Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Jagtersdok »

Biltongjagter wrote: Bly daar word saamgestem met my 33.3cm soos ek reeds in my plasing #38 aangedui het. D?t onder die sogenaamde aanname dat die Koedoe koei teen 5km/u beweeg, sommer so van direk na 'n stilstaande posisie  ;)

Kom ons kyk hoe haalbaar hierdie 0 - 5km/u spoed vir die koei is.
The cheetah achieves by far the fastest land speed of any living animal?between 112 and 120 km/h (70 and 75 mph)[3][4] in short bursts covering distances up to 500 m (1,600 ft), and has the ability to accelerate from 0 to over 100 km/h (62 mph) in three seconds.[5]
Dus het di? kat .15sek. nodig om van 0 - 5km/u te versnel.

Verseker gaan daardie Koedoe koei nie dieselfde as die Jagluiperd kan haal nie.

Haal sy helfte van daardie versnelling van die Jagluiperd, halveer die 33.3cm ook - skoot dus steeds binne die 25cm van kant tot kant van die lewensbelangrike organe!!!
Wonder of so Koedoe 25% van Jagluiperd se versnelling sal behaal?

Die korrekte toepassing van die sommetjies-maak-vermo?, is eintlik wat tel in die praktyk.

Frederik, Vlakvark en manne wat soos julle voel wanneer harde, onomstootlike feite oor 'n produk weergee word, gaan stel dieper ondersoek in oor die produk, beproef die produk dalk as jy mans genoeg is, en vind sodoende self uit wat gee jou die swak smaak in die mond.
"It doesn't matter how many dogs bark up the wrong tree, it is still the wrong tree." - Fritz Perls.
Groete,
Koos.
Koos jys heeltemal reg met wat daar in rooi staan die regte toepassing.

Nou as jy bietjie fisiologie by gooi sal jy weet dat die versnelling nie line?r is nie soos jy dit nou uitgewerk het om jou produk te probeer favour al weer nie, maar dat die versnelling van die dier of mens eintlik in logaritmiese kurwe plaasvind en dat 60% van die versnelling reeds in die eerste beweging plaasvind.

Ek gaan nou nie meer s? nie. Mense sien maar die info vir wat dit is.
Oor die 15km\hr dwarswind, sit die koeel met sy specs in balistics calculator met jou twistrate en rigting en afstand na teikin en al die ander variables en dan trek jy dit af as die wind in dieselfde rigting as bok se beweging is of tel dit by as die teenoorgestelde rigting.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Gerard

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Gerard »

Vlakvark,
Nou wonder ek:  Het jy 'n probleem hiermee?  Die afdeling 'Jag', die onderafdeling 'Geweer Jag/Rifle Hunting', die onderwerp 'Jy dink jy jag met 'n groot kaliber', my item van 27 Junie.
Last edited by Gerard on Wed Jun 27, 2012 9:53 am, edited 1 time in total.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Vlakvark »

Gerard

Dis tenminste sens, waarheid, eerlik.  Dit is wat julle doen daar is dit ons maak dit geen dollos gooiery en goolery van Koos se kant af nie

Jou posts van tegniese goed is altyd interesant en op die punt. Probleem kom gewoonlik as jy Koos se gat moet cover
Image
Image
Gerard

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Gerard »

Nou het ek die probleem. 

Wat ek ges? het oor die .50 kan gesien word as 'bemarking' in plaas van suiwer as inligting.  Die inligting wat Koos gegee het oor korter vlugtyd word gesien as bemarking.  Net soos die man wat nie bewus was daarvan dat GSC 'n jagkoe?l maak vir die .50 nie, net so is daar 'n onbwustheid dat korter vlugtyd skootplasing verbeter.  So wat nou?

Bly ek stil oor die feit dat ons 'n jagkoe?l maak vir die .50 en bly Koos stil oor die feit van korter vlugtyd?  Dit is so dat slegte skote gebeur en mens probeer sulke insidente verminder. 

Hoe verminder mens dit?  Deur skootplasing te verbeter. 
Hoe doen mens dit?  Deur afstandskatting te verbeter en deur vlugtyd te verkort.

Lees weer die eerste twee plasings in die reeks.  Dit gaan om skootplasing en daarmee kan GSC help.  As ek dit raakgesien het voor Koos, het ek dit waarskynlik opgehaal.  Dit dra alles by tot ons almal se kennis van wat gebeur het en wat behoort te gebeur. 

Wat hierdie bespreking aanbetref, is daar 'n onderste streep: Beter skootplasing kon hier gehelp het.  Daar is niks wat die skut anders kon gedoen het nie. Die enigste manier om skootplasing in die situasie te verbeter sou korter vlugtyd gewees het.  Of dit in hierdie geval sou gewerk het, weet ons nie maar dit is wat Koos uitgewys het.

Dit help nie om die produk aan te val wanneer ons feitelik reg is nie, dit maak nie saak of jy of ander dink dit is 'n bitter pil nie.  Sluk hom en neem kennis van die feite.  Die verskil tussen feite, bemarking en raad hang af van die manier waarop die ontvanger van die feite, bemarking of raad dit sien.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by FHM »

Manne ek gaan vanaand my TV nie eers aansit nie.
Ek gaan wegneem ete bestel, my skoenne uitskop, my n Cognac gooi, my Cohiba's (Havanna cigars) uithaal en my laptop op die onderwerp aansit en dophou. Dis beter as CSI...
Last edited by FHM on Wed Jun 27, 2012 2:49 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Marc »

FHM wrote: Manne ek gaan vanaand my TV nie eers aansit nie.
Ek gaan wegneem ete bestel, my skoenne uitskop, my n Cognac gooi, my Cohiba's (Havanna cigars) uithaal en my laptop op die onderwerp aansit en dophou. Dis beter as CSI...
;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Tog leer ons almal tussen deur die lyne iets. Darem kan 'n man nog jou eie gesonde verstand ook nader trek  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Vlakvark »

Ek dink ons het dalk ons gesonde verstand meer nodig as wat ons dink. As party GROOT manne bietjie akkies gesels anders skiet ons ook almal deur die takke en blaare
Belangrikste les hier geleer kry vinnige koels vir beter skoot plaasing en moenie jou tyd mors op skietbaan om te oeffen nie
Image
Image
Gerard

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Gerard »

Dit is 'n feit van die lewe.  Sommige manne sal net die les halfpad leer.  Ek sou dink dat mens se gesonde verstand sou s?, gebruik vinnige koe?ls vir beter skootplasing en spandeer tyd op die skietbaan om te oefen.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Vlakvark »

Ek so se gebruik beter koels en oefen op die skiet baan
Image
Image
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Marc »

;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Vlakvark »

Hier is meer as 1 man wat knaldempers maak op die forum meer as 1 wat skietstoele maak,wat hemde en kepse maak en nog Nog nooit het een van hulle die wintgat houding ge had moenie syne koop nie dit is 11/1/11  koop myne ek is die man net ek kan EK IS BETTER AS ALLMAL VAN HULLE net ek daar is nie 'n ander een nie net ek en my side kick voodo man  ons toor hom deur die takke ons sin is vinniger hy sal nie kwes nie
En as iemand met een van jou koels kwes skies as jou koeel te laat daar aankom sal dit net weer die man wees wat swak skiet en as jy hom nie wil in die gesig  vat nie sal dit sy 11/ 1 /11  Sako wees

Hoekom daag jy nie die groot manne uit en bewys. julle met al hulle mannekrag en jaare se ondervinding en toetse wat gedoen is steek so af as julle verby stap nie
Go head to head met die manne nie net jou beul hier blaas nie
Last edited by Vlakvark on Wed Jun 27, 2012 3:45 pm, edited 1 time in total.
Image
Image
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Beretta »

FHM
Moet net nie vergeet om jou cigar se band of te haal nie ;D ;D ;D
Beretta
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Jagtersdok »

Biltongjagter wrote: S?, moet jouself nie te veel straf met die kwes skoot nie! Ek dink dit is eerder die koe?l wat met die geringe verandering in impak punt, nie na wense presteer het nie.

Boonop kon beter koe?l konstruksie van hierdie vinniger koe?l + die geringe wysiging van impak punt, jou bok steeds binne meters laat dood neerval het.
Gerard

Ek het ges? ek gaan nie weer hier praat nie, maar ek gaan net gou vir ou laas paar dinge s?.

Dis hierdie 2 stellings hierbo wat my die hel in maak. En ek sien Koos het die post bietjie gaan edit.
Hy impliseer hier die ander koeel het weens swak konstruksie en laer spoed gefaal soos hy aanvanklik ges? het.
Hoe die moer kan jy dit s? as jy nie die bok gekry het en weet waar die trefpunt was of hoe die ander koeel gereageer het nie en hoe kan jy vir iemand s? deur 'n ander koeel te gebruik het sou jy die bok terug gekry het binne paar tree.
My magtig man dis mos belaglik.

julle praat van harde feite, elke keer word Koos se kamtige berekininge gefouteer, en dan probeer hy met ander draai sy berekininge weer gestand doen. Deur eenvoudige hipotese van konstante snelheid van so laag as 5km/huur het ek gewys dat dat die deviasie van beide koeels beduidend is en jou totaal die vitale area gaan laat mis. Dis maar een veranderlike slegs EEN.
Wat van al die ander wat ek uitgewys het, die jagter se response agv onderbewussyn wat intree om te korregeer, die tyd wat die voortrek of trigger creep, swak afstand skatting, wind al die honderde ander. Nou was dit initieel as volslae feit af gemaak dat die bok binne paar tree sou val. Man dis pure snert, want weereens waar is die bok om te vergelyk wat die impakspunt was en hoe die ander koeel reageer het.

Sou die bok gekry gewees het en die vitals is net net gemis, sou ek gese het ja die vinniger koeel kon moontlik gehelp het. Sou die koeel gefaal het omdat hy groot been getref het sou ek gese het ja hier sal sterker konstruksie koeel gehelp het.

Maar magtig man al die goed word uit die lug gegryp en as volslae feite af gemaak met niks om dit teen te vergelyk nie.

Koos se berekininge is nie toepaslik nie en alles word altyd geswaai na bemarkings veldtog.
Die oorspronklike vraag was sou non bonded koeel miskien beter presteer het, met betrekking dat dit meer skade sou doen, en ek glo almal het dit ook so gelees.

Op die ander post wat jy na vermeld het iemand 'n stelling gemaak dat niemand anders die tipe koeel maak nie, jyt uit gewys dat daar wel ander beskikbaar is, nie met klomp belaglike stories gekom en ges? jou produk is beter of niks nie. Net gese hier is ook vir daardie kaliber. Is dit 'n mate van bemarking ja, is dit aanvaarbaar, absoluut want dit word met etiket gedoen. Wat in die draad gebeur het is onaanvaarbaar want eintlik is niks gegrond op harde feite nie.

Maar hier is paar harde Feite
MOENIE DIE VERDOMDE BOK SKIET AS DIT BEWEEG NIE, WANT JY WEET NIE HOE VINNIG DIE BOK BEWEEG NIE
MOENIE DEUR TAKKE SKIET NIE, WANT JY WEET NIE HOE HARD DIE TAK OP WATSE HOEK DIT SOU TREF NIE
SPANDEER TYD OP DIE SKIETBAAN VERSKILLENDE JAG POSISIES EN OEFEN
GEBRUIK DIE BESTE KOEEL MET DIE BESTE LADING WAARMEE JY SELF GEMAKLIK IS

en Gerard 'n laaste een vir jou, as ek so baie klagtes oor een van my agente gehad het, het ek hom lankal gefire.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Vlakvark »

pietjacobs

Jammer ons het jou topic so op gemors. Ek voel vir jou dit het my ook so 3 maande terug oor gekom. Boer het die bok paar dae later gekry maar ons moes net meer gesoek het want hy het net 90m verder gele Ek weet dit eet maar aan 'n man dis nie lekker nie hoop jy het uitklaaring op jou vraag of laat ons weer terug kan kom na jou vraag en jy andwoord kan kry

Dankie Neels
Image
Image
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Jagtersdok »

Ag weet julle

Ek los sommer die forum, ek kan nie sien hoe die tipe van snert verkondig word en ander manne tot skade kan bring nie.

Nee wat ek sal nie waai nie. Jag en skiet is veels te belangrik en om die dinge vir ons kinders en nagelsagte na te laat.
Last edited by Jagtersdok on Wed Jun 27, 2012 5:43 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Frederik »

Al wat ek kan se is dat ons nie eers oor rugby so baie posts opsit in 'n kort tydjie.
Onthou nog die dae toe dieselfde storie was tussen GSC en Rhino op Accuratereloading.
Altyd diselfde gemors net iewers anders op die net.

Ek mag dalk nie somme doen soos Neels nie ook nie sulke goeie Afrikaans praat en skryf nie maar ek al baie diere gesien vrek met verskillende kalibers verskillende koele van oorals in die wereld met verskillende mense uit 13 nasionaliteite en nog nooit het ek 'n man gehad wat met GSC gejag het nie lokaal of internasionaal. Die naaste wat ek elke keer kom aan GSC is by skoue en die net waar die stront altyd geslinger word.

Miskien moet GSC se bermarking dalk meer positiewe uitkyk he op die wereld en langs die ander manne gaan staan en geniet as mense hulle produkte gebruik ek is seker daar is baie mense wat net GSC koels gebruik maar daar is plek vir almal in die wereld aanvaar dit maar net Koos. 
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Vlakvark »

Neels
Ons het jou telefoon nommer so jy kan maar net sowel bly want pla sal ons jou pla met probleme .

Neels ons kan net dankie se vir jou nooit is jy slimmer as ons as ons jou iets vrae nie altyd bereid om te help en die forum wil ek nou amper se is jy en Ludwig, Wouter Driepoot,Raychell
Jaraca, Taffie
En al die manne wat elke aand hier is Geno Gerhard,DWB, Cobb dis net 'n paar eiena amper vergeet ek vir Grumpie en al die ander manne
Maar julle Ludwig,Raychell,Wouter Driepoot en jy Julle is die Forum moenie dat hierdie ding jou pla nie verseker nie so dat jy voel om die Forum te los nie

Nogmals dankie vir die uure wat julle hier vir ons insit
Dankie Dankie Dankie Dankie en nog mals Dankie

NS skies Blok ek het jou vergeet
Last edited by Vlakvark on Wed Jun 27, 2012 4:37 pm, edited 1 time in total.
Image
Image
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by matewis »

"you can fool some men some of the times but not all men all of the times"  (of so iets...  ;D)

Nouja 'n "newbie" soos ek is maar nog "some men", en daarom luister ek na soveel moontlike manne om dan my eie afleidings te maak. Dit is mos juis waarom ek op julle bakgat forum is want ek weet dat ek maar met 'n geruste hard kan lees want hier is manne wat ken. As hulle almal gaan kan ek maar ook netsowel.

PS. Ek s? nie enige iemand op hierdie draad probeer ander "fool" nie (sal dit ook nie eens weet nie), ek reageer maar net op Dok se laaste post.

Dankie vir 'n great forum!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Cobus(Cobb) »

Piet Jacobs....(sorry oor jou bok chomma)

As ek die posts so lees, gaan dit oor mm's, m/sek, ft/sek van sekere koe?ls, km/h van ander, bok se nanno bewegings, widrigting, windsterkte....alles donners teoreties en onveranderlik noudat die bok jou lankal 'n mielie gerol het....een ding het julle manne nognie oor gepraat nie en dit is die afstand...

Pieta, jy moes 18.298meter nader aan die bok gebekruip het, dan was jou koe?l ook vinniger daar...... ??? ;)

S? maar net

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Biltongjagter

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Biltongjagter »

So ook is plasings #40 en #67 ook gewysig  :police:

Groete,
Koos.

PM my gerus weer  :laugh:
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Jagtersdok »

Ja Koos

Ai dit is eintlik #40 en #66

ek het darem calculus gecumNr 40 het ek die ingelas nadat ek weer jou post gelees het.


en in 66 het ek die ingelas nadat ek talle oproepe en smse gehad het.
Nee wat ek sal nie waai nie. Jag en skiet is veels te belangrik en om die dinge vir ons kinders en nagelsagte na te laat.

Ek weet nie eers hoekom ek jou antwoord nie maar in elk geval have a nice life, skiet bokke deur takke en terwyl hulle hardloop omdat jy jou vinniger koele skiet. al skiet jy hulle in die maag of hoef hulle gaan net daar val
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Wouter Roets »

Dok

Kom ek en jy druk saam die "Ban" knoppie om presies 22:30! Heinrich sal mos nie ons altwee fire nie? ;D Ag hy kan ons maar blaas want dan het ons die skiet publiek een moerse guns gedoen!Hoe laat het jy nou sodat ons net ons tyd reg kry?

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Coenie (Swift) »

Dokkie en Baas Wout...... Ons appeleer hulle beteken te veel en waar gaan ons so lekker vermaak word? priceless
Waar anders gaan dit so mooi verduidelik word dat vye nou nie vir perded.... gesien moet word nie. My afleiding Dokkie mag maar somme maak en hulle werk, waar ek al by was 312m kopskote op oesbokke . Ek sal ook nie na dit alles eers met my skoonpa se geweer die produk gebruik nie  ;-)

Dokkie en al al die ander manne wat vertaan wat hier eintlik aangaan, 'dis 'n geval van ek het die vermoe om aan jou te verduidelik, maar jy het nie die vermoe om te verstaan nie'
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by VdWalt »

Ek dink ons soek die fout op verkeerde plek. ....... Ek dink dit is n. 270 ding, as
jy nou n 300 gebbruik het....... Hie hie  :angel:
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte

Post by Vlakvark »

As Blok hier was het hy beslis vir daai .204 gegaan hy is nog vinniger

EN ------ maak nie vir hom koeels nie
Last edited by Vlakvark on Thu Jun 28, 2012 10:12 am, edited 1 time in total.
Image
Image
Locked