kom na die KD toe,as hy reg is werk hy soos Honeymoon ;)
Danie geniet julle skiet op Aliwal
Groete johan

Re: Laagskiet met silencer

Posted: Wed Oct 06, 2010 9:24 am
by Johan04
JOHANNIC wrote: Christo
Toe ons die PMP dag hier op Robertson gehad het was dit opvallend hoe baie daar 2 skote bymekaar was en een so DUIM weg ???
Al wat ek kan dink is dat die "runout" is of dat van hulle stywer gekrimp is as die ander ???
Maar om terug te kom na die KD toe,as hy reg is werk hy soos Honeymoon ;)
Danie geniet julle skiet op Aliwal
Groete johan
Ons het op Upington ook 'n pmp dag gehad so 'n maand gelede. Dieselfde probleem met 2 skote bymekaar en een weg. Ons het met JC van pmp gespot en gese hulle laai die patrone met opset so.Die beste groepering was toe 5mm met 'n 308.

Groete

Johan